kategorieë: Leef gesondGesondheid

19 Gesondheidsneigings vir 2019

19 Gesondheidsneigings vir 2019 deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/oatawa

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Jy kry ’n slimring

Wat? Het jy nog nie ’n slimring nie? Oukei, ons is koel met ’n slimhorlosie. Die absolute afsnypunt is ’n treëteller op jou selfoon.

Ja-nee, sonder wearables is jy ’n agtergeblewene. Ons is die mees gemete mense tot nog toe. Net pasiënte in die waakeenheid word meer intens geëvalueer. Jy kan elke oomblik weet wat jou hartklop en bloeddruk is, hoeveel treë jy gestap het, en of jy “reg” geoefen en goed geslaap het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Oura-ring kan selfs sê wat jou hartklopveranderlikheid is en aanbeveel hoe hard jy vandag mag oefen. Waar dié slim dragoed nie bykom nie, staan die apps op jou selfoon in. Hulle kan jou kilojoules en koolhidrate tel en jou emosioneel ondersteun met meditasie, ontspanning of gebed.

Te veel nuttelose inligting? Ons hou daarvan om onsself te meet en te sien hoe ons vorder. Met jou slimfoon wen jy altyd, want jy meet jouself teen jouself. Wat maak dit saak dat jy nie die 100 m binne 10 sek. kan aflê nie as jy weet jy is vandag fikser en beter as gister?

2 Jy kry ’n gratis DNS-toets

Die mega-neiging van selfmeting strek tot in die hart van elke sel in jou liggaam – jou DNS.

As jy dink dit is te duur om jou DNS te laat lees moet jy net ’n rukkie wag. Groot maatskappye begin dit nou gratis aanbied, soos Nestlé in Japan, terwyl gerugte bly rondhang dat Discovery dit hier wil aanbied.

Dit ís nuttig, want dit help jou om jou gene beter te bestuur. Daarom gaan jy waarskynlik die aanbod aanvaar.

3 Jy het ’n DNS-konsultant

Google Maps wys jou die beste roetes en die kortpaaie, maar as dit by jou gene kom, tel die ompaaie, of die genetic work-arounds.

Ons almal dra ’n paar nare gene maar ál die navorsing wys dat jou leefstyl jou nadelige gene baie suksesvol afskakel, of baie lank afgeskakel hou. Iemand moet jou net sê hoe. Beraders, dienste, webwerwe en produkte wat jou help om jou gesondheid te bestuur, gaan vanjaar begin opduik.

4 Jy kry ’n DNS-vennoot

Hoekom deel maatskappye soos Nestlé gratis DNS-toetsing uit? Dit gaan oor kennis van jou behoeftes. Die houers van groot damme inligting, soos dit genoem word, weet hieruit presies watter verbruikers soek watter kos, aanvullers, versekering, mediese sorg, en so aan. Hulle skenk vrylik kennis oor jou gene, en wys jou dan wat jy by hulle kan koop om jou gene die beste te dien. Nestlé het reeds hul aanbod van Nespresso-koffiekapsules in Japan uitgebrei na kapsules met groensap tot vitamienverrykte tee wat by verskillende geneprofiele pas.

Jy wen ook. Daarom aanvaar jy die vennootskap.

Lees ook: Genetiese toetsing vir medikasie

5 Jy is ’n aktiewe nie-sportvrou

Foto: iStock/AzmanL

Wie het ná skool of universiteit nog tyd vir tennis of hokkie? Ons maak liewer aktiwiteite deel van ons werk en sosiale lewe. Ons kuier deur met die fiets koffiewinkel toe te ry, of ’n Parkrun saam met ’n vriendin te doen. Ons stap ekstra by die werk om die goue 10 000 tree per dag op ons slimhorlosies te sit.

Lees ook: 28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers

Swem is uitstekende oefening – dis wat jy moet weet

Te oud vir oefening? Dink weer

6 Jy teken op jou dokter in

Net soos jy op ’n tydskrif kan inskryf, kan jy reeds op kliniekdienste vir diabete by CDE en Diabeteslife inskryf (om ’n paar plaaslike klinieke te noem).

Hierdie neiging gaan verder uitbrei sodat jy ook op ’n dokter of sportafrigter kan inteken, wat jou gesondheid, fiksheid, sportprogram en so aan bestuur, sonder dat dit nodig is om hulle te gaan spreek. Hulle monitor jou op grond van jou slimhorlosie en laat jou weet wanneer iets skort, en hoe jy jou oefenprogram moet aanpas om fikser te word.

Lees ook: Is jy op datum met diabetes?

Is diabetes dalk jou voorland?

7 Jy is ’n ingeligte pasiënt

Maar het jy nog ’n dokter nodig? Dr. Google is mos daar … Ons diagnoseer en behandel ons en ons gesinslede, want dr. Google laat ons dink ons weet genoeg.

Aan die een kant is dit goed dat ons bedag is op onnodige, swak, verkeerde en onoordeelkundige behandelings, maar daar is,  helaas, ’n gevaarlike kant ook. Dagga is ’n goeie voorbeeld daar-
van. Ons aanvaar sonder voorbehoud die meriete van alle positiewe nuus en ignoreer die nadele, soos die risiko op psigoses, hartskade, depressie en afhanklikheid.

8 Jy probeer die nuwe antidepressant

Spysverteringsgesondheid is ’n groot neiging. Dit kring wyd uit, met allerlei ondergeskikte en ineengeweefde kleiner neigings. Een van die jongstes is jou mikrobioom – al die organismes van jou dermkanaal, slymvliese en vel. Dit het begin by probiotika as aanvuller, wat aanvanklik net gebruik is terwyl jy op antibiotika is.

Ons hoor nou dat die flora in jou dermkanaal jou tweede brein is. Is jou immuniteit swak? Vul jou dermflora aan. Is jy oorgewig? Dis jou dermflora wat jou voornemens verskree as jy hulle nie sjokolade voer nie. Is jy angstig? Depressief? Mense met depressie het dieselfde dermfloraprofiel, en dit verskil van dié van mense wat van nature opgeruimd en positief is. Wat as jou mikrobioom ongesond is? Die jongste is fekale innokulasie (Dit is soos jy vermoed). As jou dermflora tekort skiet, vul jy aan … van iemand anders af.

Omdat babas in die natuurlike kraamproses met die ma se eie dermorganismes bevolk word en in die proses optimale voordeel kry, kies al meer ma’s ’n natuurlike geboorte wat daartoe gelei het dat vroedvroue en doelas deesdae hoogmode is.

Lees ook: Jou maag, jou tweede brein

Koop probiotika só

Probiotika in velsorg

Dink nuut oor die vroedvrou-opsie

9 Misgis? Nee, wonderlike gis

Nog ’n groot gesondheidsneiging is gefermenteerde kosse, soos sauerkraut, kimchi, kefir, jogurt en kombucha. Hulle verskaf jou natuurlike probiotika, en daarby voeg hulle nuwe, onbekende geure by die geregte wat jy op tafel sit.

Maak jou eie gefermenteerde drankies

Pekel self groente

10 Julle kook

Foto: iStock/Halfpoint

Ma se werk is nou pa se plesier. Selfs die kinders kook – dink aan Kokkedoortjie. Die tuiskokke kies gesonde, vars bestanddele ver bo blikkies, of selfs bevrore kos. En julle eksperimenteer met allerlei nuwe geurmiddels soos sumac, sout met merlot en eksotiese kase.

Klik hier vir ’n groot verskeidenheid van die heel lekkerste resepte wat enige tuiskok kan maak

11 Jy troetel koeitjies en skapies

Die dae van grasperke troetel en diere eet, is aan die uitloop. Al meer van ons raak vegetaries. Verder verwag ons dat diere menslik behandel word. Ons verkies melk, eiers en vleis van diere wat toegelaat word om vrylik in die veld te wei.

Lees ook: Wat is die verskil tussen ’n veganis en ’n vegetariër?

Help! My kind is ’n vegetariër!

4 ekstra goed wat elke vegetariër moet eet

Kan vegetariërs ooit genoeg proteïene kry? (Ja!)

12 Jy eet nie die koei nie – jy eet soos sy

Die jongste dieetneiging is plantgebaseerde kos, soos Woolworths se reeks plantprodukte. Die vraag na vegetariese kos neem toe, selfs onder nie-vegetariërs. Ons wil minder vleis eet maar sien nie kans om heeltemal vleisloos te leef nie – ons is eerder “opsionele” vegetariërs wat vleis drie keer per dag verruil het vir vleis drie keer per week. Plantgebaseerde kos pas perfek in ons kraal: ons voel goed oor ons gesonder vegetariese keuses maar is nie in ’n hoek gedryf as dit by vleis kom nie.

Die lekkerste vegetariese resepte

Dink nuut oor goggakos

13 Jy kies dubbel-voordeel

Vitamienpille ná ete drink? Nee. Pleks van pap eet en ’n vitamienpil drink, eet jy ’n vitamienverrykte pap. Jou kos ís jou vitamienpil. Nog ’n voorbeeld: pleks van kos vir middagete koop en iets anders vir ’n snoephappie, koop jy een meerdoelige stafie. Vandag is dit jou op-’n-drafstap middagete; oor die naweek is dit jou snoephappie wanneer jy aan die Parkrun deelneem.

14 Jy sit die “ek” in “eko”

Foto: iStock/MicroStockHub

Die eko-neiging is al lankal hier. Die nuwe neiging is dat ons persoonlik betrokke raak om te help skep aan ’n gesonder omgewing. Toe daar net een foto van ’n seeskilpad met ’n strooitjie in sy neus opslae op die Internet gemaak het, het ons almal oornag plastiekstrooitjies opgegee. Werkplekke se foama-lite-glasies is deur elkeen se persoonlike koffiebeker vervang, en nuwe ma’s koop weer lapdoeke.

Lees ook: 9 dinge wat jy nou kan doen om plastiekvry te lewe

Pak ’n eko-vriendelike middagete

10 stappe nader aan ’n Zero Waste-leefstyl

15 Jy speur die biografie van jou kopies na

Voor jy grimering, skoene of ’n kussing koop, wil jy weet of dit ’n omgewingsheld of -skurk is. Het die vervaardiging gifdampe veroorsaak? Is die werkers regverdig vergoed? Het diere in die proses gely? Kan jou ou kussing en ou skoene ekovriendelik tot niet gaan wanneer jy en die hond daarmee klaar is? Jy gaan nie jou geld daaraan bestee voor jy nie al die merkies afgetik het nie.

Skoonheid: Wat beteken organies, veganisties en sonder-wreedheid?

Weet jy wie jou klere maak?

16 Jy betaal vir die stralekrans

Die kerke loop dalk leeg maar tog is etiek die een morele waarde wat deur al die nuwe geslagte aangehang word.

Ons hou daarvan om ’n stralekransie saam met ons inkopies te kry. Eers het net ’n hand vol maatskappye aangedui dat hul produkte “ethically sourced” of “ethically made” is en hoe hulle hul sosiale verantwoordelikhede nakom. Vandag doen almal dit – en jy doen mee as jy hulle produkte koop. Ster-Kinekor nooi jou met elke fliekkaartjie om net ’n paar rand by te dra tot operasies wat sig herstel. Jou fliek help iemand, en dit laat jou edel voel.

17 Jy spog met ’n e-motor … of begeer een

Kan jy glo sowat vierhonderd Suid-Afrikaners het reeds elektriese motors en besoedel nie meer ons omgewing met uitlaatgasse nie? Wag maar, jy gaan vorentoe ook oorskakel na ’n biovriendelike e-motor. En raai wat? Teen Junie vanjaar kan jy uit vyf plaaslike e-modelle kies. Buiten die reeds beskikbare BMW i3 en Nissan Leaf, kom die Mercedes EQC, Audi e-tron en Jaguar I-Pace by.

Daarna pla die al duurder wordende petrol jou nooit weer nie.

18 Jy huur jou droom

Foto: iStock/ViewApart

Wou jy nog altyd ’n wynplaas gehad het waar jy naby Moeder Aarde suiwer lug inadem? Wat van ’n paar wingerdstokke huur? Jy kan byvoorbeeld by Chapel Down in Dover, Engeland, vyf wingerdstokke huur, vyf bottels wyn vir jou hartgesondheid van jou eie stokke af kry en selfs in jou wingerd piekniek hou. Al die lekker, sonder dat jy ooit hoef te swoeg, of jou te bekommer oor donsskimmel.

Allerhande ongewone dinge is te huur en te deel, soos ’n gholf-middag by ’n geslote gholfbaan soos St Andrews vir ’n bietjie eksklusiewe fiksheid, of deeleienaarskap van’n sportmotortjie waarin jy op ’n Sondagmiddag sorgvry en wind-in-die-hare kan rondrits.

19 Jy ontmoet jou kobot

’n Kobot is ’n robot wat saam met jou werk. Nee, jy druk nie sy knoppies nie. Hy is kunsmatig intelligent genoeg om onafhanklik langs jou te werk. Jy neem die besluite wat insig vra, soos watter item op watter hopie hoort, en jou kobot doen die swaar drawerk om elke item op die regte hopie te pak. Kobotte kan allerhande gevaarlike, eentonige en uitputtende werk oorneem en daardeur jou gesondheid beskerm.

Wanneer kan hulle jou kom uithelp? Nie in 2019 nie. Maar maak solank reg om hulle te leer ken.

Jy vra: Hoe ontstaan hierdie tendense?

Dink daaraan as opstapelende storielae, vertel Doris Viljoen, senior toekomsnavorser aan die US.

  1. Eers wys ’n klein groepie mense se belewenisse, of ondersoeke, dat ’n nuwe manier van doen beter werk as die status quo. Dink aan die fone van 1990: toe was landlyne die manier van kommunikeer; selfone was nuut en skaars.
  2. Namate bewyse opbou en die suksesstories toeneem, ontwikkel ’n wyer behoefte daaraan, wat beantwoord word met groter toeganklikheid daartoe. Dink aan selfone in 2000, toe ons besef het hoe gerieflik selfone is. Van tieners tot sakemanne móés toe ’n eie foon hê.
  3. In die derde stadium spoel dit oor na ander velde en selfone word deel van die manier waarop ons ons wêreld sien. Dink aan die eerste slimfone van 2005 waarmee jy e-posse kon stuur, enkele speletjies kon speel, dowwe foto’s kon neem en ’n bietjie musiek kon stoor.
  4. Uiteindelik het die gebruikswyses van slimfone in so ’n mate ontwikkel dat dit ’n integrale deel van ons lewe geword het. Vandag is jou selfoon jou straatkaart, reisagent, gids, woordeboek, posbus, kamera, album, bank, nuusbron, resepteboek, weerkantoor, kompas, spieël, vermaak en meer.

Gier of tendens?
’n Voedingskonsultant, Andrea du Plessis, sê sy let op tendense, maar meer nog na mega-tendense: “Hoewel tendense interessant is, is dit die mega-tendense wat ons wêreld verander. Tendense is nuwighede en ontwikkelings in een veld. Wanneer dit na talle ander velde oorspoel, raak dit ’n mega-tendens. Hierdie superverskynsels raak ons álmal, nie net die mense wat in ’n sekere veld betrokke is nie. Dit lei tipies tot ingrypende veranderings in verbruikersgedrag, wat van ons prioriteite en leefstylkeuses tot ons verwagtings van produkte verander. Maatskappye wat in die mark
wil bly, sluit slim hierby aan.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

1 hour Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

19 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.