kategorieë: Lees

Splinters, hoofstuk 15

BEELD 15 Maart 2016 – Ano Niemand het alleen gesterf. Die polisie op Stilfontein het die veelkleurige glasdeur van haar huis Vrydag oopgebreek. Haar liggaam was in ’n gevorderde stadium van ontbinding. Sy is vermoedelik reeds twee jaar gelede oorlede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Niemand se buurvrou, Gesiena Smuts, sê sy het die Polisie verskeie kere gebel omdat sy bekommerd geraak het nadat sy Niemand vir maande nie gesien het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Hulle het ’n paar keer aan die deur gaan klop, maar niemand het oopgemaak nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Smuts sê haar buurvrou was afsydig en het haarself eenkant gehou. Haar huis was bekend as die reënbooghuis van die dorp omdat sy al die ruite met verskillende kleure ondeursigtige glas vervang het.

“Sy het altyd haar tuin netjies gehou. Toe die tuin oorgroei begin raak het, het ons gedink sy is dalk siek. Ek het gaan aanklop, maar sy het nie oopgemaak nie. Toe sê my man ek moet die vrou uitlos. Sy wil alleen wees. Maar dit het my gepla dat haar ligte nie meer saans brand nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgens haar het Niemand ’n bos wilde rooi hare gehad en net kaftans gedra. Sy het alleen in die reënbooghuis in Endstraat gewoon en nooit besoekers ontvang nie.

“Gemorspos het later by die hek begin opgaar en ek het dit gereeld gaan optel en weggegooi. Sy het nie eintlik ander pos gekry nie. Net briewe van die stadsraad en twee keer ’n jaar ’n koevert. So het Bets by die Poskantoor ons vertel. ”

Die stadsraad het verskeie aanmanings oor Niemand se agterstallige erfbelasting uitgereik en haar water was reeds ’n geruime tyd afgesny.

“Dit is tragies dat sy so alleen gesterf het,” sê Stilfontein se polisiehoof, luitenant Bokkie Willemse.

“Sy het soos ’n kluisenaar geleef. Mens kon nie deur haar vensters sien nie. Saans het sy al die ligte aangesit en dan het haar huis soos ’n reënboog in Endstraat gelyk. Ek het dit altyd ironies gevind.”

Geen misdaad word vermoed nie. Niemand is waarskynlik in haar slaap oorlede. Haar mediese rekord by ’n plaaslike dokter toon sy het aan hartversaking gely.

Smuts sê bure is nie ontsteld oor dit die polisie so lank geneem het om Niemand se huis oop te breek nie.

“Al wat ons eintlik gepla het, was die oorgroeide tuin. Dit het rotte gelok. En ek het haar ligte saans gemis. Maar mens voel nou so jammer vir die arme mens. Niemand verdien om so alleen te sterf nie,” sê sy.

Die vrou het glo al vir jare nie met bure gepraat nie.

“Sy het dit so verkies en ons het haar uitgelos. My man het gesê ek moenie by die vrou se lewe betrokke raak nie want netnou is sy ’n heks of ’n ding. Sy was maar eienaardig.”

Niemand het tien jaar gelede op die aftreedorp Stilfontein ingetrek. Sy was ’n afgetrede musiekonderwyseres van Johannesburg. Ongetroud en niemand het haar ooit besoek nie.

Smuts sê Niemand het bure aan die begin hoflik gegroet.

“Maar nadat sy ’n paar jaar gelede ’n rusie met die Viljoens aan haar ander kant gehad het toe hulle hond haar kat doodgebyt het, het sy nie een van ons weer gegroet nie. Sy het een keer per maand winkel toe en poskantoor toe gegaan. Ander tye het ons haar net in haar tuin gesien.”

Smuts sê Niemand het baie van lees gehou want sy het gereeld boeke en tydskrifte deur die pos of per koerier ontvang.

“Bokse vol van die goed het elke maand hier aangekom.”

Sy sê iets wat baie eienaardig was, is dat Niemand in al die tyd wat sy in die huis gewoon het, nie een keer ’n vullissak uitgesit het nie.

“Ek weet nie wat sy met al die vullis gemaak het nie.”

Luitenant Willemse sê die polisie het nooit voorheen ’n wettige rede gehad om Niemand se huis oop te breek nie.

“Ons het wel ’n verslag opgestel toe die tuin verwaarloos geraak het en haar pos opgehoop het. Die koerier-maatskappy wat maandeliks haar boeke gebring het, het ook by ons kom aanmeld dat sy nie meer haar deur oopmaak nie.”

Hy sê daar was nie tekens by Niemand se huis dat sy in gevaar was nie. Als was stil en toegesluit.

Bure het later aangeneem Niemand het na ’n familielid of ouetehuis getrek.

Bets Viljoen van die poskantoor het die vrou se briewe in ’n laai gehou.

“Dit het nooit opgehou kom nie. Daar was geen adres agterop waarheen ek dit kon terugstuur nie en dit is teen die Poskantoor-reëls om dit oop te skeur. Na hulle haar liggaam ontdek het, het ek die koeverte oopgemaak. Sy het in Maart ’n verjaarsdagkaartjie ontvang en in Desember ’n Kersfeeskaartjie. Beide van die kunsskool in Johannesburg waar sy skoolgehou het. Haar verjaarsdagkaartjie het juis ’n week voor die ontdekking gekom. Is dit nie vreeslik nie? Ek het die mense maar laat weet die vrou is nou dood.”

Luitenant Willemse sê Niemand se huis was binne soos ’n tydkapsule.

“Ons kon nie eens in die slaapkamers ingaan nie. Dit was van vloer tot plafon vol rommel. Oral in die gang en in die sitkamer was hope ou tydskrifte, boeke en koerante opgestapel tot teen die dak.”

Hy sê een van die tydskrifte waarop Niemand ingeteken was, het uiteindelik stappe geneem wat tot die ontdekking van haar liggaam gelei het.

“Hulle kies een keer per jaar ’n gelukkige wenner uit hulle oud lesers en daardie leser wen dan ’n bos blomme en ’n inteken-koepon vir die volgende jaar. Ano Niemand was vanjaar se wenner.”

Die tydskrif het ’n koerier gestuur om die blomme aan Niemand te oorhandig omdat sy vir soveel jaar op die tydskrif ingeteken was.

Luitenant Willemse sê die koerier wou die blomme by die bure laat, maar nadat Smuts hom vertel het van Niemand se ‘verdwyning’ het hy die tydskrif gebel.

“Toe ek weer sien, kom hier ’n joernalis en fotograaf aan met ’n brief van die polisie se hoofkantoor.”

Hy sê hy was eintlik verlig toe hy uiteindelik gedwing is om die deur oop te breek.

“Die reënbooghuis in Endstraat het lankal by my gespook. Ek het gevoel iets is fout daar.”

Die joernalis en fotograaf was by toe die huis oopgebreek is.

“Hulle het rondgesnuffel en foto’s geneem. Toe hulle sien die vrou het elke enkele uitgawe van hulle tydskrif gehou sedert dit dertig jaar gelede die eerste keer verskyn het, was hulle opgewonde. Ek het nogal gedink dit is hartseer dat ou Ano juis dié tydskrif so opgegaar het. Carpe Diem, is die tydskrif se naam. Het jy geweet dit beteken gryp die dag?”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.