kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheid: Donnalee se gunstelinge

Skoonheid: Donnalee se gunstelinge deur: Suzanne Kotzé. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Velsorg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek dink dit is só belangrik dat jou vel gehidreer bly.”

Donnalee se gunsteling-velsorgreeks is Neostrata: “Dit voel vir my of hierdie produkte dag en nag aktief besig is om my vel te voed en te vernuwe. Vandat ek Neostrata gebruik, voel dit of my vel straal van gesondheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Agter die skerms met Donnalee

Sy gebruik die volgende produkte:

Bedags

Saans

“Voor ’n fotosessie gebruik ek ook die NeoStrata Daily Peel Pads (R887) om al die ou velletjies af te haal en my vel te laat gloei,” sê Donnalee.

Onderlaag

Onderlaag voel dikwels te dik onder my oë. Lekker lag is my gunsteling-ding onder die son, en ek het my pa se lekkerlaglyne om my oë geërf. Onderlaag of poeier gaan lê dikwels in hierdie lyne en dit laat my sommer moeg en afgemat lyk. Daarom verkies ek ’n BB-room of getinte bevogtiger. Ek is mal oor Heliocare 360 Color Gel Oil Free Bronze (R435). Die sonroom het ’n SBF van 50, dit hidreer jou vel en gee jou ook ’n ‘flawless matte finish’. Dis deesdae al wat ek dra!

Donnalee se gunsteling-grimeervoorkoms

“Ek hou daarvan dat my oë natuurlik lyk – met ’n paar lae maskara, en ’n bietjie verbronsingspoeier op my wange vir ’n gesonde glans.”

Ek is versot op ’n lekker rooi lip, jy kan dit speels dra saam met ’n T-hemp, jeans en seilskoene, of saam met enige ander uitrusting om dit op te dress.

Hare

Donnalee se beste wenke vir krulhare

“Ek was ’n 90’s-kind en niemand het ooit vir my vertel jy moenie krulhare borsel nie, want al wat dan gebeur, is dat jou krulle ontplof en al wat oorbly, is ’n groot bos kroeserige spookasem.

My beste raad vir krulhare is om produkte te gebruik wat dit hidreer. Krulhare is geneig om baie droog te wees met die gevolg dat dit maklik kan breek en kroes raak.

Soos wat ek eers later in my lewe geleer het: EMBRACE dit, hoe natuurliker en wilder hoe mooier.

Gebruik ’n produk wat jou krulle hou en nie uitdroog of hard maak nie.

Ek vleg my krulle in die aand in ’n baie los vlegsel of maak ’n los “bolla” onder in my nek, dan bly my krulle lekker gekrul.”

Gunsteling-haarproduk

“Inoar se haarprodukte voed my hare en maak dit van binne af sterk terwyl dit my hare aan die buitekant laat blink. Daar is ’n reeks verskillende produkte en behandelings vir ’n verskeidenheid van haartipes, of vir wat jy voel jou hare nodig het.”

“Een van my gunsteling-Inoar-produkte is Thermoliss Anti-frizz leave in & Styling Aid (R440 vir 240 ml) wat argan-olie bevat. Ek sit dit aan nadat ek my hare gewas het en voordat ek droogblaas en stileer. Dit maak jou hare sterk, blink en beskerm dit teen hitte. Hoewel dit hoofsaaklik gebruik word om jou hare reguit te kan blaas sit ek dit ook in my hare vir my krulle, en om my hare teen enige vorm van hittebeskadiging te beskerm.”

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.