kategorieë: Ons menseBekendes

Sosiale Media-influencers onder 25: Julipoeli

Sosiale Media-influencers onder 25: Julipoeli – Deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In ons nuwe reeks Sosiale Media-Influencers onder 25 gaan ons met ’n paar van Suid-Afrika se gewildste, invloedrykste en snaakse influencers onder 25 onderhoude voer. In ons derde artikel in dié reeks gesels ons met die beeldskone, atletiese blondekop Juli Vercuiel (beter bekend as Julipoeli). Dié jong Kapenaar is passievol oor mense en wil haar sosiale media-platform gebruik om ’n verskil te maak in haar volgelinge se lewe. “My droom is om vir mense te wys dat jy jouself moet aanvaar en liefhê.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy was in 2018 in matriek aan die Hoërskool Stellenberg. Hoe het jy matriek ervaar?
Matriek was beslis ’n belewenis! Dit was seker die besigste, maar ook die lekkerste jaar van my lewe. Ek het my ware vriende gekry en regtig só baie van myself geleer. Matriek was toe regtig nie so erg soos wat ons ouers gewaarsku het nie – ek glo hulle was dalk maar net self te lank terug in matriek om werklik te onthou.

Stellenberg het vir my ’n tweede huis geword waar ek kon floreer, net myself wees en my voete kon vind. Die skool se gees en trots het skoolgaan so fantasties gemaak! Die lekkerste deel van matriek was definitief my vriende, en ons graad (as groep) wat ’n eenheid kon vorm. Die vryheid wat ’n bietjie meer geraak het, was ook ’n bonus. Die slegte deel was seker die oneindige eksamens en die slapelose nagte voor groot toetse.

Vertel vir ons van jou matriekafskeid (en veral van die lamas/alpacas wat deel was van jou dag). Wat het jy die meeste geniet?
Dit was ’n sprokiesverhaal! Ek het soos ’n prinses gevoel, en my metgesel, Leon de Jongh, een van my beste vriende, het die aand ’n fees gemaak. Ons het lekker geëet en natuurlik ook baie gedans!

Dit was nog altyd een van my drome om saam met lamas afgeneem te word, en dit was beslis ’n belewenis om dié spesiale dag met hulle te deel. (En ja, ek is ’n bietjie verlief op dié wollerige diere.) Ek het my matriekafskeid vreeslik baie geniet!

Fotograaf: Brent Vercuiel @brentphotographyza

Ons is mal oor jou matriekafskeidrok! Vertel ons daarvan.

My rok was glad nie wat ek in gedagte gehad het nie. Ek is nie ’n “blommetjies”-mens nie. Ná weke en weke se soektogte op Pinterest het ek uiteindelik ’n rok gekry wat ek gedink het my droomrok is, maar ongelukkig was die materiaal daarvoor nie beskikbaar nie. Ek was in trane en kon maande lank nie op enige ander rok besluit nie, want daardie rok het reeds my hart gesteel.

Eendag sit ek by die skool en hier kry ek ’n boodskap van my ma af met ’n foto van dié blommerok wat sy toevallig op Instagram raakgesien het. Ek besluit toe om hom te laat maak, want dit was toe net ’n bietjie meer as ’n maand voor die matriekafskeid. (I know, right!)

Ons laat maak toe die rok en my ma (wat nie eintlik naaldwerk kan doen nie) het besluit om die blomme self te maak en vas te werk.

Twee dae voor my matriekafskeid was die rok klaar en ek was nog nie ’n dag spyt oor my keuse nie. Alles het uitgewerk soos dit moes en ek het my droomrok gedra! Ligpienk is een van my gunstelingkleure.

Lees ook: Ontwerpwenke vir jou matriekafskeidrok

Fotograaf: Brent Vercuiel @brentphotographyza

So, spill the beans, is jy en Sharl Oosthuizen nou amptelik ʼn paartjie? En wat geniet jy die heel meeste van julle verhouding?
Dít is seker die vraag wat ek die heel meeste kry. Ek was nog nooit in ’n verhouding nie. Dit is nog nooit my plan om rond te speel en seer te kry nie, en daarom het ek op skool nooit belang gestel in verhoudings nie. Ek het gewag tot ek 18 was voor ek my eerste soen gehad het.

Nee, ek en Sharl is nie amptelik ’n paartjie nie. Julle sal maar moet wag en sien! Ek vertrou en bid dat God die regte ou oor my pad sal stuur, of dit nou Sharl is of nie.

Hoe voel dit om op 18 as ʼn sosiale media-influencer bekend te staan? Hoe ervaar jy die bekendheid, en hoe voel dit as iemand jou op straat as “JuliPoeli” herken?
Ek dink nie ek is bekend nie! Ek is net Juli Vercuiel, so daarom is dit alles vir my soms ’n bietjie vreemd. Ek sien my volgelinge as vriende eerder as “fans”.

Dit is vir my ’n voorreg om die platform te gebruik om mense se lewe aan te raak en ’n verskil te maak. Dit is dikwels oorweldigend maar ek is dankbaar vir elke mens wat oor my pad kom en elke volgeling wat op straat saam met my ’n foto wil neem.

Watter boodskap wil jy graag met jou bekendheid aan jou aanhangers oordra?
My droom met my Instagram-profiel is om vir mense te wys dat jy jouself moet aanvaar en liefhê. Ek wil hê mense moet na my kyk en sien dat dit oukei is om anders te wees en om op te staan vir dit waarin jy glo. Ek wil vir my volgelinge wys dat die lewe nie altyd so ernstig opgeneem moet word nie – as ek selfs net één mens kan laat glimlag dan maak ek reeds ’n verskil, en daarom gaan ek aanhou met dit wat ek doen: kommunikeer.

Op watter ouderdom het jy jou passie vir atletiek ontdek? Vertel ons van jou hoogtepunte tot dusver.
Ek hardloop al sedert ek graad een is by ons skool se kleuresport-byeenkomste. Ek het nog altyd gehardloop omdat dit vir my lekker was om deel te neem en om deel te wees van iets groter as myself. Maar ek het eers in graad 10 besluit om atletiek ernstig op te neem en net my beste te gee om my volle potensiaal te bereik. Atletiek is vir my meer as net ’n sport, dis ’n leefstyl! Dit het vir my dissipline en uithouvermoë geleer, en laat verstaan dat wen nie altyd alles is nie!

Dit was beslis vir my ’n hoogtepunt om in Julie 2018 internasionaal in Europa te kon deelneem.

Hoe vind jy ’n balans tussen skool, sport, sosiale media en ’n sosiale lewe? Geniet jy dit om so besig te wees, of raak dit soms uitputtend?
Ek is sleg met vooruitbeplanning, maar my ma is my persoonlike dagboek – sy herinner my gedurig waar en wanneer ek iewers moet wees. My manier van alles hanteer, is om elke dag op te breek in 24 ure. Ek pak dan elke uur aan en fokus net op dit wat in daardie uur moet gebeur, en nie op alles wat ek nog daardie dag moet afhandel nie. Hoe meer ek kry om te doen, hoe meer kry ek gedoen! Ek hou daarvan om besig te wees!

Ek raak soms uitgeput, maar daarom hou ek myself besig met dinge wat my gelukkig maak. Ek het wonderlike vriende, familie en afrigters wat alles vir my die moeite werd maak en wat my altyd, in alles wat ek aanpak, ondersteun. As ek uitgeput raak, kry ek my krag van God af. Hy stap saam met my deur alles. Ek maak ook tyd vir myself en tyd om stil te wees en net niks te doen nie!

Wat is jou planne vir 2019?
Ek gaan vanjaar sielkunde studeer aan die Stellenbosch Universiteit, en is in Minerva. Ek is vreeslik opgewonde vir die nuwe avontuur om te begin! Ek het ook baie ander projekte vir 2019 wat ek later bekend gaan stel! Ek gaan ook volstoom aan met my atletiek en drama. Ek wil graag eendag ’n aanbieder en aktrise wees, maar wag nog vir my “big break”.

Wat is jou motto vir die lewe en hoekom.
My ma sê altyd vir my: “Niks in die lewe kom maklik nie!” Dié motto het my al deur so baie dinge in die lewe gekry. Wanneer ek voel asof ek wil opgee en dat dinge net té moeilik raak, herinner ek myself waarom ek doen wat ek doen en wat ek uiteindelik wil bereik.

“Haal asem!” Dis dalk vanselfsprekend, maar kragtig.

Gaan volg gerus vir Juli Vercuiel op Instagram: https://www.instagram.com/julipoeli/?hl=en

Lees ook ons onderhoude met ander sosiale media influencers onder 25:

Koelkat Katinka Oosthuizen

Arnando Gericke

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

21 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.