kategorieë: Lees

Stervanger, episode 17

Buddy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

JESSIE het in die nag baie sieker geword. Gerald bel Janus vroeg met die nuus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Amo, vandag gaan dalk vir jou ’n baie moeilike dag wees by die hospitaal.Verstaan jy wat ek bedoel? Jessie is baie siek, maar sy vra heeltyd vir Annie wanneer jy kom. Jy is mos ’n dapper laaitie? Ek sal heeltyd in die kafeteria wees as jy my nodig kry.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Hol gevoel kom lê op die krop van Amo se maag. Dis nie regverdig nie, wil hy skreeu.

“Die week is dan nog nie eens om nie?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek weet, Amo. Kom ons kyk maar hoe dinge vandag verloop.”

Amo wens Mamoeks was naby. Dit sou nou baie lekker gewees het om een van Mamoeks se lekker drukkies te kry. Maar hy is bly Janus is darem hier.

By die hospitaal sit Gerald in die kafeteria. Hy lyk moeg.

“Dankie dat jy bereid is om by Jessie te kom sit, Amo. Jy is baie dapper. Jessie het vandag ’n Buddy nodig.”

Gerald neem hom op na die onkologiesaal. Jessie is deurmekaar en sukkel om asem te haal. Die een oomblik dink sy nog hulle stap langs die rivier, dan dink sy weer sy is terug by haar skool in die Kaap.

Annie sit langs Amo. Sy vou haar arm om sy skouers. Die dokter kom loer in en gaan gesels met Annie en Gerald in die wagkamertjie.

Amo sit en kyk na Jessie se hartklop en asemhaling op die monitors. Jessie kry swaar.

Skielik maak sy haar oë oop.

“Haai, Buddy.”

Hy het nog nooit ’n meisiekind se hand vasgehou nie, maar Jessie se hand voel nie soos hy dink ’n meisiekind se hand sal voel nie.

“Amo? Sien jy die sterre?”

Amo kyk deur die venster hoe die son buite skyn.

“Ja, ek sien dit,” antwoord hy en knip die branderigheid uit sy oë weg.

“Wys my weer die Suiderkruis.”

Amo vertel haar van die vier sterre. “As mens hulle met ’n lyn met mekaar verbind, vorm dit ’n kruis.”

“Dis mos waar jou pa bly?”

“Ja.”

“Sal jou pa omgee as ek ook ’n tentjie daar opslaan?”

“Seker nie.”

“Amo? Jy weet ek gaan weg, né?”

“Ek weet.”

“Dankie dat jy my Buddy is.”

Jessie raak al meer deurmekaar. Amo hoor Annie en Gerald praat van ’n koma.

“Jy kan haar nou maar groet as jy wil, Amo. Ons sal laat weet as sy weer wakker word,” sê Gerald en Amo kan hoor sy stem is dik van die hartseer. Hy weet Jessie gaan nie weer wakker word nie.

Amo vou Jessie se hand oop en sit sy handpalm teen hare. Dan vou hy sy vingers tussen hare in en druk dit eers teen sy bors en dan teen hare.

“Cheers Buddy,” sê hy.

Hy weet hy gaan Jessie nie weer sien nie.

Janus sit in die kafeteria met ’n sjokolade-milkshake. Hy kyk op as Amo aangestap kom. Amo kan sien Janus weet. Hy gee nie om om voor Janus te huil nie.

“Sal ons ry?” vra Janus na ’n ruk. Amo knik.

Janus ry na Naval Hill. Dis ’n warm dag in Bloemfontein.

Daar is net een vlieswolkie in die lug.

XXX

Brandwag se kinders se skoene blink in die Vrystaatse oggendson. Hulle staan in lang rye erewag voor die kerk. Die koor en die graad sewe’s sit op die galery. Amo, Mamoeks en Janus sit onder in die kerk. Dit voel vir Amo of sy keel toetrek, presies soos die dag van sy pa se roudiens. Hy wil opspring en weghardloop.

Na die diens kan hy niks van Dominee De Villiers se preek onthou nie. Hy kan nie onthou of die koor gesing het en of die meisiekinders gehuil het nie. Jessie sal later veras word. Nes sy pa. Hy is dankbaar hy is die hele ding by die begraafplaas gespaar.

By die huis gee Mamoeks vir hom soet tee. Mamoeks glo aan die helende waarde van soet tee. Hy drink dit in stilte en gaan lê op sy bed. Hy raak by tye aan die slaap, maar lê die hele middag en nag so onrustig op die bed. Tot hy genadiglik aan die slaap raak.

Hy is verward as hy uiteindelik wakker word. Is hy laat vir skool? Na ’n rukkie onthou hy dis Saterdag. Die dag na Jessie se roudiens. Hy wens hy kan weer aan die slaap raak en eers oor ’n jaar weer wakker word.

Jama blaf onder op die grasperk. Hy jaag duiwe rond. Annie het gevra of hy Jama wil hou. Sy het gesê sy het klaar met Mamoeks gepraat, maar dat dit nie saak maak as hy nie die hond wil hê nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.