kategorieë: ReisOntspanning

Stukkies van Kenya

Die diere

Op pad na ons kamp het ons onder ’n boom gestop. Daar was baie ander safarimotors. Ons sien eers ’n bok se lyk hoog in die boom voordat ons besef dat ’n gespikkelde luiperd ook in die boom lê. Hy het vir ’n paar dae aan sy bok geëet, en toe ons die volgende aand verby ry, lê die luiperd tevrede op die gras, met sy pens in die lug vir almal om te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op ons groot soektog na die migrasie in die Masai Mara het ons baie roofdiere langs die rivier gesien, ’n groot krokodil inkluis. Twee leeumannetjies het geslaap, met pense so dik dit was duidelik dat hulle onlangs geëet het. Een van die voertuie wat ook vir die leeus kom kyk het, het weggery, en toe so 200m weg gaan staan. Die drywer het uitgeklim om iets in sy kattebak te kry, toe lig een leeu dadelik sy kop op! Die reuk het hom uit sy sluimer geruk, en hy het begin gaap soos wat hy regmaak om van nader te gaan snuffel. Gelukkig het die man vinnig tot sy sinne gekom en terug in sy motor geklim voordat ons ’n aanval moes beleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het die topi-bok bekyk, hy is bekend daarvoor dat hy lyk asof hy ’n denimbroek en geel kouse aanhet, danksy die interessante vlekke wat hy op sy lyf het. Hulle is ook lief daarvoor om hoër as ander te wees en staan gereeld op ’n miershoop en hou die omgewing dop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die pret

Op ons eerste dag was ons na Savage Wilderness vir ’n bietjie waterpret. Ons het vir ’n paar uur by die tana-rivier in bootjies afgegaan, maar wees gewaarsku dat die white water rafting nie rustig is nie. Ons het walhelms en reddingsbaadjies aangehad, dus kon ons oor watervalletjies and rotse gaan. Daar was ’n ruk waar ons kon asem skep en die omgewing bewonder, en lag oor wie in die bootjie kon bly en wie uitgeval het.

Daar is omtrent nie ’n enkele dier wat jy nie in Kenya sal sien nie, en wildritte is ’n groot toeriste-aantreklikheid. Ons was goed opgepas deur DK Grand Safaris, met vriendelike drywers en dakkies wat oopmaak om die natuur te bewonder.

’n Warmlugballonrit is ’n wonderlike ervaring, en een oor die landskap van die Masai Mara nog meer so! Ons het douvoordag opgestaan en gedink ons gaan op nog ’n wildrit, maar toe verras hulle ons met ’n Governor’s Balloon Safari. Die sonsopkoms was asemrowend, en die diere meer besonders van bo af. Die rit eindig met ’n fees in die veld, met ’n pannekoekstasie en aartappelkoekies waarna ek nog steeds verlang.

Die mense

Motorfietse is baie gewild in Kenya, maar dit is goedkoper as dié wat ons ken. Hulle is baie bekostigbaar en rits die hele plek rond. Hulle is wel nie baie veilig nie, omdat dit gereeld hoog gepak word en meer as twee passasiers ry op een fiets. Die meeste mense wat ek op een fiets gesien het, was vyf!

Daar is baie hotelle wat op die ewenaar staan, en by die meeste bied hulle ’n seremonie vir ewenaar-kruising aan. Ons het by Mount Kenya Safari Club ’n sertifikaat gekry, en by die rooitapyt af gedans om ons kruising te vier. Hulle het ook aan elke kant van die ewenaar ’n groot bak met ’n gaatjie aan die onderkant gehad, water word daarin gegooi en dan word dit onder uitgetap om ’n sirkel te skep. Dit was vreeslik interessant om te sien dat water onder die ewenaar na links draai en bo die ewenaar draai dit na regs.

Die plekke

Elke hotel het sy eie sjarme gehad. In die berge was ons by Serena Mountain Lodge op die voet van Berg Kenya in ’n knus hout met vuurmaakplekke, warmwatersakke, en outydse sjarme.

In die bos was ons in luukse tente op houtfondasies by Karen Blixen Camp met die rivier wat langs ons vloei. Ek het gesorg dat ek een aand die buitestort gebruik om te sê dat ek onder die maan in Kenya gestort het!

Swahili Beach Resort is ’n groot paradys. Die kamers is baie ruim, wat help met die humiditeit. Die stort, bad en vloer is alles van dieselfde boumateriale, en die vloer loop in die bad. Dit is baie gewild vir families en wittebroodpaartjies, en vir goeie rede. Oral buite om die swembaddens is daar beddens onder grasdakkies met gordyne wat kan toetrek. Privaatheid langs die swembad as jy nie wil hê mense moet sien dat jy ’n uiltjie knip nie.

Loer na meer foto’s en ’n video onder.

Baie dankie aan ons gashere en die Kenya Tourism Board. Besoek hulle by Magicalkenya en op facebook by MagicalKenya

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.