kategorieë: Bekendes

Kyra Sedswick: Sonder fieterjasies

Die fyn vrou uit New York het haar loopbaan as sestienjarige in die sepie Another World begin. Van die begin af was dit duidelik dat sy ambisieus is en ’n gesonde uitkyk op die lewe het. Maar haar lewe was nie altyd so maklik nie. Haar ouers, Patricia en Henry, is uitmekaar uit toe Kyra vier was en is geskei toe sy ses was. Haar ma is later met die kunshandelaar Ben Heller getroud. Die egskeiding het die jong Kyra baie onseker laat voel: “As kind het ek gevoel of ek nie beheer oor my lewe het nie.” Ons ontmoet mekaar in die hysbak van The Four Seasons-hotel in Beverley Hills. Sy gee my dadelik ’n drukkie en ’n kompliment – ondanks my grimeerlose gesig en saamgeflanste jeans-en-T-hemp-uitrusting. Ek is skielik gevra om twee uur vroeër vir ons onderhoud op te daag, iets wat amper nog nooit met my gebeur het nie. Waar het jy nou al gehoor van ’n ster wat ’n joernalis nié laat wag nie?
Kyra is doeltreffend, bevoeg, sonder fieterjasies. Dis hierdie eienskappe en haar wye glimlag en mooi lyfie wat Brenda Johnson, haar karakter in The Closer, so gewild gemaak het. In haar jongste fliek, The Possession, word haar dogter obsessief oor ’n antieke boks. Maar ’n bose krag kry houvas op haar en die vervreemde gesin moet saamstaan om die kind te red.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoekom die rol in The Possession?
Ek het van die storie gehou en het nog nooit so iets gedoen nie. Ek is mal oor Jeff (die aantreklike Jeffry Dean Morgan wat haar vervreemde man speel) en Natasha Calis wat my dogter speel. Dis ’n goeie gruwelfliek wat jou ’n paar keer van skrik sal laat spring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy as ’n kind ’n geheime boks gehad?
Ek het ’n ou sigaarboks met geheime kompartemente gehad waarin ek geld, vuurhoutjies, klappers en lokke hare gebêre het. Ek het die hare gehou sodat ek voedoe op die mense kon doen (lag).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy dit regtig gedoen?
(Lag) Ek het geglo ek kon my vyande so terugkry, want ek het as kind so magteloos gevoel. Ek het nie poppies gemaak nie, net gedroom oor die verskriklike goed wat ek hulle sou aandoen.

Ons sê soms mense is besete as hulle nie “normaal” optree nie. Tree jy soms vreemd op?
Gereeld. Ek dink almal voel soms emosioneel oorweldig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat ontstel jou?
Ek bekommer my oor alles. Die omgewing, die toekoms, my kinders. Slegte goed gebeur heeltyd. Ek probeer baie hard om nie ’n kompulsiewe kommerkous te wees nie. Die manlike hoofkarakter stel sy loopbaan eerste.

Hoe ambisieus is jy en was dit moeilik om The Closer te groet?

Ek is ambisieus. Ek dink ek het lank gesukkel om dit aan myself te erken. Ek het geglo jy kan nie ’n goeie ma wees en ambisie hê nie. Ek het baie keuses gemaak wat my prioriteite weerspieël. Ek is eerstens ’n ma. Vanweë my rol in The Closer was ek dikwels nie by die huis nie, maar dit het nie beteken dat ek nie my kinders eerste stel nie. Noudat hulle ouer is, is ek meer soos ek was voor hulle gebore is. Ek wil rolprent na rolprent maak en saam met goeie regisseurs en akteurs werk. Ek het opgehou met The Closer om meer flieks te kan maak – en ek glo die rolle sal na my kant toe kom.

Namate ons vroue ouer word, herontdek ons onsself. Wat het jy onlangs ontdek?

Ek is nog besig met hierdie proses. Toe my kinders jonger was, was hulle al waaraan ek gedink het. Nou moet ek hulle ’n bietjie ruimte gee en meer aan myself begin dink. Ek begin elke dag deur te besluit wat ek vandag wil bereik. Wat gaan my gelukkig maak?

Wat maak jou gelukkig?
Ek weet nie altyd nie – totdat ek dit nie gedoen het nie. Soms doen ’n mens iets kleins wat na iets anders lei, en so leer jy waarvan jy hou of nie hou nie. Dit kan ’n rukkie neem om by hierdie bewustheid uit te kom.

Hoe hanteer jy stres?

Ek probeer om elke dag te mediteer, al is dit net vir vyf minute. Ek probeer om my gedagtes stil te maak. Ek is ’n tipiese New York-meisie – altyd aan die hardloop. Oefeninge help ook. Ek het altyd gespin, maar deesdae stap en hardloop ek. Ek hou ook van pilates plus, wat ’n tikkie moeiliker as gewone pilates is.

Jou dogter het in The Closer verskyn. Gaan sy in jou voetspore volg?

Dit lyk so. Ek is baie opgewonde daaroor. My seun is ’n musikant en speel in ’n paar bands.

Hoe belangrik is dit vir jou om in beheer te wees?
Dis vir my belangrik, dalk omdat ek as kind so magteloos gevoel het. Ek voel beter as ek glo ek kan ’n situasie beheer – al is dit dalk nie die geval nie. Ek weet dis ’n illusie. Toe ek met The Closer klaargemaak het, het ek selfhelpklasse saam met ’n klomp twintigjariges geneem.

Dit was dapper …

(lag) Ja, dit was. Dit het daaroor gegaan om beheer oor te gee. Dit het gevoel asof ek van ’n gebou afspring. Ek het altyd ’n plan, selfs as ek toneelspeel. So nou moet ek leer om nie ’n plan te hê nie en oukei daarmee te wees. Ek sal graag so wil leef.

Jy lyk so goed. Hoe kry jy dit reg?
Ek probeer om baie te slaap. Ek probeer ook om gelukkig te wees waar ek my ook al bevind. Ek het pas 47 geword en ek is dankbaar daarvoor, ek het soveel wysheid en ondervinding opgedoen. Ek wil myself beter leer ken. Daar is niks so mooi soos wanneer iemand regtig gelukkig is met hom/haarself nie.

Jou kinders is nou 20 en 23. Ly jy aan die leënes-sindroom?
Toe ons seun met hoërskool klaarmaak, het ek vir Kevin gesê: “Ons het vergeet om nog kinders te hê” – en in trane uitgebars. Toe ons die tweede een universiteit toe stuur, het ek gesê “nou vlieg hulle weg”. Ek is mal daaroor om ’n ma te wees en ek sal hulle vreeslik mis, maar as jy jou werk reg gedoen het, moet hulle jou verlaat. Dis hoe dit werk. In die lig van die wêreld se bevolkingsaanwas, het ek die regte ding gedoen om net twee te hê (lag). Nou kan ek ook gaan werk sonder om skuldig te voel dat ek my kinders by die huis los.

Hou jy van mooi aantrek? Waarvan hou jou man?

Kevin sê altyd ek lyk goed in alles. Daar is baie druk om goed te lyk, maar ek is ’n aktrise en nie ’n model nie. Ek hou van mooi klere en leen wat ek nie kan bekostig nie, of waarop ek nie geld wil uitgee nie. Ek hou daarvan om vir spesiale geleenthede mooi aan te trek, maar my lewe draai nie daarom nie. Ek het ’n mening, maar ek laat die groot besluite aan die kenners oor en maak net die finale keuse. Ek hou van iets wat gemaklik sit en sal gelukkig wees solank ek nie op die worst dressed list verskyn nie. Gewoonlik dra ek ’n bloes en jeans.

Gee Kevin jou baie komplimente?
Ja, hy sê dikwels ek word al mooier, maar ek weet dit kan nie waar wees nie (lag). Ek word dalk mooier aan die binnekant, maar ek raak definitief ouer en dinge begin anders lyk.

Hoe werk dit met twee akteurs in die huis?

Voor een van ons met ’n nuwe projek begin, sal die ander een die draaiboek lees en ’n mening gee. Kevin het jare laas ’n oudisie gedoen, maar ek doen nog gereeld oudisies en vra altyd sy mening. Dis wonderlik om daardie terugvoer te kry. Hy is ’n baie goeie regisseur. As hy besig is met iets, sal hy my altyd vra wat ek dink. Ons is eerlik met mekaar sonder om mekaar seer te maak. Hy raak beter namate hy ouer word, en ek hoop ek kan dieselfde sê.

Wat doen jy graag as jy nie werk nie?
Ek hou daarvan om tyd saam met my vriende en familie deur te bring. Ek sou graag een van daardie vroue wou wees wat elke middag saam met haar vriendinne kon gaan eet. My skuldige plesiertjie is aanlyn-inkopies. Ek koop nie altyd nie, maar ek is altyd aan die kyk. Ek lees ook graag, al kry ek nie altyd tyd daarvoor wanneer ek werk nie. Ek is mal oor reis. En slaap. Ek hou van my middagslapie.

Word jy ooit kwaad?

Gereeld. Ek is al as Cruella de Vil beskryf. Veral by die werk. As jy goed voorbereid is, is ek die vriendelikheid self. Maar as jy nie jou woorde ken nie? Ek sal jou bas lewendig aftrek en ’n jas daarvan maak (lag). Dit klink vreeslik, maar dis waar. Ek dink akteurs is so gelukkig om hierdie soort werk te kan doen, dat dit die minste is om te verwag dat jy jou woorde ken. As kind het ek baie gou kwaad geword, maar ek het geleer om vyf keer vinnig asem te haal voor ek iets kwytraak.

Stem jy en Kevin saam oor hoe julle jul kinders grootmaak?

Ons stem gewoonlik saam. Hy sal ook soms aan iets dink wat ek nie raakgesien het nie. Hy kom nie uit ’n gebroke gesin soos ek nie. Ons het baie respek vir mekaar as ouers. Soms het hy baie sterk oortuigings oor iets, en dan sal ek hom sy gang laat gaan.

Wat is julle geheim vir ’n lang en gelukkige huwelik in Hollywood?

Die geheim is om nie verhoudingsadvies van akteurs te volg nie (lag). Ek het nie ’n idee nie. Ek dink ons is net gelukkig.

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.