kategorieë: LeesOntspanning

Stervanger, episode 19

Held

DIE volgende oggend by die skool preek Snorre tydens opening oor onverantwoordelikheid en hoe hulle God moet dank vir die wonderwerk dat hulle maats gespaar is. Hy laat al die seuns agter bly en preek verder vir hulle oor die gevare van rook.
“Vir wat raas hy met ons almal?” mor Ulrich. “Dis mos net Kurt-hulle wat rook?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Amo raak moeg van al die nuuskierige vrae. Die kinders vertel soos gewoonlik die vreeslikste stories asof dit die waarheid is. Party sê Kurt-hulle veg om hulle lewens en dat hulle die afskuwelikste brandwonde opgedoen het. Sanet en die ander meisiekinders is skoon tranerig oor die tragedie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die wiskundeklas gee Sanet Amo onverwags ‘n drukkie. “Dis oor jy so dapper was,” sê sy en die ander kinders giggel daaroor. Amo bloos bloedrooi. In party periodes preek die onnies verder waar Snorre opgehou het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
XXX

KURT-hulle kom eers weer die Maandag skool toe. Hulle is bot en mislik in die bus met die kinders wat hulle uitvra. Hulle lyk te aardig want al hulle hare en ooghare is afgeskroei. Niemand waag dit om voor hulle daaroor te lag nie.

By die skool roep Snorre hulle dadelik na sy kantoor. Hulle kom eers weer na die tweede periode terug klasse toe. Hulle lyk befoeterd en bly die hele dag bot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Snorre en die brandweerhoof het hulle glo vreeslik uitgetrap. Hulle ouers was ook by die skool.

Die aand vertel Janus hy het gehoor die seuns moet vir ‘n maand elke Saterdag die brandweerstasie se vloere gaan skrop. Hulle ouers meen dit sal hulle ‘n les leer.

“Sal Kurt se pa hom nie weer slaan nie?” wil Amo weet.

“Ek glo nie. Johnny Bravo sê Snorre en Juffrou Alta het spesiaal met Kurt se ma en pa gepraat. Klink my dit gaan nou beter by hulle huis,” sê Janus.

Jama se pote het ‘n paar brandplekke opgedoen. Die veearts het dit verbind en hy dra nou ‘n kegel om sy nek sodat hy nie die verbande kan afbyt nie. Mamoeks moet die brandplekke gereeld behandel. Maar Jama geniet al die aandag. Mamoeks voer hom stukkies biltong en Janus het vir hom ‘n paar koeihoewe by die veearts gekoop om aan te kou.

Jama is die held van die dorp en die verslaggewer van die plaaslike koerant het hom kom afneem. Amo het geweier om op die foto te wees. Hy skaam hom dood as almal hom in die koerant sien, het hy vir Mamoeks gesê.

“Hulle gaan ‘n mooi storie skryf oor hoe Jama Kurt-hulle uit die brandende rietbos gered het. Dalk gaan die Ventersdrif Gazette die storie ook vir die groter koerante soos Volksblad en Beeld stuur. Dan, ou Jama, is jy ‘n volksheld.”

Mamoeks het baie lief geword vir Jama vandat hy by hulle bly. Sy het aan die begin gesê hy moet buite in ‘n hok slaap, maar binne ‘n week het sy hom in die huis laat slaap. Sy het vir hom ‘n kombers en kussing in die sitkamer oopgegooi, maar een aand het Janus Amo stilletjies in sy kamer kom roep. “Kom kyk wat gaan hier onder in die sitkamer aan,” het hy gesê. Hulle het die trappe afgesluip. Jama het by Mamoeks op die sitkamerbank gelê. Sy kop gelukkig en snorkend op haar skoot.

“Jou ma is meer blaf as byt,” het Janus gelag. Amo het sy selfoon gaan haal en sy ma stilletjies afgeneem sodat hy haar later daaroor kon spot.

Na die brand draai Amo elke aand sy teleskoop na die Suiderkruis om Jessie te vertel hoe dapper haar hond was.

“Ek wens jy kon hom sien, Buddy. Hy was nie een keer bang nie.”

Kurt-hulle is na die brand uiters mislik met Amo. Asof hy op hulle geklik het.

“Wat dink hulle sou gebeur het as jy nie hulp gekry het nie?” Vra Jeandré. “Hulle is maar lekker stupid.”

“Hulle is seker kwaad oor hulle so hard moet werk by die brandweer. Die brandweermanne gee hulle glo baie gas, sê my pa. Hulle skrop vloere en vryf die brandweerwa blink,” vertel Ulrich. Sy pa is ‘n dokter by die hospitaal en sê die seuns weet net nie hoe gelukkig is hulle nie.

Juffrou Alta herinner die kinders ook gereeld daaraan hoe dankbaar hulle moet wees hulle maats se lewens is gespaar.

“Die meeste kinders is net dankbaar die spul boelies is in hulle bekke geruk. Hulle sal ons almal ‘n ruk uitlos.”

Amo en Ulrich stem met Jeandré saam. Dié keer is Kurt-hulle goed vasgevat en elke kind in Brandwag wat al onder hulle deurgeloop het, is oor dié wonderwerk dankbaar.

Jama se foto verskyn in die Volksblad en in Beeld en glo ook in die Burger.

“Dapper labrador red seuns,” besing die onderskrifte Jama se heldedaad. Die Dierebeskermingsvereniging op Ventersdrif kom oorhandig ‘n spesiale sertifikaat aan Jama. Nogal met opening by die skool. Amo skaam hom dood omdat hy saam met Jama op die verhoog moet staan om die sertifikaat te ontvang. Baie kinders wil foto’s van Jama neem met hulle selfone. Sanet vra of Amo saam met haar en Jama sal poseer vir ‘n foto. Esmé neem die foto en die kinders giggel as Sanet haar hand om Amo se lyf sit. Amo weet hy gaan so rooi soos ‘n beet op die foto lyk.

Toe Kurt Amo die eerste keer na weke weer in die bus skouer, weet Amo alles is weer terug na normaal. Die laaste rukkie van graad sewe gaan hulle almal weer onder Kurt deurloop.

“Volgende jaar in hoërskool gaan die groot ouens hulle lekker opdons. Julle sal sien.” Amo en Ulrich hoop maar Jeandré is reg. Maar vir eers sal hulle moet ligloop.

Die juffrouens en meisiekinders is vreeslik opgewonde oor die graad sewe afskeid. Die meisiekinders praat net heeldag oor hulle rokke en dit irriteer die seuns.

“Ek hoor Ou Wessels sê vir Juffrou Alta ons sal seuns en meisies langs mekaar by die tafels ingedeel word,” deel Jeandré die skokkende nuus mee.

“Ek voel nou al ek gaan daardie dag ‘n asma-aanval kry, dan hoef ek nie te kom nie,” dreig Ulrich. “Ek lag hulle sit Sanet langs jou, Amo. Sy laaik jou baie.” Amo gee Ulrich ‘n harde vuishou op die skouer. “Moenie spot nie. Ek hoop hulle sit jou langs Linette. Hoekom dink jy vra sy jou altyd om haar met wiskunde te help?”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.