kategorieë: BlogsOntspanning

Windswael: Kaptein se kruis – ’n Paasblog

Windswael: Kaptein se kruis – ’n Paasblog deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kaptein het nie meer ’n kruis op sy skof nie. Alle Abissiniese- en Ethiopiese donkies het ’n kenmerkende kruis op die skof. Hulle staan ook as Jerusalem-donkies bekend. Maar Kaptein se grysheid het syne laat wegkwyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In mens-jare word hy ver oor die dertig jaar geskat. Hy was ’n jong donkie toe Gideon Joubert hom gekoop het. Deur die jare het al vier Gideon se kinders op Kaptein leer donkie ry op Rustfontein in die distrik Matatiele aan die suidelikste voet van die Drakensberge.

Op ’n plaas raak ’n boer ontslae van ou, siek en probleem-diere. In ’n kamp naby Kaptein staan twee jong stoet-bulle, gereed vir die veiling. Hulle spring draad, sê Gideon, en is daarom probleemdiere. Hy het nie tyd om met draadspringers te sukkel nie. Daarom word hulle verkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Saam met Kaptein in die kamp rondom een van die plaasdamme teen die geil groen heuwels is daar hoofsaaklik net merries. Gideon het al die jong donkiehingste verkoop toe dit begin lyk of hulle die gevegte met Kaptein wen. Kaptein was deur die jare ’n vurige vegter, en sy pels vol letsels getuig daarvan. Hy het ook nie meer ’n stert nie. Dis lankal afgebyt in ’n onderonsie. Hy was vir jare baas onder die trop donkies, maar toe begin die jong hingste die oorhand kry. In die gebruik op plase moet die oue eintlik plek maak vir die jonge, maar Gideon het besluit Kaptein kan lewensreg kry. Die jong hingste is toe verkoop.

Die verhouding tussen Kaptein en Gideon is dié van respek. Kaptein het nog altyd sy taak as skaap- en beesoppasser goed gedoen. Hy was ’n goeie, hardwerkende donkie. Gideon het respek daarvoor en daarom mag Kaptein bly tot hy eendag dood neerslaan daar langs die plaasdam.

Kaptein herinner aan die respek wat donkies van die Bybelse tyd afdwing. Nou, met Paasfees voor die deur, word ons aan een van die mooiste donkie-legendes herinner.

Dis die storie van Jesus en die donkie.

In Markus het Jesus sy dissipels gestuur om ’n donkie te gaan uitsoek waarop hy kan ry.

Volgens die legende wou Jesus ’n donkie hê vir wie niemand meer nut het nie.

Die plaasboer wie se donkie dit was, het nie meer geglo hy kan sy werk behoorlik doen nie. Hy wou die donkie van kant maak, maar sy kinders het hom gesmeek om eerder die donkie te verkoop. Die boer het geglo die ou donkie is niks werd nie en wou hom liefs doodmaak. Sy kinders was hartseer en het hul pa gesmeek om die donkie te neem en met ’n tou aan ’n boom vas te bind sodat iemand hom gratis kan neem. Dis waar Jesus se dissipels hom gevind het.

Jesus was op pad na Jerusalem en het sy dissipels gevra om die donkie te gaan haal. Die boer het die dissipels gewaarsku dat die donkie nutteloos is en te klein sal wees om Jesus se gewig te dra. Maar die dissipels het gesê Jesus het aangedring dat hy dié spesifieke donkie wil hê.

Die boer was bang Jesus is teleurgesteld in die ou donkie. Maar die oomblik toe Jesus die donkie aangeraak het, het die donkie geweet hy sou enigiets vir Jesus doen. Die donkie het Jesus op Palm Sondag in Jerusalem ingedra met trots. Hy was daarna baie lojaal aan Jesus. Toe die donkie hoor van Jesus se kruisiging, wou hy Jesus gaan help om die kruis te dra, maar die mense het hom weggejaag. Die donkie het na Golgota gegaan om Jesus aan die kruis te gaan steun. Die skaduwee van Jesus se kruis het oor die skof van die donkie geval en van daardie dag af het die donkie ’n kruis op sy skof gehad. Dit was ’n teken van respek en lojaliteit.

Kaptein voer ’n stil, vreedsame lewe saam met die merries langs die dam.

Elke dag, as Gideon verby hom ry, kyk hy op na die boer wat hom lewensreg gegee het. Daar is ’n band tussen die donkie en boer. Die band wat deur die verbleikte kruis op Kaptein se skof verteenwoordig word. As mens mooi kyk tussen die ou letsels op Kaptein se wit pels, sien jy dit nog deurskemer.

Maar jy sien dit die helderste in sy oë. Respek en lojaliteit straal uit Rustfontein se oudste donkie.

Lees nog blogs uit die pen van Martie Swanepoel:

Windswael: “’n tiet om te kom en ’n tiet om te gaan”

Windswael: Alleenvlug

Windswael: Eenvoud van geloof

Windswael: Paaie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.