Heerlike aand van wyn en kos wag op jou

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die vroegaand stap oor die Bascule-brug met bote wat in en uit die hawe gly; die wolke wat strepe oor Tafelberg gooi en seevoëls wat vis by restaurantgangers bedel, skets die regte agtergrond vir ’n heerlike aand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vroegaand stap oor die Bascule-brug met bote wat in en uit die hawe gly; die wolke wat strepe oor Tafelberg gooi en seevoëls wat vis by restaurantgangers bedel, skets die regte agtergrond vir ’n heerlike aand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gaste kry die geleentheid om ’n verwelkomingsdrankie van die Bar by Rhys met eienaar en kroegman Rhys Mcbeth, te geniet, voor hulle vier of vyf wyne saam met die betrokke wynmaker proe en dan aansit vir ’n heerlike ete deur Ninia de Vogel en Angelique da Silva van De Vogel Catering.

Guy McDonald, die bekende radiopersoonlikheid en seremoniemeester, het onlangs begin met wynmakers etes onder sy gewilde blog, Via the Grapevine-vaandel by die Gin Emporium in die Kaapse V&A Waterfront. By hom staan Nederburg Wyne se witwyn-maker Pieter Badenhorst.

Ons het die Nederburg Wyne geselligheid met die witwyn-maker Pieter Badenhorst bygewoon.

Pieter het meer as 20 jaar wynmaak-ondervinding. Guy het grappenderwys gesê hy het nog sy BMX gery, toe Pieter al probeer uitwerk het hoe gisrasse werk.

Albei Pieter se ouers is gekwalifiseerde Biologie onnies en dit maak seker sin dat hy in die wetenskap sy brood en botter sou verdien. Pieter het vertel dat hy destyds ook gefassineer was deur Siviele Ingenieurswese en daarvoor ingeskryf en keuring gekry het, maar wingerdbou het gewen.

Hy het in 2003 as wynmaker by Nederburg in die Paarl in sy eerste pos ingestap. Hy het oeste in Frankryk en Duitsland meegemaak en vertel dat dié reis na Duitsland op 28, sy eerste oorsese reis was. “Dit het my oë oopgemaak vir die wye wêreld. Ek het daar vir ’n reuse kelder gewerk en toe die presiese teenoorgestelde ervaar toe ek in Frankryk vir ’n klein kelder in familiebesit gewerk het. Nederburg is groot maar ons span kry die geleentheid om kleiner hoeveelhede ‘beste van die beste’ wyne ook te maak,” het hy vertel.

Onder verskillende etikette kan hulle terroirs in verskillende oesjare vier, ander moet hulle sekere geurprofiel handhaaf. Pieter verduidelik die boublokke soos verskillende gisselle en verskillende gistemperature, suiker en veroudering, hout uit verskillende woude se eikehoutvate, verskillende roostergrade en of die vate 300 liter of 500 liter vate of amfora is, het alles ’n invloed op die eindproduk.

Nederburg se totale wyn-portefeulje bestaan uit 35 verskillende wyne. Die plaas waarop Nederburg geleë is, voorsien net vyf persent van die kelder se behoeftes. Die res koop hulle van 50 produsente in verskillende wynstreke.

Nederburg is die afgelope vier jaar ten volle vegan en nou in herlewingslandbou, waar hulle fokus op goeie grond met goeie ou natuurlike boerderymetodes, wat heeltemal volhoubaar is.

Die wyne wat ons geproe het, is The Winemasters Rosé 2022 (die enigste wyn wat hulle net van Nederburg se druiwe maak) en die Sauvignon Blanc 2022; Heritage Heroes Old Vine Chenin Blanc en The Brew Master; en die Nederburg Double Barrel Reserve 2020.

Die Nederburg-wyne wat die aand te proe en te drink aangebied is.
Die spyskaart vir die Nederberg-kuier deur De Vogel Catering.

Pieter het met die Rosé aan gaste vertel: “Dis Nederburg. Die wyn is in die Franse Provensaalse styl, wat ligter in smaak en ligter in kleur ook is. Die wyn is meer elegant en blomagtig.”

Gaste kon vrae vra, voor Pieter, wat bekend staan as The Singing Winemaker, almal met sy diep baritonstem vermaak het.

Die ander wyne kon almal met aandete geniet word en teen afslag bestel word. Die spyskaart het bestaan uit Burrata, ertjie gazpachio en Vignarolaslaai, Botterskorsie ravioli met ’n ryk beesstert en tamatiesous en tuisgemaakte pistasieneut roomys met Turkse roos makrolletjies.

Gaste sit na die wynproe aan vir ’n heerlike ete deur Ninia de Vogel en Angelique da Silva van De Vogel Catering.
Die spyskaart het bestaan uit Burrata, ertjie gazpachio en Vignarolaslaai, Botterskorsie ravioli met ’n ryk beesstert en tamatiesous (foto bo) en tuisgemaakte pistasieneut roomys met Turkse roos makrolletjies. more

Guy se wynreis het in 2003 begin, toe hy die Certificate Wine Course deur die Cape Wine Academy voltooi het en begin het om ’n wynprogram, Via The Grapevine, op Good Hope FM uit te saai. Die program het ten doel gehad om luisteraars op ’n onpretensieuse manier aan die wynwêreld bekend te stel. Hy vertel: “Dit was ’n uur uit ’n 3-uur middageteprogram wat Vrydae ’n besliste hoogtepunt geword het!”

In 2015 het hy die program in sy volgende pos by Magic 828 AM, laat herleef en in 2017 die internasionaal-gerekende Wine & Spirit Education Trust (WSET) Vlak 2 Wine Award behaal met vergunning van The International Wine Education Centre (IWEC). Sy pad kruis ook met Hector McBeth, die bekende whisky-invoerder en soos Guy hom noem: “geheime wynmeester”.

Via The Grapevine het in 2020 werklik lewe gekry via Zoom webinare en proebinare met meer as 50 Suid-Afrikaanse wynmakers, -meesters en wynkelders tot op hede.

Via The Grapevine LIVE, wat nou saam met Hector se whiskey-besigheid by The Gin Emporium in die V&A Waterfront woon, is ’n maandelikse byeenkoms van 30-50 gaste wat meer wil leer oor wyn terwyl hulle snuif, teug, lag en eet.

“Ons streef daarna om jou op ’n ‘wynryke’ reis te neem deur die wingerde van Suid-Afrika, die druiwe waarmee hulle ons beloon, en die meesters wat wyn daaruit skep. Kom ons leer, lag en teug saam! Vertel jou vriende dat jy daarvan gehoor het #viathegrapevine,” verkonding Guy.

Die volgende twee aandetes en wynproeë is Kunjani Wines op Donderdag, 10 November met eienaar Pia Watermeyer en Donderdag, 8 Desember met Haskell Vineyards se keldermeester, Rudolph Steenkamp.

By die Kunjani Wines geleentheid op Donderdag 10 November kan gaste met eienaar Pia Watermeyer kuier.
By die Haskell Vineyards geleentheid op Donderdag 8 Desember met keldermeester, Rudolph Steenkamp.

Pia sal meer oor Kunjani se reis vertel en ook verklap waar die Stolen Chicken Rosé se naam vandaan kom. Haskell Vineyards vier vanjaar sy 20ste verjaardag en Rudolph sal meer vertel oor die storie agter hul talle bekroonde wyne.

Van die wynkelders wat in 2023 kom saamkuier, sluit onder meer La Vierge in Hemel-en-Aarde, Blaauwklippen, The Good Stuff Wine deur Richard Gunn en wyn handelsmerke wat deur Damn Fine Brands verteenwoordig word.

Alle geleenthede is 17:30 vir 18:00. Bespreek jou sitplek by die tafel by 083 377 1113 of https://whiskyshop.co.za/book-a-tasting/

Lees ook: Spesiale Chateau Libertas Magnum huldig Duimpie Bayly

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

1 hour Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

19 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

22 hours Gelede

My ma se appeltert

23 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.