Gebakte Italiaanse ricottakaas gereg in ‘n Napolitaanse tamatiesous

Resep deur Rediscover Dairy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lewer 4 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

750 g ricottakaas

1 kop gaar babaspinasie,  (maak seker al die vloeistof is gedreineer)

1 groot (200 g) gekookte aartappel, fyngedruk

2 groot eiers

45 ml of 24 g (3 eetl) koekmeelblom

‘n knypie gemaalde neutmuskaat

34 g  (¼ kop) gerasperde parmesaankaas

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

750 ml (3 kop) reeds bereide Napolitaanse tamatiesous

soet basiliekruidblare en ekstra gerasperde parmesaankaas vir bediening

Metode:

1.Smeer ’n middelslag-oondbak met ’n bietjie olyfolie en voorverhit die oond tot 200°C.

2. In ‘n medium groote bak meng die ricottakaas, gekookte spinasie, fyngedrukte aartappel, eiers, koekmeel, neutmuskaat en ‘n  ¼ koppie gerasperde parmesaankaas. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak.

3. Meng al die bestandele met ‘n vurk tot goed gemeng.

4. Gebruik ‘n roomyslepel om die ricottakaas-mengsel in balle te vorm. Skep die ricottakaasballe in die oondbak en maak seker dat dit dig teenmekaar gepak is.

5. Bedek die ricottakaasballe met die Napolitaase tamatiesous en plaas in die voorverhitte oond. Bak vir 40 minute tot goed verhit en die mengsel borrel.   

6. Haal uit die oond. Strooi van die geraperde parmesaankaas oor en garneer met soet basiliekruidblare. 

Voorstel vir bediening van die gereg:

Rasper parmesaankaas en bedien apart

Sit vars soet basiliekruidblare in ‘n bakkie voor

Bedien saam met ‘n vars gebakte broodjie en ‘n groen slaai

Lees meer: Geroosterde perske-en bokmelkkaas-slaai

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

10 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

12 hours Gelede

My ma se appeltert

14 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.