kategorieë: Kalender

Stellenbosch at Summer Place

Johannesburg se glitterati sal binnekort weer bymekaarkom vir een van die Goudstad se voorste leefstyl-geleenthede, wanneer Stellenbosch at Summer Place op 26 Oktober na Hyde Park terugkeer. Die swierige, een-aand vertoonstuk van sommige van Suid-Afrika se beste wyne, kos en kuns, bied aan die ingeligtes die ekslusiewe geleentheid om met van die land se top wynmakers en -sjefs skouer te skuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vanjaar se geleentheid sal ekstra swier kry, wanneer Stellenbosch at Summer Place uitmuntendheid vier; die uitvloeisel van die gelyknamige streek se ryk verlede en toekoms; ’n plek waar grootsheid wat oor eeue geslyp is, hande neem met die visioenêre talente van pioniersjeug. Hierdie jong protégés wat die voorste wynmakers en sjefs van môre gaan word, sal Stellenbosch at Summer Place 2016 bywoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir diegene wat na kultuur-verryking smag, sal daar lewendige musiek-optredes wees en kunsliefhebbers sal die voorreg geniet om raar stukke van die Sanlam Kunsversameling – een van Suid-Afrika se voorste en mees uitgebreide versamelings in sy soort – te bewonder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kaartjies vir Stellenbosch at Summer Place 2016 kos R500 per persoon en sluit al die wyn, kos en vermaak vir die aand in. Bespreek vroegtydig, want die kaartjies is beperk en verkoop vinnig.

Vir meer inligting, of om jou kaartjies te bespreek, kontak Elmarie Rabe by tel: 021 886 8275, stuur ’n e-pos na events@wineroute.co.za of bespreek aanlyn by www.wineroute.co.za.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar: Hyde Park

Wanneer: 26 Oktober

Kostes: R500 pp.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.