kategorieë: KalenderOntspanning

Stappers loop die ekstra myl vir geestesgesondheid

Hoe stap ’n mens van Pretoria tot in Kaapstad? Een treetjie op ’n slag, natuurlik!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Hoekom sal ’n mens van Pretoria na Kaapstad wil stap as daar soveel (ge)makliker en vinniger maniere is om daar uit te kom?” vra jy jouself dalk af. Crazy for Walking is ’n veldtog waar ’n groep stappers op 1 September vanuit Pretoria sal loop en op 10 Oktober in Kaapstad sal aankom – op Wêreld-Geestesgesondheidsdag. Hulle gaan stap om lig te werp op geestesongesteldhede en om ontslae te raak van die stigmas wat dit omring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om eienaarskap van die woord “mal” (“crazy”) te neem is ’n kernsentiment van dié veldtog. “Ons wil mense bewus maak van geestesongesteldheid, veral depressie en angstigheid,” sê François Louw, hoof-uitvoerende beampte van Vista-kliniek, een van die 30 psigiatriese hospitale in die Nationale Gesondheidsnetwerk (NHN) en hoofborg van dié onderneming. “Ons sal in verskeie dorpe langs die pad stop om opvoedkundige praatjies oor geestesgesondheid aan te bied. By hierdie geleenthede sal ons mense help met selfhelpmaatreëls asook inligting oor waar om hulp te kry. Ons sal ook praat oor maniere waarop mense hul geestesgesondheid kan bestuur, en dit is waaroor hul HAPPINESS HELPS-program gaan,” sê hy verder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die HAPPINESS-HELPS-program fokus op die volgende akroniem:

HHelp Others
EExercise (waarvan die stappers baie sal kry!)
LLearn
PPlay
SSpiritual Growth

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ons het bevind dat hierdie program help om spanning en angs te verminder,” sê Dr Jerrie Bezuidenhout, Direkteur van Mediese Dienste by die Vista-kliniek. “Dis prakties en kan deur enigiemand beoefen word teen minimale koste.”

Stappers sal elke dag van Maandag tot Vrydag loop. Hulle sal mekaar elke dag in skofte van omtrent 12 ure aflos en elke stapper sal vier tot ses ure per dag loop. Die stappers word geborg deur hul werksplekke en is afkomstig van oral in die land. Meeste sal in die streke waar hulle werk, stap.

“Op die oomblik is daar ’n bietjie maltrapkompetisie tussen die stapgroepe,” sê Hannetjie Buitendag, spankaptein van die Crazy for Walking-onderneming. “Mense stuur vir mekaar oefeningsberigte en foto’s op sosiale media terwyl die stappers gereed maak en fiks word vir hul lang tog.”

Nog iets om voor uit te kyk is die stappers se kleurvolle en snaakse sokkies. Dit is ’n kernelement van die bewusmakingsveldtog. Op 10 Oktober, om bewuswording te skep vir Wêreld-Geestesgesondheidsdag, moedig Crazy for Walking almal aan om hulle “malste” sokkies te dra en foto’s te neem en op sosiale media te deel as deel van Crazy Socks Day. Die uiteindelike doel hiervan is om die angel uit die woord mal (“crazy”) te haal en ander bewus te maak van geestesgesondheid.

Jy kan kyk hoe die stappery vorder (en selfs jou eie foto’s oplaai) op die volgende sosiale mediaplatforms:

facebook: @CrazyforWalking
Twitter: @CrazyforWalking #crazyforwalking #crazysocksday
Instagram: @crazyforwalking
Webblad: crazyforwalking.co.za

Vir verdere inligting, kontak:

Nicolene Cronje: Nicolene@crazyforwalking.co.za

Uitgegee deur:
Lance Rothschild: lance@opportunate.co.za
Selnommer: 082 443 1530

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.