Beroep:
Hoof van die Isa Carstens-velsorgakademie.
Ouderdom:
Byna 52
Wat is jou skoonheidsgeheim?
Daar is geen geheim nie. Gereelde oefening, gesonde eetgewoontes, water en ’n daaglikse skoonheidsroetine werk. Moenie moed verloor nie, dis die basis van goeie velsorg. Vitamienaanvullings en velbehandelings help ook.
Is ’n mooi vel in jou gene?
Ja, gelukkig het ons familie oor die algemeen nie velprobleme nie.
Watter produkte gebruik jy?
Ek gebruik vir twintig jaar al Gatineau-produkte, maar ek het die afgelope jaar met Nimue begin.
Gaan jy gereeld vir velbehandelings, mikro-dermabrasie of botoks?
Ek probeer gereeld gaan, maar ek moet bieg dat ek verlede jaar laas ’n behandeling gehad het. Ek het nog nie mikro-dermabrasie, botoks of enige vullers gehad nie.
Wat is jou beste velsorgraad?
Volgehoue roetine, aanvullings soos omega 3, ko-ensiem Q10, vitamien C en boosterbehandelings soos serums, afskilferings en produkte met ’n sterker inhoud.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.