kategorieë: Ons menseBekendes

Totsiens, Hubert de Givenchy

Deur Catherine Schenck. Hooffoto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die man wat verantwoordelik was vir van die mees ikoniese silhoeëtte in die jare vyftig en sestig is op Saterdag 10 Maart in sy slaap in sy château, Le Jonchet, buite Parys, Frankryk oorlede. Die 91-jarige Hubert en sy lewensmaat, Philippe Venet (ook ’n modeontwerper), het daar gewoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Graaf Hubert James Marcel Taffin de Givenchy is op 21 Februarie 1927 as lid van ’n kunssinnige,  aristokratiese familie gebore. Hoewel hy oorweeg het om van die regte ’n loopbaan te maak, het hy uiteindelik besluit om eerder die modewêreld te betree. Hy het oorspronklik vir Jacques Fath gewerk en daarna by Robert Piguet, Lucien Lelong en Elsa Schiaparelli. Op 24-jarige ouderdom het hy sy eie modehuis, Givenchy, gestig. Sy nuwe en verfrissende ontwerpe was gou gewild.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Wonder jy hoe om “Givenchy” en ander ontwerpersname uit te spreek? Ons wys jou hoe.

Sy styl was al redelik bekend in Parys (hy het van Dior se swaarder New Look wegbeweeg) maar het wêreldwyd aandag getrek nadat hy saam met die toe nog betreklik onbekende Audrey Hepburn begin werk het. Hepburn moes vir haar rol in Sabrina soos ’n Paryse vrou aantrek en sy het kostuumsake in haar eie hande geneem: sy wou eers saam met Cristóbal Balenciaga werk, maar hy was te besig om te help en sy het haar na Givenchy gewend. Dié ontwerper, wat self druk besig was met ’n nuwe reeks, dog toe dat ’n ander bekende Hepburn, genaamd Katharine, saam met hom wou werk. Hy was doodverbaas toe Audrey met haar kort hare en dun lyfie by sy ateljee instap.

Gelukkig het hulle dadelik oor die weg gekom en so het Givenchy vir Hepburn voor en agter die skerms begin aantrek. Van haar bekende flieks met Givenchy- ontwerpe sluit in Breakfast at Tiffany’s, Funny Face, en Charade. Givenchy het selfs ’n parfuum ontwikkel (genaamd l’Interdit) met Audrey Hepburn as muse. Nadat sy dit ‘n paar jaar lank eksklusief gedra het, het hulle dit vir die publiek beskikbaar gestel en sy was natuurlik die gesig vir bemarkingsveldtogte. Hul vriend- en vennootskap het tot die einde van Hepburn se lewe geduur.

Lees ook: Breakfast at Tiffany’s is nou ’n werklikheid

Ander bekende kliënte was vroue soos Jacqueline Kennedy, wat hy tydens haar presidentsvroujare “aangetrek” het. Saam het hulle gesorg dat pildooshoedjies, katjiehakke en ’n reguit silhoeët gewild geword het. Prinses Grace van Monaco, Elizabeth Taylor, Ingrid Bergman, Wallis Simpson, Lauren Bacall, Maria Callas, Diana Vreeland is van sy ander bekende kliënte.

Hy was die koning van swart nommertjies, kon eenvoud en weelde hand aan hand laat loop, en sy lyne het “sjiek” ten volle uitgebeeld.

Maar die Givenchy-huis se ontwerpe is lank nog nie uit die mode nie: by vanjaar se Oscars is akteurs soos Chadwick Boseman en Gal Gadot in Givenchy-skeppings gesien.

Givenchy het in 1995 afgetree en is in die Givenchy-huis opgevolg deur John Galliano, Alexander McQueen, Julien McDonald en Riccardo Tisci. Clare Waight Keller is tans aan die stuur nadat sy by die modehuis Chloé weg is.

Ná sy aftrede het Hubert de Givenchy in sy château gewoon, en het hy sy aandag gevestig op 17de en 18de-eeuse brons- en marmerbeeldhouwerke waar hy gereeld vir groot kunsveilingshuise as konsultant opgetree het.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.