kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheidsgeskenke vir Moedersdag

Deur Corné Greeff. Hooffoto: Julia_Sudnitskaya/iStock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Geskenke tussen R 1510 en R 2550

Luukse produkte vir die spesiale vrou in jou lewe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

  1. ghd gold® haartang (R 2550 beperkte uitgawe). Dit is deel van hulle nuwe Earth Gold-reeks.
  2. Gucci Guilty Absolute Pour Femme EDP (R 1825 vir 90ml) het ’n hout-ondertoon met geure van bergamot en bloubessies.
  3. Marc Jacobs Decadense Rouge Noir EDP (R 1685 vir 100ml beperkte uitgawe) het ’n swaarder geur van Italiaanse pruim, goue saffraan, iris, Bulgraarse rose en jasmyn. ’n Verleidelike koestering van warm geure.
  4. Gucci Bloom Acqua Di Flori EDT (R 1540 vir 75ml) is perfek vir diegene wat van blomgeure hou maar nie noodwendig te soet wil ruik nie. Dit is ’n kombinasie van jasmyn, hout en speserye.
  5. Boss The Scent For Her EDT (R 1595 vir 100ml) is baie ligter en varser as die vorige uitgawe van hierdie parfuum en sal jou soos ’n lentebloeisel laat ruik.
  6. Chloe Nomade EDP (R 1655 vir 150ml, R 1345 vir 50ml en R 910 vir 30ml) is ’n mengsel van sitrus, blomme en bevat ondertone van hout, muskus en mos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Geskenke tussen R 1100 en R 1500

’n Parfuum is baie persoonlik, so dit gaan ’n goeie toets wees om te kyk hoe goed jy jou ma ken. ’n Oulike stel met lyfrome en parfuum is ook iets oulik om te oorweeg. Parfuum bly maar duur, so as jy nie seker is waarvan jou ma sal hou nie moet jy eerder die  kompakte haardroër (nr 10) kry wat sy op haar volgende reis kan gebruik.

  1. Dolce & Gabbana Garden Eau de Parfum (R 1060 vir 30ml) ruik na vars blomme uit ’n roostuin, maar bevat ook geure van die frangipani-blom. Hierdie parfuum word afgerond met ’n subtiele sitrusgeur.
  2. Elie Saab Le Parfum in White Eau de Parfum (R 1410) is ’n fyngeur van blomme, stirusbloeisel en vrugte. Dis lig en sag.
  3. Especially Escada EDP (R 1395 vir 75ml)  bevat botone van pere, muskus en hartsnote van ilang-ilang en rose.
  4. Sisley Izia Parfum EDP (R 1265) is ’n moderne en veelvoudige parfuum met botone van sitrus en rooi bessies met hartsnoet van rose, lenteblomme en jasmyn. Dit word afgerond met ’n subtiele houtgeur.
  5. Calvin Klein Euphoria Amber Gold EDP (R 1225 vir 100ml) is ’n parfuum ryk aan Oosterse geure soos vanielje, sitrusbloeisels, blomme en hout.
  6. MONTBLANC LADY EMBLEM Parfuumstel (R 1200) bevat ’n handeroom, parfuum en ’n kleiner parfuumbotteltjie wat perfek in jou handsak sal pas.
  7. Marc Jacobs Daisy EDT (R 1205 vir 50ml) is die antwoord as jy ’n vars, vroulike fyngeur soek. Dit ruik na blomme en wilde aarbeie.
  8. Boss Ma Vie Pour Femme EDP (R 1415 vir 75ml) herinner jou aan ’n vars oggend met dou op blomme in ’n tuin.
  9. Roberto Cavalli Florence EDP (R 1440 vir 75ml) is uniek en eksoties met geure van sitrusbloeisels, swartbessies, patchouli en muskus.
  10. ghd flight travel hairdryer Saharan Gold (R 1500)
  11. Stella Peony EDT (R 1375) is perfek vir ’n energieke ma: Dit bevat fyngeure van hout en het ’n elegante blommedruk.
  12. JIMMY CHOO ILLICIT FLOWER Parfuumstel (R 1100) bevat ’n 60ml ILLICIT FLOWER EDP-botteltjie, asook ’n 100ml legroom sodat jou ma heeldag na blomme sal ruik.

Geskenke tussen R 510 en R 1000

Jy hoef nie noodwendig net produkte vir jou ma te gee nie: Bederf haar met ’n spa-dag sodat sy lekker kan ontspan, of as sy ’n baie bedrywige skedule het kan jy vir haar ’n masker of kers koop sodat sy by die huis kan ontspan. Dalk is daar ’n luukse grimering wat sy in die oog het? Of miskien kan jy vir haar ’n stel sepies en olies koop sodat sy lekker in die bad kan ontspan.

  1. Amo Ferragamo (R 905 vir 30ml) het fyngeure van Oosterse blomme. Dit is vrolik en glansryk en sal jou ma beslis spesiaal laat voel.
  2. Dior J’adore Body Mist (R 830) omhels die liggaam in ’n delikate en verfrissende wolk van geur wat die vel bevogtig en sag sal jou.
  3. Lush Happy Gift Set (R 625)
  4. L’Occitane Nourishing Shea Butter For Dry Skin Body Care Set (R 990). Wat oulik is hiervan is dat R 50 van elkeen van hierdie stelle wat verkoop word aan  die L’Occitane Cares About Sight-organisasies gaan, wat ondersteuning bied aan minderbevooregte areas in Suid-Afrika met oog-operasies en oogsorg.
  5. Ted Lapidus Orissima (R 855)
  6. Dolce & Gabbana The Blush Powder Rosa Duchessa Provocative 40 (R 800)
  7. Laneige Sleeping Mask (R 650) is vir die ma’s wat min slaap kry. Nou kan jou ma haar vel bevogtig deur hierdie oornag-gesigmasker aan te wend.
  8. RAIN Indulge Wild Cotton stel (R 549)
  9. Life Day Spa Happy Mother’s Day Gift Voucher (R 750). Jou ma kan dan self kies watter behandeling sy wil neem.
  10. Cape Island CLIFTON BEACH GIFT SET 3 (R 650)

Geskenke tussen R 210 en R 500

Jy hoef nie noodwendig duisende rande te spandeer sodat jou ma spesiaal voel nie. Sy is dalk meer minimalisties en hou van iets soos lyfroom, handeroom of ’n produk om die huis lekker te laat ruik.

  1. L’Occitane Néroli & Orchidée Frangrance Set (R 390 maar die waarde hiervan is R 415)
  2. Dolce & Gabbana The Nail Lacquer in Ibiscus 607 (R 440)
  3. Lamelle Soothing Body Cream (R 310 beskikbaar by lamelle.co.za)
  4. The Body Shop Japanese Cherry Blossom Strawberry Kiss EDT (R 285)
  5. NUXE Limited Edition Huile Prodigieuse® Oils (R 470)
  6. Africology African Love Ritual Massage Candle (R 370)
  7. Spalicious Silky Soft Body Therapy (R 385)
  8. RAIN Ocean Collection (R 399)
  9. DQUIP Electronic Facial Cleanser (R 219)

Geskenke tussen R 30 en R 200

Hier is ’n paar winskopies: Iets so eenvoudig soos ’n mooi gesiglappie, badsout, naelpolitoer of ’n handeroom sal beslis jou ma laat glimlag.

  1. Matsimela Litchi & Rose Bath Soak (R 75)
  2. Baylis & Harding and Royale se Royale Bouquet Gift Pack (R 130) sluit in ’n bevogtigende handseep en lyfroom
  3. Desert Rose Illuminating Bath Salts (R 180)
  4. Skin Clay Gesiglappies (R 55)
  5. Mavala Mini Nail Colours (R 87 elk, beskikbaar Clicks, Dis-Chem en Woolworths)
  6. JENAMMother’s Day’ Hand & Nail Cream (R 32)
  7. The Superfruit Collection Papaya & Strawberry Exfoliating Sugar Scrub ( R 85)
  8. Morlage & Yorke Floral Meadows Lavender Gift Set (R 169)
  9. Crabtree & Evelyn Energising Soap (R 180)
  10. Bodycare From Africa Exfoliating Salt Scrub in Marrakech Argan (R 85)
Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.