kategorieë: Ons menseBekendes

Sosiale media-influencers onder 25: Helé Ananté Wansbury

Sosiale media-influencer’s onder 25: Helé Ananté Wansbury – Deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In ons reeks Sosiale Media-Influencers onder 25 gaan ons met ’n paar van Suid-Afrika se gewildste, invloedrykste en snaakse influencers onder 25 onderhoude voer. In ons vyfde artikel in dié reeks gesels ons met die jong entrepreneur en enkelma, Helé Ananté Wansbury, oftewel @_lytjie_wansbury.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Loer ook na ons onderhoude met Marko met ’n K, Julipoeli, Plumboyy en Katinka die Kat

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op 19 is sy reeds die hoof uitvoerende beampte en stigter van twee besighede, ’n gekwalifiseerde grimeerkunstenaar en inspirasie vir ander. Met hope ambisie en harde werk het sy dit reg gekry om haar drome te bewaarheid en haarself as suksesvolle jong entrepreneur te vestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel vir ons van jou mooi seuntjie Zayn. Hoe het hy jou lewe verander? En hoe pak jy die uitdagings van enkelma wees aan?

Zayn het my lewe beslis verander – baie verander – maar ek verruil hom vir niks in die hele wye wêreld nie. Ek spot altyd en sê as ek my matriekjaar moes oordoen, sou ek alles presies dieselfde doen. Ek kan my lewe nie sonder hom indink nie! Ek verstaan nou eers vir die eerste keer régtig hoe lief ’n ma haar kind kan hê sedert ek self ’n kind van my eie het. Om ’n ma te wees is ’n voorreg – dalk harde werk, maar beslis steeds die moeite werd.

Ek word gereeld gevra oor hoe dit voel om ’n tienerma te wees … Wel, ek glo vas dat ek nie na iets kan verlang wat ek nooit gehad of geken het nie. Ek was nooit in ’n ander situasie nie. Om op 19 ’n ma te wees, is al wat ek ken so ek maak die beste daarvan. Dit is eintlik vir my vreeslik lekker om nog so jonk te wees want ek kan saam met Zayn groei, en moederinstinkte kom natuurlik. In my opinie is ek net so ’n goeie ma soos baie ouer vroue met kinders. Miskien spandeer ek dalk selfs nog meer tyd saam met my seuntjie omdat ek 19 is en baie energie het.

Dieselfde geld vir enkelouer wees. Ek weet nie hoe dit voel om ’n man te hê wat betrokke is by sy seun se lewe nie, so dit is nie vir my vreemd of moeilik om daarby aan te pas nie. Ek dink vroue moet besef dat hulle baie sterker is as wat hulle dink. Ek het wel baie ondersteuning van my ouers gekry en iemand ontmoet toe Zayn nog baie baie klein was. Berno het vir Zayn aanvaar soos sy eie kind en ek is baie dankbaar vir die rol wat hy in ons albei se lewens speel.

Ons sien dat jy ’n grimeerkunstenaar is. Hoe het jy daarby uitgekom, en wat is vir jou die lekkerste deel van só ’n loopbaan?
O ja, dít! Ek het na skool gedink dat “grimeerkunstenaar” iets is waarvan ek ’n loopbaan kan maak.  Toe gaan doen ek ’n kursus en verwerf ’n sertifikaat daarin. Ek het belang gestel in grimering en permanente grimering en het gedink dat dit ’n ideale loopbaan sou wees, maar het vinnig besef dat dit nie regtig is wat ek met my lewe wou doen nie, al geniet ek dit baie. Mens kan ook nie eintlik in ’n dorp soos Kimberley daarvan ’n loopbaan maak nie. Ek doen egter steeds grimering op versoek,  en dit bly lekker.

Jy is boonop nog ’n suksesvolle jong entrepreneur. Vertel vir ons van FitBury. Wat was jou inspirasie vir dié besigheid?
Na my swangerskap het ek gesukkel om klere te kry wat my goed laat voel het, veral klere waarmee ek kon gaan oefen. My soeke na gemaklike, mooi en vroulike oefenklere het gelei tot die idee om my eie sportklere te ontwerp. En dis hoe FitBury ontstaan het. Ek is vreeslik trots om te kan sê dat al die ontwerpe my eie is.

Hoe het jy Fitbury op die been gebring?
My ouers het my gehelp om van my FitBury-droom ’n realiteit te maak. Ek leer elke dag iets nuut van die besigheidswêreld en uit die foute wat ek maak.

“Ek is aan die diepkant ingegooi en nou leer ek ‘besigheidslag’ swem.”

Ek is ook tans besig om ’n ander besigheid in Kimberley op die been te bring – Avante is ’n boetiek wat verskillende plaaslike handelsmerke aanhou!

Wat is FitBury?

FitBury is ’n unieke en enig-in-sy-soort handelsmerk wat verskillende soorte klere (oefenklere, gemaklike klere, swemklere en slaapklere) ontwerp vir mans, vroue en kinders. Ons sorg vir styl en hope pret in jou alledaagse klerekas. FitBury Clothing Co bied unieke ontwerpe en bekostigbare klere en word geskep met goeie kwaliteit materiale. Of jy nou besig is om te oefen, daaglikse take af te handel of saam met vriende ontbyt eet, jy moet gemaklik wees en soos jouself kan voel. En ons sal seker maak dat jy gemaklik voel!

Ons is  ’n positiewe en professionele span en lewer met trots kwaliteit-produkte wat in ons pragtige land vervaardig word.

Wat is jou uiteindelike droom vir FitBury? Wat wil jy graag met dié besigheid bereik?
My droom is om FitBury in soveel moontlik winkels in Suid-Afrika te kry, en dan droom ek natuurlik ook van internasionale sukses. Niks is onmoontlik nie, en ek glo in myself en my vermoëns. Ek weet met God aan my sy en my verloofde Berno (wat dikwels meer in my glo as wat ek in myself glo) dat ek dit beslis sal regkry.

Hoe voel dit om daagliks jou lewe met meer as 24 400 volgelinge te deel?
Dit is vir my ’n groot voorreg om elke dag soveel mense te kan inspireer. Wie sou nou ooit kon dink dat ek as ’n tienerma bekend sou word…

Ek geniet dit baie en alhoewel ek soms kritiek ontvang, is die positiewe aanvaarding baie meer as die negatiewe kommentaar. Elke boodskap wat ek ontvang inspireer my om elke dag net nog harder te werk en beter te doen. Ek wil altyd hê mense moet besef dat ek werklik net nog ’n gewone meisie van die platteland is wat in haarself en haar drome glo!

Wat is jou motto in die lewe en hoekom?
“Inspireer JOUSELF!”

Ek voel dat ons almal altyd iemand anders soek om ons te inspireer en dan kyk ons so vas in alles wat hulle al bereik het, dat dit naderhand voel asof ons eie sukses te ver buite ons bereik is. Soms is dit nodig om tyd vir jouself te maak – dink ’n slag aan jou eie suksesse en alles wat jy self al bereik het. Wees trots op jouself en streef daarna om elke dag ’n beter jy te wees!

Wat geniet jy om in jou vrye tyd te doen?
Vrye tyd is familietyd! Ons sal dikwels almal saam vir ’n naweek weggaan, gaan ski, visvang, motorfiets ry of net lekker swem en braai en rustig wees by die huis. Ek geniet dit ook om te verf en kos te maak, en probeer ook altyd om ’n oefensessie en maaltydvoorbereiding in my vrye tyd in te pas.


Wanneer ’n mens kyk na jou Instagramblad, sien ’n mens dat jy gereeld tyd aan oefening afstaan. Volg jy ’n streng oefen- en eetprogram?
Die afgelope drie maande het ek baie rustig gevat. Ek glo ’n mens moet die lewe geniet, en as jy soms nodig het om op ander dinge te fokus, dat jy tyd daaraan moet spandeer. Sorteer dit uit, kry jou lewe agtermekaar en begin dan weer daarna oefen.

En hoe gereeld oefen jy per week?
Drie tot vyf keer per week afhangend van hoe besig my program daardie week is.

Is daar dalk ’n spesifieke soort oefening wat jy verkies?
Ek geniet High Intensity Interval Training (HIIT) en kardio. Ek wil moeg wees, sweet en seer wees die volgende dag!

Vertel vir ons van die liefde in jou lewe, Berno Venter. Hoe het julle ontmoet? En hoe lank is julle al saam?
Ek en Berno ken mekaar al amper 4 jaar en het ontmoet by ’n kuier toe ek in graad 10 was. Ons het eintlik nog altyd baie van mekaar gehou, maar het eers begin uitgaan na Zayn se geboorte. Ons het vir omtrent 9 maande uitgegaan en toe besluit om eers elkeen ons eie rigting te gaan. Maar na 5 maande het ons besef dat ons werklik saam wil wees. Berno het my op 1 Maart gevra om te trou – hy wil die res van sy lewe saam met my spandeer en Zayn se pappa wees.

Berno is ’n Godsvresende man wat in my glo en Zayn is ongelooflik lief vir hom. Ons drie is ons eie klein gelukkige gesinnetjie.

En laastens, watter boodskap wil jy graag aan jou volgelinge oordra?

  • Inspireer jouself!
  • Moet nooit jou volgende stap met almal deel nie, deel net genoeg sodat mense wonder.
  • Jy bepaal jou eie geluk
  • En niks is onmoontlik met die Here aan jou kant nie.
Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

30 mins Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.