kategorieë: OuerskapJou lewe

Só maak jy jou huis veilig vir babas en peuters

Versorg deur Mariette Snyman. Foto: Jimmy Conover vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Bewegende babas en peuters is die beste omgewingsinspekteurs in die wêreld,” sê die Johannesburgse neuro-ontwikkelingskenner, dr. Melodie de Jager, met ’n vonkel in die oog. “Hulle vind gevare waarvan jy nie eens geweet het nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Speel-speel slim, Melodie se briljante ontwikkelingsgids vir kinders van geboorte tot 3 jaar (Mind Moves Institute Publishing) gee sy die volgende wenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Trappe

Trappe roep uit: “Kom speel met my!” Leer jou baba en kleuter om veilig, onder toesig, by trappe op en af te klim. Dit is uitstekende groot motoriese oefening. Wanneer jy nie jou baba kan dophou  as hy by die trappe speel nie, sit veiligheidshekke met nou sparre aan die bo- en onderkant van die trappe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Baddens en toilette

Babas en peuter is mal oor water, dalk omdat hulle nege maande lank in water was. Moet nooit ’n baba alleen in die bad los nie, al is die water vlak. Ongelukke gebeur in ’n oogwink. Beveilig die krane én die toilet.

Beddens

Beddens is sag en vloere is hard. Moet nooit jou baba sonder toesig op ’n bed los nie – vanaf die oomblik wat sy begin rol, is ’n bed nie ’n veilige speelplek nie.

Trappe roep uit: “Kom speel met my!”

Elektrisiteit

Beveilig elektriese bedrading, en bedek kragproppe met veiligheidsproppe.

Stowe

As jou peuter eers kan loop, gebruik liewer sover moontlik die agterste plate van die stoof, en maak seker die handvatsels van potte is na die muur gedraai. Plaas messe en skerp kombuisgereedskap aan die agterkant van die oppervlak waar nuuskierige handjies dit nie kan bykom nie.

Gifstowwe

Gifstowwe en skoonmaakmiddels het die manier om ’n plek onder die opwasbak te vind. Sluit die kasdeur met ’n slot, en hou dit gesluit. Onthou: jou peuter wil raak waaraan jý raak. Sluit ook vuuraanstekers, alkohol en sigarette weg.

Kaggels/verwarmers

Beveilig kaggels en belê in verwarmers waarvan die oppervlak koel bly.

Gifstowwe en skoonmaakmiddels het die manier om ’n plek onder die opwasbak te vind

Kaste en deure

Nes in die geval van water en trappe, roep die kasdeure: “Kom speel met my!” Sit veiligheidsknippe aan kasdeure om te keer dat kleine vingertjies daarin vasgeknyp word. Hou een lae kas vir jou baba of peuter oop waar sy die rakke kan uitpak, die items sien val en dit dan weer terugpak. Moet niks waardevols daar stoor nie, maar sluit tog items in wat lewensgetrou is sodat sy die ervarings het wat jy het en sodat sy kan vat aan dit waaraan jy vat. Dit doen wondere vir haar emosionele en sosiale ontwikkeling. Speelgoedkastrolle en lepels het nou maar eenmaal nie dieselfde genotswaarde as regte kastrolle en lepels nie.

Tafeldoeke

Pak jou lang tafeldoeke weg wanneer jou baba begin kruip. Dit is pret om met ’n tafeldoek koekeloer te speel, maar die gesin se kristalbak of ’n warm koppie koffie kan in die proses op jou peuter of kleuter afkom.

Meubels en boekrakke

Maak seker jou boekrakke en meubels is stewig en dat dit nie op klouterende peuters sal omval nie.

Lees nog: Die kwaai kalante: Raad vir ouers met aggressiewe kinders

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.