kategorieë: HareSkoonheid

Style vir krulhare wat jy nou moet dra

Style vir krulhare wat jy nou moet dra deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Wella

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Krulle is in. Kyk net al die mooi style! Beklemtoon gerus jou krulle en pak jou haaryster weg. Die geheim is ‘n goeie stilis wat jou, jou krulle en leefstyl verstaan. Lea, Rolanda en hul stiliste gee raad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die krullerige hofknapiestyl (pageboy)

“Dié klassieke snit het ‘n groot terugkeer gemaak,” sê stilis Claudia Crooks van The Fox & Vixen, Kaapstad.

“Die pageboy word tradisioneel reguit gedra, maar die snit werk goed saam met krulle omdat die lyne van die snit meer gewig aan jou haarpunte gee, en dit help ook dat die krulle minder kroes en jou hare ook mooier hang,” sê Wessel van Vat dit kop toe in Durbanville, Kaapstad. “Maar die snit pas nie by alle gesigvorms nie en werk die beste saam met ovaal- of diamantvormige gesigte. Die kuif kan ‘n ronde gesig baie rond laat lyk,” sê Wessel.

Rolanda Marais

Style vir krulhare wat jy nou moet dra

Dit is min dat ‘n mens Rolanda met reguit hare sien. Toe haar stilis, Wessel van Vat dit kop toe, haar hare in die pageboy-styl gesny het, het hulle dit reguit gemaak en kyk net hoe mooi werk dit.

Gelukkig werk dit ewe goed met krulle, want “Rolanda hou van maklike hare”, vertel Wessel.

Rolanda bieg: “Ek maak nie sommer my hare self reguit nie, dit is net reguit as ek by die salon was, of dalk voor ‘n spesiale geleentheid.”

Hoekom werk die snit so goed by Rolanda?

Wessel: “Die pageboy raam haar gesig baie mooi. Rolanda is ‘n vintage girl, so ‘n vintage-styl pas haar baie goed. Dit is effens eksentriek, kunssinnig en dramaties en beklemtoon haar mooi wangbene.”

Lea Vivier

Style vir krulhare wat jy nou moet dra

Krulkop Lea het besluit om 2020 met ‘n nuwe styl te begin.

Well, you only live once! So toe sny ek vir my ‘n kuif op my verjaarsdag terwyl ek en my sussie Trix vonkelwyn in die salon sit en drink,” vertel Lea.

Die styl (kuif ingesluit) is “só maklik! Wash and go. Letterlik. Belowe. Maar dis miskien net omdat ek ‘n wash and go tipe meisie is,” sê Lea.

“Die klassieke hofknapiesnit het ‘n groot terugkeer gemaak,” sê Lea se haarstilis Claudia Crooks van The Fox & Vixen in Kaapstad. Tradisioneel is dit ‘n presiese, reguit snit, maar dit werk ewe lekker vir krulhare.”

Moet jy ’n kuif dra by die styl?

“’n Kuif is opsioneel, maar ‘n krullerige kuif lyk mooi. Jy kan ook jou kuif reguit dra en die res van die hare krullerig. As jy nie lus is daarvoor nie, kam die kuif kant toe, of steek dit met ‘n mooi knippie vas,” sê Claudia. Jy kan ook ‘n kantkuif saam met krullerige haarstyle dra.

Die reguit bob

Kyk net model Damaris Goddrie se mooi bob. ‘n Bob wat lyk of die hare een lengte is, is nou modenuus.

Met krulhare hoef jou hare natuurlik nie een lengte te wees nie, maar die meeste hare kan lyk of dit ewe lank is.

Die lengte van die bob hang van jou gesigvorm af. Het jy ‘n hartvormige gesig, werk ‘n langer bob beter.

‘n Ken-lengte bob pas goed by ‘n langer gesig.

As jou gesig rond is, kies ‘n effens langer bob (maar steeds van jou skouers gelig).

Lob

Julia Roberts

Kyk net hoe mooi lyk Julia Roberts se golwende krulle in ‘n lob (lang bob).

Dit kan jou jare jonger laat lyk as jy jou hare effens korter op jou skouers sny! Dit raam jou gesig sagkens, en dit is ook ‘n goeie snit om dunner hare (ja, dit gebeur ongelukkig namate ons ouer word) voller te laat lyk.

Probeer om nie te veel lae in jou lob te knip nie, maar vra dat jou haarstilis vryhand knip om tekstuur te gee.

Die stukke goudblonde kleur helder ook haar gesig op. Onthou net: ligte kleur en bleikmiddel is geneig om krulle droër te maak, so maak seker jy gebruik een keer per week ‘n haarmasker wat bevogtig, en kies produkte sonder alkohol, want dit sal jou hare nog meer uitdroog.

Haarstilis Serge Normant het die oulike boomerang gedeel.

Hier is Julia by Serge. Dis mos hoe jou verhouding met jou haarkapper moet wees! Veral as jy krulle het!

Effens ligter laat krulle mooi gedefinieer lyk en ‘n skouerlengte bob is ‘n goeie keuse, want jou krulle sal nie te swaar hang en hul vorm verloor nie. Subtiele lae help ook hiermee.

Mooi kleur vir jou krulle

Style vir krulhare wat jy nou moet dra

Net soos dit in is om jou krulle (en persoonlikheid) te wys, is meer individualistiese kleur ook in. Wella Professionals beskryf hul Insta-Vintage-kleurversameling as byna soos ‘n Instagram-filter vir jou hare, wat steeds jou natuurlike kleur laat deurskyn.  Rooikoppe se kleur word natuurliker, blonde skakerings word sagter en rokeriger, en donkerkoppe kan kies uit skakerings van ou hout of sagte amber.

Rooi krulle

Die pragtige Britse rooikop-supermodel en musikant Karen Elson skroom nie om te sê dat sy haar fyn krulle, wat geneig is om donserig en kroes te wees, verpes nie. Dis moeilik om te glo as jy na haar hare kyk. Jare se hittestilering en pluiskam vir fotosessies het dit glo erger gemaak. Sy glo aan Virgin Coconut Oil en behandel haar hare daarmee.

Sorg so vir jou krulle

“Die geheim vir mooi krulle is vog,” sê haarstilis Claudia Crooks. Droogheid kan meer kroes veroorsaak.

Haar raad is:

    • Moenie jou hare elke dag was nie, wag eerder ‘n dag of twee en gebruik altyd ‘n goeie opknapper.
    • Druk jou hare saggies met ‘n handdoek droog nadat jy dit gewas het en gebruik ‘n wyetandkam om kroes te vermy.
    • Wend serum, arganolie of krulroom aan jou hare nadat jy dit met die handdoek drooggedruk het.
    • Kry ‘n produk wat vir jóú krulle werk; sommige mense verkies krulroom en ander serums.
    • Draai daardie krulle wat nie wil saamwerk nie om jou vinger om dit te definieer. (Gaan met jou natuurlike golwe eerder as daarteen.)
    • Los jou hare om natuurlik droog te word, of gebruik ‘n diffuser wat die vorm sal behou sonder om die krulle te laat platval.

Lees ook: Chanelle de Jager se beste raad vir krul hare

Defineer jou krulle

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.