kategorieë: Bekendes

Stephen Hawking sterf

Deur Catherine Schenck. Foto Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Stephen Hawking (8 Januarie 1942 – 14 Maart 2018) was ’n fisikus wat nie toegelaat het dat ’n diagnose van motorneuroonsiekte op die ouderdom van 22, én ’n toenemende verswakkende lyf, hom keer om belangrike idees in kontemporêre kosmologie te ontwikkel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In wetenskaplike kringe het hy naam gemaak in sy soeke na die begrip van swart gate en hoe om die heelal, en alles wat daarin gebeur, te beskryf. In 1988 het hy die boek A Brief History of Time, gemik op ’n breër leserspubliek, uitgereik en dit het hom wêreldwye aandag gegee. Dit was ’n topverkoper volgens die Sunday Times se topverkoperslys vir 237 weke aaneen: 10 miljoen kopieë is verkoop en die teks is in meer as 40 tale vertaal. Dit is egter ook gereken as “die beste boek wat niemand ooit gelees het nie,” omdat dit nie juis maklike leesstof as inhoud gehad het nie. Hawking was bewus hiervan, maar het nie omgegee nie – hy was bekend vir sy sin vir humor, ’n groot deel daarvan wat selfspottend was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy het mense se verbeeldings aangegryp met hoe hy sy lewe gelei het ten spyte van sy siekte. Sy drie kinders het vanoggend ’n persverklaring uitgereik met die woorde: “Ons is baie hartseer dat ons geliefde pa vanoggend oorlede is. Hy was ’n besonderse wetenskaplike en ’n buitengewone man wie se werk en erflating vir baie jare nog sal aanhou lewe. Sy braafheid en volharding saam met sy briljantheid en humor het mense regoor die wêreld geïnspireer.”

Robert, Lucy, en Timothy (sy drie kinders) het verder gesê: “Hy het een keer gesê: “Hierdie sou nie veel van ’n heelal gewees het as dit nie die tuiste was van die mense vir wie jy lief is nie.” Ons sal hom vir ewig mis.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.