kategorieë: LeesOntspanning

Vlam: Hoofstuk 11: Die “make over”

Vlam: Hoofstuk 11: Die “make over” deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie is hoofstuk 11 van ons vervolgverhaal, Vlam. Klik hier om die vorige hoofstukke te lees:

Inleiding

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6

Hoofstuk 7

Hoofstuk 8

Hoofstuk 9

Hoofstuk 10

Vlam: Hoofstuk 11: Die “make over”

Die Clivia-raadsaal is in ’n warboel van opwinding gehul. Die beste grimeerkunstenaar en haarstileerder in Kaapstad is daar, en selfs die legendariese stileerder van godinne, Hans Swanevelder, is uit sy pensioen-huisie by Onrus nadergeroep.

Mens sou sweer hulle gaan ’n voorblad skiet!

Suid-Afrika se top ontwerper se klere hang in rye op rails en celeb-fotograaf Gerbrand Verster stel sy ligte en kameras op.

Niekie is verlig om die bebaarde Stefaans Crause by die klere-rails doenig te sien. Sy het ’n vriendelike gesig in al die chaos nodig. Die ou liefie-beer van ’n man kom gee haar dadelik ’n broodnodige drukkie.

“Jy gaan oukei, wees Bokkie, ek is hier. Ek sal die wywe beheer en van jou lyf af hou. En, soos jy sien, is daar lekker snacks! Dis nou een ding van ’n Clivia-shoot. Daar is altyd lekker eetgoed. Ek dink hulle floreer op tjoklitkoek en lipstiek op hierdie vloer.”

Claudia draf soos ’n generaal rond en haar span spring almal in gelid. Die gemoedelikheid van die vorige aand langs die pizza-tafel is verby. Claudia is vandag op ’n missie.

“Ek hoor by haar skoothondjie die direksie hou haar joppie met ’n arendsoog dop. Daar is ’n ander dolla met haar oog op Clivia se redakteurskap,” fluister haar bebaarde bondgenoot sydelings na haar. Niekie se oë soek na Suzanne. Ja, daar is sy op haar pos. Sy lyk so important as moontlik.

“Mm, ek weet wie, Stefaans. Kom ek gaan stir ’n bietjie.”

Sy stap oor na Mej. Ambisie se koers.

“More, Suzanne. Lekker geslaap?”

Suzanne gluur Niekie aan met ’n blik wat deur staal kan sny. Sy het ’n duidelike aanval van drinker’s remorse.

“Gaan staan op jou plek sodat ons van jou ’n mens kan probeer maak. Toe toe, ons het ’n lang dag!”

Niekie ken darem ’n paar trieks van die trade. Sy het mos ’n ma wat verslaaf is aan glans.

Sy salueer Suzanne speels.

“Reg so, Sammajoor! Operasie Niekie Branders is aan die gang! Ons moet darem ’n goeie indruk skep vandag. Ek hoor van die direksielede kom ook inloer!”

Niekie weet dadelik sy het die regte snaar getokkel. Suzanne is ontsenu.

Net voor Niekie van die Sammajoor in Jimmy Choo-skoene wegstap, onthou sy omtrent die enigste waardevolle les wat haar ma haar geleer het.

“Terloops, Suzanne, ek het gisteraand baie insiggewend gevind!”

Sy kan sien hoe Suzanne se brein rondskarrel oor wat sy alles onder die invloed van Sangria kwytgeraak het.

“Moenie bekommer nie jong, jou geheime is veilig by my!”

Toe tree Niekie bietjie nader aan die “Sammajoor” en trek ’n denkbeeldige rafel van haar skouer af. Die gebaar werk soos ’n bom. Suzanne is duidelik ontsenu en verskoon haarself na die naaste spieël om seker te maak haar wapenrusting vir die dag is perfek. Sy kan dit nie bekostig dat daar ’n rafel uit plek is nie.

En dit was vir eers die einde van Niekie se pret vir die dag. Sy voel later soos ’n winkelpop wat van een hoek na ’n ander geskuif word. Hulle torring aan haar hare en haar gesig word ’n paar keer oor gegrimeer.

“Nicola, kyk mooi hoe hulle dit doen sodat jy by Cannes se grimeerstasies kan weet wat hulle met jou hare en gesig moet doen. Jy wil nie soos ’n paloeka daar gaan lyk nie.”

’n Aantreklike man met ’n grys pak kom by die deur ingestap. Daar is dadelik ’n onderlangse gegons onder die Clivia-span.

“O, Gustaf, ek het gehoor jy kom inloer! Gustaf, dit is nou Niekie Branders.”

Gustaf bekyk Niekie met ’n kennersoog op en af.

“Nes jy gesê het, Claudia, sy is beeldskoon.”

Niekie vererg haar. Sy kan Gustaf se seksisme met ’n tang aanvoel.

“Mnr. Momsen, ek het gisteraand so baie van jou gehoor!”

Sy kyk tevrede hoe Gustaf se oë blitsig probeer om Suzanne te vind.

Bingo! Dink sy. Laat dit vir die vername man ’n les wees.

Sy voel Claudia se skerp naels om haar arm.

“Kom, Nichola, jy moet die eerste rok gaan aanpas!”

Stefaans wag haar in die kleedkamer in.

“Oe, ek hou van jou! Jy kan lekker stir! Hier in die Kaap bly ’n skinderstorie mos nie lank geheim nie. Vertel-vertel van gisteraand!”

Die rokke kleef soos tweede velle aan Niekie se lenige lyf. Sy voel selfbewus oor al die kaalheid en Claudia steek haar ’n lang preek af oor wat sy met haar hande moet doen.

“Moet om hemelsnaam nie soos ’n selfbewuste tiener by haar eerste lentedans staan nie!”

Dan beduie sy na Hans Swanevelder.

“Die clutch bag sal nie deug nie. Kry iets wat sy oor haar skouer sal kan hang, Sy is ’n joernalis en sal heeltyd besig wees met haar selfoon.”

Hans se grys hangsnor bewe van verontwaardiging.

“Maar, ’n skouersak op die rooi tapyt! Dit kan eenvoudig nie! Sy gaan nie shopping doen nie, Claudia, sy gaan voor die wêreld se modekameras paradeer. Die wêreld se kritiese modelense, moet ek byvoeg. En, jy weet seker dat my naam aan haar voorkoms gekoppel gaan word?”

Niekie geniet die nuwe intrige in die warboel. Nóg ’n magspel!

“Toemaar, Claudia, ek sal my foon sommer in my bra byderhand hou. Sien, ek druk hom so in dan kan ek Hans se sakkie ook vashou.”

Dit lyk asof Hans ’n floute gaan kry.

“Waar het julle hierdie een uitgegrawe? Onthou, looks is nie alles nie! Dis nie Eliza Doolittle nie! Hierdie is die werklikheid!  Claudia, vergeet van jou My Fair Lady- kompleks! Julle sal hierdie een vinnig moet mak maak anders gaan sy Clivia se naam voor die wêreld se stylpolisie met ’n plank slaan!”

Stefaans kom red Niekie uit die opbouende geveg.

“Kom, tyd vir ’n dik stuk koek en ’n ciggie. Hierdie mense dryf my na nikotien. Laat die professionele bietse die ding uitfight.”

Niekie voel sy kan die bebaarde man dood druk. Sy stap saam met hom na die balkon waar hy vervaard ’n sigaret met die hand rol.

“Is dit? …”

Hy lag. “Nee, my Bokkie, dit is nie. Ek is ’n tabak-snob. Koop net die beste en rol dit self. Dit gee my senuweeagtige handjies ook iets om te doen as ek lus raak om iemand te wurg. In my werk gebeur dit nogal gereeld.”

Niekie weet sy gaan nog baie versot raak op dié man.

Hulle lagbui bedaar as hulle ’n ernstige gefluister agter ’n pilaar hoor. Stefaans spits behoorlik sy nuuskierige ore.

Dan bars Suzanne agter die pilaar uit. Sy vee Niekie en Stefaans behoorlik uit die pad op haar drafstap. Haar oë is bloedrooi gehuil.

As jy hierdie vervolgverhaal geniet, en nie kan wag tot volgende week om die nuwe hoofstuk te lees nie, kan jy solank ons ouer vervolgverhale lees! Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.