kategorieë: Ons menseBekendes

Suid-Afrika se mooiste vrou: hier is die finaliste

Ontmoet die Mej. Suid-Afrika finaliste – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Top 16-finaliste kom uit vier van die land se provinsies en sluit ’n wye verskeidenheid kulture en persoonlikhede in. En loopbaangewys is hulle ewe uiteenlopend – daar is van ʼn eerstejaarstudent tot ’n sielkunde-gegradueerde en selfs ’n parlementêre beampte en navorser onder dié indrukwekkende groep vroue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tien finaliste kom uit Gauteng, en Pretoria is die stad wat die meeste finaliste opgelewer het. Loren Leigh Jenneker, Kgothatso Dithebe, Keabetswe Kanyane en Beulah Baduza kom almal van Pretoria af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis ook die eerste keer in drie jaar wat daar nie ’n mediese student onder die Top 16-finaliste is nie. Drie mediese dokters het die afgelope paar jaar die kroon as die mooiste vrou in die land gedra: Tamaryn Green (2018), Adé van Heerden (2017) en Rolene Strauss (2014), wat ook Mej. Wêreld was, is almal dokters.

Die 61ste jaarlikse Mej. Suid-Afrika-kroningsplegtigheid vind vanjaar op Vrouedag (9 Augustus 2019) plaas. Die wenner sal gekroon word deur haar voorganger, die beeldskone Tamaryn Green.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Tamaryn Green: Slim en sjarmant

Vanjaar se skouspel vind plaas by Sun International se Sun Arena in Times Square, Pretoria, en sal regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai word.

Byna R3 miljoen se prysgeld en borgskappe is op die spel, en die wenner sal met R1 miljoen kontant sowel as ’n motor, die jaarlange gebruik van ’n luukse woonstel en nog wonderlike pryse wegstap. Die eerste prinses sal R250 000 kontant ontvang en elkeen van die Top 16-finaliste R25 000.

Mej. Suid-Afrika word aangebied deur Weil Entertainment in samewerking met Sun International en die LFP-groep, en kaartjies is te koop by Computicket.

Vanjaar se beoordelaars is:

Die aktrise en motiveringspreker, Leandie du Randt.

Die radioaanbieder en 2015 Mej. Suid-Afrika, Liesl Laurie.

Die voormalige model en rolverdelingsregisseur, Andiswa Manxiwa.

Mej. Suid-Afrika van 2010, Bokang Montjane-Tshabalala.

Die redakteur van Women’s Health, Danielle Weakley.

Ontmoet julle Top 16-finaliste:

Beulah Baduza

23
Hatfield, Pretoria

Beulah het ’n B.A.-graad in die regte en studeer tans vir haar L.L.B.

Sy lys haar ses rolmodelle as haar ma, Naomi Campbell, Michelle Obama, Beyonce, Winnie Mandela en Serena Williams. Sy geniet dit om te oefen, verskillende restaurante saam met haar vriende te verken, te sing, te reis, fiets te ry, Netflix te kyk en te lees. Sy is lief vir ’n goeie hoender-tikka pastaslaai en verklap dat klassieke musiek haar help om te konsentreer en te  ontspan.

Chuma Matsaluka

21
Nyanga, Weskaap

Chuma is tans ’n B.A.-student in haar derdejaar aan die Universiteit van Kaapstad. Haar hoofvakke is antropologie, bedryfsielkunde en politieke studie.

Sy het ’n jonger broer en vyf halfbroers en -susters en geniet stap, koffie-afsprake, lees en tyd saam met familie en vriende. Sy sal graag die sanger Letta Mbulu, wat sy as “een van Suid-Afrika se juwele” beskou, wil ontmoet. Haar gunsteling TV-programme is op die Crime & Investigation-kanaal en sy geniet dit graag met haar skuldige plesiertjie: Coke en roomys.

Danielle Wallace

26
Kaapstad

Danielle kom oorspronklik van Umhlanga in Durban, maar het vandeesmaand na Kaapstad verhuis. Sy het ’n B.A.-graad in sosiale wetenskappe en is voltyds ’n model.

Haar rolmodelle is gewone, alledaagse mense wat haar inspireer deur hul dade en stories. Sy geniet hardloop, stap en die buitelug, maar erken dat sy niks meer geniet as om heeldag in haar pajamas te wees en Netflix te kyk nie. Danielle beskryf haarself as dapper, liefdevol en kreatief en het ’n geheime crush op Jonathan Boynton-Lee.

Eloïse van der Westhuizen

24
Panorama, Kaapstad

Eloïse het ’n honneursgraad in logistiek en werk tans as ’n voorraadbeplanner. Sy het albei grade Cum Laude voltooi, ’n prestasie waarvoor sy met die Rektorstoekenning vir Akademiese Uitnemendheid van die Universiteit van Stellenbosch bekroon is.

Een van Eloïse se rolmodelle is die voormalige Mej. Suid-Afrika, Tamaryn Green, wie se Break the Stigma-veldtog oor TB-bewustheid haar gehelp het om self oor haar ervaring met dié siekte te praat om ander te bemagtig. Sy is ’n groot aanhanger van MasterChef Australia, Game of Thrones en Survivor SA.

Errin Brits

22
Randpark Ridge, Johannesburg

Errin het ’n B.A.-graad in die regte (Cum Laude) en is in die eerste jaar van haar L.L.B.-graad.

Errin sê haar pa is haar daaglikse inspirasie omdat hy sy studies en drome moes prysgee om meer te werk om vir sy gesin te voorsien. Sy voel skoonheidskompetisies is steeds vandag nog relevant omdat die Mej. SA-titel ’n vrou die geleentheid bied om vir een jaar die mees bemagtigende werk in die land te kan hê. Buiten haar ma, is haar vroulike rolmodel die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela. Wanneer sy oefen luister sy na hip-hop, maar as sy ontspan, geniet sy die musiek van gewilde sangers soos Ed Sheeran, Sam Smith, Hozier en Steve Aoki.

Keabetswe Kanyane

25
Pretoria

Kaebetswe werk as ’n projek-koördineerder en het ’n B.Com-graad. Sy is tans besig met haar honneursgraad in logistieke bestuur aan die Universiteit van Johannesburg.

Keabetswe se vroulike rolmodel is Sheryl Sandberg, die COO van Facebook.

Sy hou daarvan om tussen mense te wees en verskillende mense van alle vlakke van die lewe te ontmoet. Maar sy erken ook dat sy dikwels bietjie van ’n introvert kan wees.

Sy is mal oor die TV-program, The Walking Dead, en luister graag na Bethel, CRC en Hillsong Worship.

Kgothatso Dithebe

24
Centurion

Kgothatso is ’n tweedejaar-regstudent aan Unisa.

Kgothatso sê as sy as Mej. Suid-Afrika gekroon word, wil sy hoop bring aan diegene wat mishandel, misken of verkeerd verstaan word. Sy is gebore met ’n geboortemerk in haar gesig en sê dat mense haar gereeld onseker oor haarself en haar skoonheid laat voel het. “Dit het daartoe gelei dat ek ’n swak selfbeeld gehad het en gevoel het dat ek ’n mindere mens was,” vertel sy.

Sy bewonder die voormalige Mej. SA én Mej. Wêreld, Rolene Strauss, wie se gretigheid en vasberadenheid iets is waaroor Kgothatso sterk voel. Sy geniet dit om stoei te kyk, is lief vir old school R’n’B en erken dat dit haar skuldige plesiertjie is om geld te bestee op klere en kos in plaas daarvan om dit vir iets meer betekenisvol te spaar.

Lisa Stoffela

24
Morningside, Johannesburg

Lisa, wat ’n B.Com-graad in finansiële bestuur het, is die eienaar van’n klein wegneempizza-onderneming en ’n deeltydse model.

Buiten haar ma, is Michelle Obama haar rolmodel. Michelle het vir haar gelees dat dit belangrik is om ander vroue te bemagtig deur hulle stories met die wêreld te deel. Sy het twee ouer susters, Tabisa (30) en Yum-Yum (29). Lisa sal graag die aktrise Viola Davis wil ontmoet en beskryf haarself as gedrewe, empaties en veerkragtig. Sy is baie lief vir pizza en ’n heerlike bak pasta.

Loren Leigh Jenneker

24
Centurion

Loren Leigh studeer tans vir ’n B.Com-graad in finansies aan die Universiteit van Johannesburg. Sy beplan om haar honneurs in beleggings te doen en wil graag  ’n forensiese rekenmeester word. Sy is ook ’n model by Boss Models-agentskap. Loren Leigh lees graag en is altyd op soek na boekskenkings vir die privaatlesse wat sy aanbied vir kinders wat nie op die vereiste leesvlak is nie.

Haar musieksmaak hang van haar bui af. Sy luister soggens na lofprysing- en aanbiddingsmusiek om die dag op ’n goeie noot te begin, maar andersins is haar gunstelinge The Internet en Kaytranada.

Haar celeb crush is Johnny Depp en haar skuldige plesiertjie is ’n melktert cronut.

Noluthando Bennett

24
Kagiso, Krugersdorp

Noluthando is ’n klankingenieur met ’n nagraadse diploma in multimedia en webontwerp.

Sy meen die Mej. SA-skouspel gaan nie nét oor die regte gesig en liggaam nie, maar bied ook ’n platform om die jong vroue wat toekomstige leiers van die land kan wees, te vind en te vorm. ’n Voormalige Mej. Suid-Afrika wat haar geïnspireer het, is Jacqui Mofokeng “omdat sy hindernisse oorkom het en elke jong, swart vrou laat glo het dat dit moontlik is om as Mej. SA gekroon te word.”

Nompumelelo Maduna

24
Rockville, Soweto

Nompumelelo het ’n B.Tech-graad in bemarkingsbestuur aan die Universiteit van Johannesburg behaal en werk tans as privaatbankier by ’n vooraanstaande finansiële instelling. As eerste prinses in beide Mej. Aarde 2018 en Mej. Rivonia, wil sy graag Mej. Suid-Afrika wees om ander te inspireer en te bemagtig deur te bewys dat enige doelwit bereik kan word deur harde werk en vasberadenheid.

Een van haar rolmodelle is Nomzamo Mbatha, ’n ambassadeur van die Verenigde Nasies, wat haar daaraan toegewy het om vlugtelingvroue en -kinders in Afrika te help. Sy bly fiks en aktief deur netbal en gholf te speel en is ’n afrigter by The Model Academy. Nomzamo het ’n passie vir onderwys en wil graag die Minister van Onderwys, Angie Motshega, ontmoet.

Sasha-Lee Olivier

26
Alberton

Sy studeer tans vir ’n graad in bemarking en sielkunde aan Wits Universiteit en werk ook as ’n model. Amy Kleinhans-Curd, ’n voormalige Mej. SA, het haar geïnspireer om in te skryf.  “Sy het in 1992 gekies om moed te toon en nie die ou Suid-Afrikaanse vlag te dra nie.”

Haar rolmodelle sluit die miljoenêr-sakeman en motiveringspreker Vusi Thembekwayo en Oprah Winfrey in. Sasha-Lee geniet visvang en is ’n kunsliefhebber – jy sal haar dikwels in ’n kunsgalery of museum kry. Sy beskryf haarself as veerkragtig, empaties en positief, en sy is ’n groot aanhanger van The Big Bang Theory.

Sibabalwe (Siba) Gcilitshana

24
Bellville

Sibabalwe het ’n honneursgraad in geregtigheid en transformasie van die Universiteit van Kaapstad,  en werk tans as ’n parlementêre beampte en navorser vir gelyke opvoeding. Haar ma is ’n opgeleide uitvoerende kunstenaar en haar stiefpa is ’n mediese dokter. Sy het ook ’n sesjarige sussie.

Siba is lief vir sing, mediteer, stap, kook, reis, tyd saam met haar familie en lees. Haar gunsteling TV-reeks is Killing Eve.

Xia Narain

23
Chatsworth, KwaZulu-Natal

Xia het ’n graad in algemene en bedryfsielkunde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal behaal en gaan volgende jaar haar honneursgraad in kliniese sielkunde voltooi.

Sy is ook ’n model by die Topco-modelagentskap in Kaapstad, Edit Models in Turkye en Models International in Durban waar sy ook  ’n afrigter is. Haar rolmodelle sluit in Madiba, Prinses Diana, Oprah, Ellen De Generes en Sushmita Senn (die Miss Universe van 1994 en ’n Bollywood-aktrise). Sy is ewe mal oor ’n goeie gruwelfilm as oor komedies en haar plaaslike en internasionale crushes sluit Chad Le Clos en Will Smith in.

Zanele Phakathi

20
Soweto

Zanele is ’n eerstejaarstudent in besigheidsinformasie-tegnologie aan die Universiteit van Johannesburg en ’n model by die BOSS Models-agentskap. Sy het al meer as 70 skoonheidstitels gewen, waarvan die eerste een Little Miss Dobsonville in 2011 was. Haar twee vroulike rolmodelle is haar ma wat haar en haar drie susters alleen grootgemaak het, en Bokang Montjane-Tshabalala (Mej. Suid-Afrika 2010) wat “in haarself geglo het en teen alle verwagtinge al die drome wat sy vir haar gestel het, bereik het.”

Zanele was verlede jaar in ’n motorongeluk en het die gehoor in haar linkeroor verloor, maar hou steeds daarvan om na verskillende soorte musiek te luister – veral gospel. Sy is baie lief vir sjokolade, is verlief op Maps Maponyane en Will Smith en geniet die TV-program, The Queen.

Zozibini Tunzi

25
Gardens, Kaapstad

Zozibini het ’n diploma in openbare betrekkingsbestuur aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie verwerf en is tans besig met ’n B.Tech-graad in openbare betrekkings aan dieselfde instansie. Haar rolmodelle is haar ouers: “My ma het my geleer hoe belangrik dit is om vriendelik en nederig te wees en altyd behulpsaam te wees, en my pa het my die belangrikheid van ‘n opvoeding, harde werk en dissipline geleer.”

Sy het drie susters, wat sy as haar beste vriende beskou. Zozibini wil graag vir Caster Semenya ontmoet “omdat vroue soos sy weet wat dit verg om ’n impakvolle lewe te lei.”

Zozibini is ’n groot Marvel-aanhanger, was mal oor Game of Thrones en is verlief op Jesse Williams van Gray’s Anatomy.

Besoek gerus die Miss SA-webblad vir meer inligting oor die finaliste en volg alle Mej. Suid-Afrika gebeure op
Facebook, Instagram, Twitter en YouTube. Neem ook deel aan die Mej. SA-gesprek op sosiale media deur die hutsmerk #DreamWalkers te gebruik.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.