kategorieë: Ons menseBekendes

Sosiale media-influencers onder 25: Edwin van Wyk

Sosiale media-influencers onder 25: Edwin van Wyk – Deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In ons reeks Sosiale Media-Influencers onder 25 gaan ons met ’n paar van Suid-Afrika se gewildste, invloedrykste en snaakse influencers onder 25 onderhoude voer. In ons sesde artikel in dié reeks gesels ons met die 18-jarige hekkie-atleet, Edwin van Wyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Edwin van Wyk is gebore en woon sy lewe lank nog altyd in Pretoria. Hy was in Laerskool Garsfontein op skool en is dié jaar ’n matrikulant aan die Hoërskool Garsfontein, waar sy jonger sussie, Ané van Wyk (graad 9) ook op skool is.

Edwin is op sy gelukkigste op die atletiekbaan waar hy sy passie vir atletiek en spoed kan uitleef. Sy groot liefdes sluit in hardloop, sushi en sy familie en vriende se geluk!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soek ’n mens ooit vir Edwin, kry jy hom op die atletiekbaan of in die gimnasium, want sy gunstelingtydsverdryf is oefen!

“Solank ek myself op een of die ander manier kan verbeter is ek gelukkig.”

Hoe ervaar jy matriek sover? Vertel vir ons van jou “Mnr Garsie 2019”-titel … Hoe was dié groot aand en wat het jy die heel meeste daarvan geniet?

Matriek is tot dusver baie lekker, maar ook vreeslik besig. Daar word baie druk op ’n matriekleerling geplaas omdat daar baie aktiwiteite is wat plaasvind regdeur die jaar en dan moet jy boonop steeds op akademie fokus.

Mnr en Mej. Garsie is ’n glansgeleentheid wat jaarliks deur die Hoërskool Garsfontein aangebied word by die Atterbury Teater in Pretoria. Dis ’n geleentheid waar die gekose seniors (graad 11’s en matrieks) die kans kry om mee te ding vir die titel van Mnr of Mej Garsie, en ek het vanjaar die wonderlike voorreg gehad om as Mnr Garsie gekroon te word. Die aand self was onbeskryflik – dit was baie professioneel, met ’n lekker atmosfeer wat deur die toeskouers geskep word. Die geleentheid om voor al my vriende, familie en mede-skoliere op te tree, te dans en te gesels was beslis vir my die lekkerste deel van die aand.

Het jy al planne vir jou matriekafskeid?

Beslis! Ek en my metgesel (Xanthé Coertzen) is nog besig om die kleurskema te bespreek, maar weet reeds dat ons matriekafskeid een vir die boeke gaan wees. Wie hou tog nou nie daarvan om fancy aan te trek en in mooi, moderne karre verwelkom te word nie.

So, is daar ’n spesiale iemand in jou lewe?

Daar is ongelukkig nog nie iemand spesiaals in my lewe nie, maar as ek die perfekte meisie moes beskryf sal dit iemand wees wat net so aktief en sportief is soos ek. Sy moet kan verstaan hoe dit voel om moeg te wees na ’n harde oefensessie. Verder moet sy ’n positiewe ingesteldheid en ’n pragtige glimlag hê. Vertroue is ook vir my baie belangrik – ek moet kan weet dat sy my vertrou deur die goeie en slegte tye, en ek ook vir haar.

Op watter ouderdom het jy jou passie vir atletiek ontdek? En wat is die grootste prestasie/ hoogtepunt van jou atletiekloopbaan tot dusver?

Ek het op 12-jarige ouderdom my passie vir atletiek ontdek toe ek begin presteer het op die atletiekbaan as ’n jong seuntjie.

Tot dusver is my grootste prestasie om in 2018 een van die top 40 vinnigste 110m hekkie-atlete (in die seuns o/17-groep) in die wêreld te wees. Dit het aan my bewys dat ek moontlik ’n loopbaan uit atletiek kan maak en dat harde werk altyd die moeite werd is!

Hoe vind jy balans tussen skool, sport, sosiale media en ’n sosiale lewe? Hoe maak jy tyd vir alles?

Ek moet eerlik wees, dit is werklik soms nogal moeilik om by alles uit te kom. Maar ek beplan my dae baie goed, en as ek besig is met een van die bogenoemde vier dan fokus ek slégs op daardie spesifieke een. Skoolwerk en sport kry beslis voorkeur, maar ek probeer regtig om soveel tyd moontlik ook aan die sosiale aspekte van my lewe te bestee. Ek voel dat balans belangrik is in enige persoon se lewe.

Wat wil jy graag na skool gaan doen?

Ek is self nog nie heeltemal seker wat ek na skool wil gaan doen nie, maar ek hou al my opsies oop. As ek gaan studeer sal ek graag in ’n sakerigting wil gaan studeer soos bemarking of sakebestuur omdat ek baie van besigheid hou. Andersins kyk ek ook daarna om dalk in Amerika te gaan studeer en daar aan my atletiekloopbaan te bou omdat ek voel dat daar meer geleenthede is vir jong, opkomende atlete.

Beskryf jouself in drie woorde

Selfversekerd.
Gemotiveerd.
Vriendelik.

Wie inspireer jou, en hoekom?

Ek sou nie sê dat daar slegs een spesifieke persoon is wat my inspireer nie, maar eerder ’n klomp individue rondom my met wie ek myself assosieer – mense wat dieselfde missie as ek het. My afrigter, oefenmaats, vriende en familie inspireer my elkeen op ’n ander wyse. Ek is regtig bevoorreg om soveel positiewe mense in my lewe te hê, want ek weet hulle sal altyd daar wees vir my, nes ek ook altyd daar is vir hulle.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

In my vrye tyd vang ek meestal op op my slaap, want met my skedule kry ek nie veel daarvan  nie. Ek geniet dit ook om saam met vriende/vriendinne tyd deur te bring en dalk iets iewers te gaan eet, soos sushi (my allergunstelingkos!). Kwaliteittyd is vir my baie belangrik so ek probeer regtig om tyd te maak vir die mense vir wie ek omgee.

Hoe voel dit om op 18 as ’n sosiale media-influencer bekend te staan? En watter boodskap wil jy graag aan jou volgelinge oordra?

Dit is vir my ’n onbeskryflike groot eer! Ek voel dat dit vir my die geleentheid gee om reeds op ’n jong ouderdom die mense rondom my aan te raak, en die kans om ’n boodskap uit te dra aan die gemeenskap daarbuite wat hopelik iemand positief kan beïnvloed – ek wil ander se lewens verryk met wyse woorde en goeie raad.

My boodskap aan my volgelinge sal wees om jou drome na te jaag met alles wat jy het. Moenie terughou en verskonings soek nie. Glo in jouself, en doen wat jý wil doen. Moenie dat ander mense se opinies jou lewe beïnvloed nie. Wees selfversekerd en wees altyd dankbaar vir wat jy het, want daar is altyd iemand wat minder as jy het.

“Be Blessed!” – eddievwyk

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.