kategorieë: VelsorgSkoonheid

Skoonheidsblapse

Skoonheidsblapse deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Koffiebone by ’n parfuumbekendstelling

As nuwe skoonheidsredakteur vir ’n tydskrif moes ek my heel eerste parfuumbekendstelling bywoon.  Ons moes aan ’n hele paar nuwe fyngeure ruik. So tussen deur die parfuumbotteltjies wat omgestuur word om na te kyk, en reukstrokies om aan te ruik, word daar toe ook ’n bakkie koffiebone omgestuur. Ek vra toe kliphard vir my mede-skoonheidsredakteurs “Wat is ons veronderstel om met die koffiebone te doen?” Aarde sluk my in! Min het ek geweet jy ruik aan koffiebone om jou neus te “neutraliseer” sodat jy weer met ’n vars reuksintuig aan die volgende parfuum kan ruik …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

pixabay

Voete wat vervel

Ek het die fout gemaak om gedurende hoogsomer sulke sokkies gevul met vrugtesure te gebruik. Jy hou dit vir so uur en ’n half aan en dan is die dooie velle veronderstel om af te dop. Maar niks het na die tyd gebeur nie, en ek het aangeneem ek het seker nie baie dooie velle op my voete nie. Toe ek egter so twee dae later by ’n swembad-partyjie is, en afkyk na my voete, sien ek dat die velle in sulke groot stukke (amper soos wanneer jy afdop!) begin afkom.  Ek het die heeltyd my voete onder ’n handdoek of sarong probeer wegsteek. Ek was te bang om te swem, dink net aan voet-velle wat bo-op die water dryf of self die swembad-pomp verstop! Jig. Dit het vir ’n hele paar dae lank aangehou en nodeloos om te sê het ek nie sandale gedra nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Les geleer: Hierdie sakkies werk beslis om die dooie velle af te kry, maar doen dit liefs in die winter wanneer jy toe skoene dra.

Van kop tot tone ingesmeer

Voor ’n glansgeleentheid het ek besluit ek wil vir ’n aansproei-fopverbruiningsbehandeling (spray-tan) gaan. Die salon waar ek toevallig was vir ’n ander behandeling het toe juis ’n spesiale aanbieding op fopverbruiningsaanwending.  Min het ek geweet die maerste, mooiste terapeut gaan nie die kleur aansproei nie, maar aansmeer … met haar hande! Oor elke liewe voutjie en rolletjie wat ek het. Daar staan ek, ontbloot en bitter skaam, terwyl die meisie my van kop tot tone insmeer.  Sy het duidelik aangevoel dat ek ongemaklik was en het my so vinnig probeer klaarsmeer dat my kleur toe so streperig uitgekom het, dat ek dit netsowel self kon aansmeer.

Kaal en skaam

’n Paar jaar gelede het rooi rose ’n kompetisie gehad waar lesers tyd of ervarings saam met die verskillende redakteurs kon wen. Saam met die kosredakteur het die lesers lekker geëet, saam met die skoonheidsredakteur het lesers ontbyt en ’n spa-behandeling geniet. Ek en die rooi rose leser wat gewen het en haar lieflike drie vriendinne het heerlik ontbyt geëet en gesels. Toe dit egter tyd word vir die spa-behandeling, lig die terapeut ons in dat ons al ons klere kan uittrek en dan in die “rasul”-kamer kan sit en onsself kan insmeer met modder.  Die vier vriendinne was glad nie skaam nie, want hulle ken mekaar al dekades, maar ek kon nie glo ek moet my klere uittrek voor “my lesers” nie!  Ek het geweier en die terapeut het vir my so groot weggooibare mans-kortbroek gegee en ’n piepklein handdoekie vir my bolyf.  Ek was lanklaas so skaam en ongemaklik … Gelukkig was die dames almal baie gemaklik en ons het vinnig weer lekker gegiggel hieroor.

pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.