kategorieë: Reis

Slaap knus op vakansie

Dis belangrik om goed te slaap terwyl jy reis. Die invloed van onderbreekte slaap word dikwels onderskat. Dit kan jou daaglikse funksionering beïnvloed. Hier is vyf wenke as jy weg van die huis slaap:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Vermy verandering aan jou slaap-skedule

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As ons reis, is ons geneig om ’n vakansie-stemming aan te neem wat laat nagte en vroeë oggende kan insluit. Laatnag-etes en netwerk-geleenthede kan dikwels nie vermy word nie, maar as jy by jou gewone roetine hou, sal jy genoeg rus inkry om ’n produktiewe dag met vakansie-aktiwiteite te kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Doen jou huiswerk

Wanneer jy plek bespreek, vra al die nodige vrae oor dinge wat jou slaappatrone kan beïnvloed. Is die hotel naby besige restaurante of kuierplekke of is dit onder konstruksie? Die geraas kan ’n impak hê op jou slaappatroon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Die regte bed

Jou slaap hang beslis van die bed af. Is dit gemaklik? Kies ’n hotel met goeie gehalte beddens wat jou liggaam ondersteun.

4. Ruimte

Kies ’n kamer met voldoende beweegruimte en ruim vensters met ’n uitsig. As jy beknop en benoud voel, sal jy nie lekker rus nie.

5. Wees versigtig wat jy eet

Jy is in ’n vakansieluim, maar vermy groot maaltye van kamerdiens voor slaaptyd. Eet liefs ’n ligte ete by die hotel se restaurant twee uur voor gaan slaap.

*Besoek The Westin Cape Town vir inligting oor wat hulle aanbied.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.