kategorieë: Ons menseBekendes

Wie is Anchen du Plessis?

Deur Catherine Schenck. Foto’s deur Jay Loots en Wihan Elmann

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy vertolk die hoofrol van Gideonette de la Rey in Meerkat Maantuig.

Gideonette is ’n baie bang meisie. Sy is bang om nuwe goed te probeer, want sy is bang sy sal doodgaan. Sy leef haar hele lewe met vrees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het jy voorberei om Gideonette te speel? Hoe verskil julle en hoe is julle eenders?

Ek het nie regtig voorberei vir die rol nie. Dit was vir my verbasend maklik om met Gideonette ’n connection te maak. Ek en Gideonette is altwee bang daarvoor om nuwe goed te probeer, maar net vir ander redes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is dit lekker om ’n hoofrol in ’n fliek te speel?

Ek is baie dankbaar vir die geleentheid. Dit was ’n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie. Dit was my heel eerste hoofrol, maar my tweede film. Ek het so baie geleer by almal op stel.

Die fliek is gebaseer op Riana Scheepers se boek Blinde Sambok. Het jy die boek gelees, en het dit jou benadering tot die fliek beïnvloed?

Ja, ek het die boek gelees. Dit het my baie gehelp om ’n agtergrond vir Gideonette te skep. Die teks en die boek verskil nogals baie, maar ek is bly ek het die boek gelees.

Jy werk in die fliek saam met gerespekteerde akteurs, regisseurs, en skrywers soos Pierre van Pletzen, Rika Sennett, Themba Ntuli en Hanneke Schutte. Hoe was dit om saam met hulle te werk, en wat het jy by hulle geleer?

Ek is dankbaar vir die geleentheid om saam hulle almal te kon werk. Ek het so ongelooflik baie by hulle geleer en hulle het my baie gehelp en ondersteun.

Was daar iets snaaks wat agter die skerms gebeur het?

Ek kan nie iets spesifiek uitwys wat die snaaksste was nie. Ons het heeltyd gelag en grappies gemaak. Almal op stel het soos familie geword.

Wat is die lekkerste ding wat jy op stel gedoen het?

Net om op stel te kon wees was lekker!

Kyk hier na die lokprent van Meerkat Maantuig wat op 16 Maart 2018 landwyd in fliekteaters begin draai:

Lees ook: Meerkat Maantuig is gewild oorsee

Jy speel ook die rol van die jong Killer in Vaselinetjie. Hoe was die ervaring?

Vaselinetjie was my heel eerste film. Ek het baie geleer en dit baie geniet om saam met almal op stel te kon wees. Ek het baie maklik met Killer geïdentifiseer. As ek in die oggende haar klere aangetrek het, was ek vir die res van die dag “Killer.”

Hoe het jy dit reggekry om jou skoolwerk met jou rolprentwerk te balanseer?

Ek het vyf weke se skool gemis. Ek moes in die vakansie my eksamens inhaal. Die skool was gelukkig baie tegemoedkomend.

Wat sê jou onderwysers, maats en ander kinders by die skool oor die feit dat jy in flieks speel?

Hulle almal is baie opgewonde vir my. Veral my naaste vriende en familie.

Jy kan kitaar speel en sing. Waar kom jou liefde vir musiek vandaan, en hoekom het jy kitaar gekies?

Ek speel nie meer kitaar nie, maar ek het. Ek het dit baie geniet om te sing en kitaar te speel. Ek het tot einde graad 7 sanglesse gekry by Jeanette van die groep Heuning.

Wat doen jy wanneer jy nie drama doen of skoolgaan nie?

Ek geniet dit om perd te ry en ek is lief daarvoor om buite te wees. Ek hou daarvan om tyd saam met vriende te spandeer.

Wat wil jy nog alles bereik?

Ek sal graag in nog films wil speel en ek sal graag in die toekoms my eie draaiboek wil skryf.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie.

Ek is bang vir die donker.

Wat is jou gunstelingkos?

Lasagne.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.