kategorieë: Reis

Speel met leeuwelpies!

Thaba Ya Batswana lê net suid van Johannesburg, omring deur die pragtige Klipriviersberg Natuurreservaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is heelwat te doen – en jy sal tien teen een ’n bruidspaartjie ook daar raakloop – maar die leeuwelpies is die nuutste aanloklikheid. Sedert 1 Desember 2012 is die reservaat ook die tuiste van die Thaba Lions Educational Centre wat deur Lombardi Lions bestuur word. Besoekers kan die sentrum binnegaan en met die fraaie welpies speel, onder toesig van Retha Lombard. Daar is “gewone” bruin leeus sowel as skaars wittes. Die welpies word by die sentrum aangehou tot hulle twaalf weke oud is, en dan . Dis ’n besondere geleentheid om hulle van so naby te ervaar!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer die gesin lekker met die welpies gespeel het, kan julle ’n heerlike middagete by die Kraal Kombuis-restaurant geniet, of by die Olive Tree Coffee Shop uitspan. Jy kan ’n bietjie rus terwyl die kinders in die speelarea in die tuin langs die restaurant rondhardloop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy sal natuurlik ook jou oorsese besoekers se harte steel as jy hulle hier ’n tikkie Afrika laat ervaar!

Toegang tot die Thaba Lions Educational Centre kos R70 per persoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toegangstye: Maandae tot Vrydae van 09.00 tot 11.00 en 14.00 tot 17.00; naweke en openbare vakansiedae van 09.00 tot 15.00.

Meer inligting by 011 959 0777

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.