Spesiale Chateau Libertas Magnum huldig Duimpie Bayly

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die geleentheid is op Stellenbosch, sy tuisdorp, gehou en verskeie wyn-pioniers en vriende van Duimpie, het die middagete en wynproe bygewoon. Chateau Libertas vier vanjaar ook boonop sy 90ste verjaardag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jackie Olivier, Distell se globale bemarkingsbestuurder, Duimpie se vrou, Sue en seun, Gregg en Michael van Deventer van die Tabernakel-wynbiblioteek, waar letterlik duisende bottels in stand gehou word as verwysing na die plaaslike wynmaakgemeenskap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die bekende Cabernet Sauvignon-gebaseerde versnit het vir byna ’n leeftyd na aan Duimpie se hart gebly. Hy het geglo Chateau Libertas is ’n ou vriend wat jou nooit in die steek laat nie en het as student gereeld dié vriend ontmoet, het Jackie Olivier, Distell se globale bemarkingsbestuurder, by die middagete met ’n knipoog vertel.

Chateau Libertas het sy ontstaan aan dr. William Charles Winshaw, stigter van die Stellenbosch Farmers’ Winery (SFW), en sy seuns Young Bill en Jack, te danke. Hulle het Suid-Afrikaners in 1932 bekendgestel aan hul medium-vol, Cabernet-gebaseerde, claret-styl, maklik drinkbare tafelwyn wat – soos hulle dit genoem het – “die middel sou wees om stimulasie vir goeie spysvertering te gee,” het sy voorts vertel. Dr. Winshaw het ook geglo dat mense wat nie normaal wyn drink nie, ook van ’n lekker digestif na ete sou hou – en hulle het.”

Selfs die Britse koninklikes het tydens hul besoek aan Suid-Afrika in 1947 heelwat bottels van dié rooi-versnit geniet.

Wineland tydskrif het ’n hele gedenk-uitgawe vir die Chateau Libertas verjaardag en ter nagedagtenis aan Duimpie Bayly publiseer.
Distell wynmakers Dumisani Mathonsi, Andrea Freeborough, Distell se hoof wynmaker en Bonny van Niekerk.

Duimpie het in 1962 by die wynbedryf aangesluit. Selfs nadat hy van wynmaak na die raadsaal bevorder is en baie tyd aan plaaslike en internasionale wyn-organisasies bestee het om die bedryf te bevorder, het sy liefde vir Chateau Libertas nooit gewankel nie.

Hy het selfs ná sy aftrede in 2013, jaarliks ​​by die kelder inloer om sy terugvoer oor die oesjaar te gee en was ’n mentor vir baie Chateau Libertas-wynmakers, waaronder een van die huidige wynmakers, Bonny van Niekerk. Sy sê: “Hy was warm, goedhartig en vrygewig en net so ’n vriend van dié versnit as vir Suid-Afrikaanse wynliefhebbers. Hy was altyd gereed om sy kennis en ervaring te deel, terwyl hy versigtig verseker het dat ons nooit van die wyn se oorspronklike bedoeling afgewyk het nie,” het sy gesê.

“Duimpie het soveel op sy bord gehad. Hy het op belangrike tegniese komitees en organisasies gesit om Suid-Afrika se wynproduksie-integriteit te bevorder en om ons rykdom aan biodiversiteit te bewaar. Hy was sentraal in die stigting van die Tabernakel-wynbiblioteek, waar letterlik duisende bottels in stand gehou word as verwysing na die plaaslike wynmaakgemeenskap. Hy het behoort aan wynkunde- en wingerdbouverenigings in die VSA en Australië, sowel as tuis. Maar Chateau Libertas het altyd vir hom belangrik gebly.

Jackie het gesê die onus val nou op ons om daardie vriend te wees, wat Chateau Libertas nie in die steek laat nie. Hierdie Magnum is gemaak in lojaliteit teenoor Dr. Winshaw se oorspronklike idee én teenoor Duimpie se beskerming van dié idee.”

Richard Rushton, Neil Ellis en Jackie Olivier. Neil Ellis was een van Duimpie Bayly se grootste vriende en het die tafelgebed ter ere van sy vriend gedoen.
Florian Kleinert, Distell se kommersiële bestuurder Amerikas, Bertho van der Westhuizen, Alto wynmaker en Bennie Howard, Kaapse wynmeester en vise-voorsitter van Veritas.

Richard Rushton, Distell se besturende direkteur het vertel dat Chateau Libertas ook sy inleiding tot die wyn-leefstyl as student was. “Verskeie wyn-persoonlikhede het met die huidige Chateau Libertas wynmaakspan saamgespan om dié gedenkwyn se versnit te bepaal. Hieronder was Michael Fridjhon, die bekende wynskrywer en -kommentator; Christian Eedes, redakteur van Winemag; en Bennie Howard, een van die eerste Kaapse Wynmeesters.

Hy het vertel dat hulle saam met verskeie lede van die Distell-span, waaronder Andrea Freeborough, Distell se hoof wynmaker en Bonny, die samestelling vir die spesiale gedenk Magnum van die 2021-oesjaar gefinaliseer, waarvan slegs 2 800 bottels vrygestel sal word.

Richard Rushton, Distell se besturende direkteur en Johan Malan van Simonsig Wynlandgoed. Johan het twee bottels Chateau Libertas 1970-oesjaar uit sy privaat-versameling saamgebring om met gaste by dié spesiale middagete te deel. more
Michael Fridjon, Richard Rushton, Distell se besturende direkteur en Johann Krige, eienaar van Kanonkop Wynlandgoed met hul spesiale wyne wat Distell aan hulle oorhandig het vir hul bydrae tot die wynbedryf en Chateau Libertas en Duimpie se geskiedenis in besonder. Angela Lloyd en Beyers Truter is ook vereer, maar was afwesig met die middagete. more

’n Klein hoeveelheid 750ml bottels is teen ’n spesiale prys aan die bedryf via verskeie wynroete-kantore te koop aangebied, en in die toekoms, op geselekteerde veilingsplatforms via Vinoteque.co.za aan die publiek beskikbaar. Die gedenk-wyn spog ook met die oorspronklike etiket waarmee Chateau bekend geword het.

Alle opbrengste gaan vir ’n inisiatief om Duimpie se nagedagtenis te eer. Dit sal deel vorm van ’n projek van die Universiteit van Stellenbosch om die geskiedkundige Welgevallen-plaasgeboue in Stellenbosch te restoureer. Die Duimpie-gedenksentrum, wat in ’n gedeelte van die Welgevallen-opstal gehuisves word, sal die versameling, transkripsie en bewaring van kennis, geskiedenis, stories en akademiese insette wat die land se wynbedryf betrek, insluit.

Die spesiale beperkte hoeveelheid Chateau Libertas gedenk Magnum spog met die oorspronklike etiket.
Maryna Calow en Siobhan Thompson van Wines of South Africa (WoSA).
Gaste kon die Magnum en die 2019 oesjaar saam met middagete geniet. Dis die nuwe etiket.

Die argiefmateriaal sal in die sentrum gehuisves word vir toegang vir die wynbedryf én die publiek.

Lees ook: SA se Top 10 Sauvignons bekend

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

8 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

11 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

13 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

15 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

1 day Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.