kategorieë: ReisOntspanning

Slyp jou tande (of oefen harder) vir die Knysna Oesterfees

Versorg deur Mariette Snyman. Foto’s: verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ná 2017 se vernietigende brande in die Knysna-omgewing is die inwoners gefokus op herstel. En hulle verrig wondere! Tuinroete-besoekers kan met ’n geruste hart na die Knysna Oesterfees toe kom; meer as 100 aktiwiteite is tydens die ten dae beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie gewilde sport- en leefstylfees is deesdae ’n instelling op die Suid-Afrikaanse winterkalender. Daar is werklik iets vir elkeen: sportentoesiaste kan deelneem aan die land se voorste fietsry- en hardloopgeleenthede; gesinspret is aan die orde van die dag en avontuurlustige siele kan hulle in die dramatiese natuurskoon en adrenalienaktiwiteite verlustig. Om nie te praat van die genot verbonde aan die wêreldberoemde Knysna-oesters wat jy met ’n glasie vonkelwyn kan afsluk nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos gewoonlik sal daar geen tekort wees aan die beste spys en drank nie – plaaslike restaurante werk hard aan tema-spyskaarte vir die duur van die fees. Daar is ook ’n verskeidenheid konserte, komediante, modeparades en ander geleenthede, plus ’n avontuurryke program om die kleintjies gelukkig te hou. Moenie vergeet van die Momentum Health Kiddies Area nie – spesiaal vir die jonger mensies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie jaar se sportprogram sluit bergfietsgeleenthede op Saterdag 30 Junie in, met 80 km-, 50 km-, 30 km- en 15 km-roetes, asook die meer onlangse toevoeging: ’n 30 km E-bike wedren. Die Momentum Knysna fietstoer vind op Sondag 1 Julie plaas en bied ’n 115 km en 50 km-roete.  ’n Opwindende nuwe verwikkeling is nou bevestig. Die Momentum Knysna fietstoer se 115km padwedren, tesame met die 80 km en 50 km bergfietswedrenne, is nou “seeding qualifying events” vir die 2019 Cape Town Cycle Tour.

Die Momentum Knysna Woudmarathon & Halfmarathon is twee van die land se mededingendste wedlope en vind plaas op Saturdag 7 Julie. Deelnemers kan uitsien na die asemrowende uitsigte oor die Knysna Strandmeer in die rigting van die  Knysna Koppe naby die eindpunt. Dit behoort hulle die nodige inspirasie te gee!

Skryf hier in vir die marathons en klik hier vir fietsinskrywings.

Beplan jou wintervakansie rondom die fees, en geniet sommer ook die wonders van die Tuinroete: Uitstappies in die inheemse Knysna bos en die onvergeetlike gesig van die Knysna Koppe. Knysna Toerisme se #Knysnarises veldtog het help verseker dat hierdie baie besonderse dorp vir jou regstaan! Kom ondersteun die Knysna-gemeenskap en ervaar tien dae vol pret en avontuur.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.