kategorieë: KalenderOntspanning

UNICEF se eerste Herfsbal vir liefdadigheid: 4 April

UNICEF se eerste Herfsbal vir liefdadigheid: 4 April Inligting en foto’s verskaf deur VividLuxury

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

UNICEF Suid-Afrika se invloedryke vrouesirkel vier nie net hul eerste herdenking nie, maar het aangekondig dat hulle hul eerste jaarlikse herfsbal op 4 April by die eksklusiewe Steyn City sal aanbied.

Die groep bestaan uit 20 + vooraanstaande Suid-Afrikaanse sakevroue wat fokus om geld in te samel om die lewens van die land se kwesbaarste kinders te beskerm. Onder die lede is onder andere Carol Bouwer, Tina Eboka, Basetsana Kumalo, Emilie Gambade, Anina Malherbe-Lan en Denise Dogon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie eksklusiewe fondsinsamelingsgeleentheid se doel is om sakeleiers en filantrope bymekaar te bring. Korporasies word genooi om kaartjies vir die tafels te bespreek.

Maps Maponyane, wat pas aangewys is as UNICEF-Suid-Afrika se advokaat vir vrywilligers, sal die afslaer vir die aand wees. Die aand sal gevul wees met musiek, komedie, gasvryheid en die geleentheid om te netwerk en terug te gee. Gaste kan ’n ongelooflike driegangmaaltyd saam met heerlike wyne by Boschendal verwag. Die vermaak sluit in Zakes Bantwini en sy orkes, komediant Tracey-Lee Oliver, Brenda Mtambo en ’n eksklusiewe modevertoning deur die bekroonde ontwerper Jacques LaGrange.

Die gasvroue van die aand beoog om hul befondsingsdoel van $200 000 teen 2020 te bereik. Die geld wat ingesamel word, sal aangewend word vir die #EVAC-veldtog (End Violence Against Children), wat UNICEF tans in Suid-Afrika bestuur. Dit is gebaseer op die regering se visie om kinders beter te beskerm teen geweld, mishandeling, verwaarlosing, uitsluiting en ongelykheid. Hul doelwit is om die nodige befondsing van korporasies en individue te help ontsluit om te verseker dat elke kind die beste begin in die lewe het.

Geselekteerde IWC-lede het verlede jaar na New York gereis om ’n globale vergadering van die VN by te woon. Carol Bouwer het aan ’n paneelbespreking van wêreldwye vroulike leiers oor filantropie deelgeneem.

Tussen 1 uit 3 meisies en 1 uit 5 seuns wêreldwyd is blootgestel aan ’n vorm van geweld voor 18 jaar en baie word aan herhaalde en veelvuldige vorme van geweld blootgestel, meestal deur mense na aan hulle by wie hulle veronderstel is om  veilig te voel. In minderbevoorregte gemeenskappe ontbreek kinders dikwels geleenthede en veilige ruimtes waar hulle kan leer en net hul kinderjare geniet.

Meer inligting

Datum: 4 April 2019

Plek: Steyn City, Johannesburg

Kaartjies: Enkelkaartjies vir die herfsbal beloop R1 500 , BTW uitgesluit, en tafelverkope beloop R15 000, BTW uitgesluit.

Bespreek by: Naeemah Soeker: naeemah@vividluxury.co.za | 021 465 2312

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.