kategorieë: KalenderOntspanning

Wat jy op Mandela-dag 2019 kan doen

Wat jy op Mandela-dag 2019 kan doen, saamgestel deur Melissa Myburgh. Hooffoto:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat gaan jy op 18 Julie doen?

Maak nie saak hoe klein jou bydrae gaan wees nie. Mandela-dag is ‘n dag waarop ‘n mens die wêreld ‘n beter plek kan maak, net soos Nelson Mandela dit elke dag gedoen het. Wat doen jy om elke dag ‘n Mandela-dag te maak en om armoede uit te skakel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ‘n paar idees wat jou kan help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voed 59 000 kinders vir ’n jaar

Sun International werk saam met Rise Against Hunger om die lot van honger kinders in minderbevoorregte gemeenskappe landswyd te verlig. Spanne vrywilligers sal op 18 Julie hul moue oprol om kospakkies by agt Sun International-lokale te pak. Hul doelwit is om 418 000 kospakkies te pak wat meer as 59 000 voorskoolse kinders vir ‘n jaar sal voed. Die tema vir vanjaar se kospakkie is “Dit is moontlik”.

Hulle doen ‘n beroep op plaaslike ondernemings, regeringsverteenwoordigers en ander belanghebbendes om op Mandela-dag vir 67 minute by hulle aan te sluit wanneer hulle kospakkies vir die mees kwetsbares in ons samelewing, behoeftige jong kinders, sal pak.

Vir meer inligting, kontak Azelle Evans by azelle@themailroom.co.za

Mediese sorg vir 500 kinders vir ‘n jaar

St Joseph’s Home deel Nelson Mandela se liefde en brandende begeerte om Suid-Afrikaanse kinders uit arm gemeenskappe te help. St Joseph’s Home, Kaapstad se enigste pediatriese hospitaal, het die afgelope 83 jaar meer as 20 000 kinders verpleeg en gerehabiliteer. Hierdie kinders kom uit minderbevoorregte gemeenskappe en leef in lewensgevaarlike omstandighede. Die beste holistiese sorg word elke jaar gratis aan meer as 500 siek kinders verskaf.

Op Mandela-dag vra St. Joseph hulporganisasies, maatskappye, kerke, boekklubs en skole om hul eie #HappyNappyDrive aan te bied. Vir meer inligting, besoek hul webblad

500 ton kos vir behoeftiges

Pick n Pay en FoodForward SA hou vanjaar hul derde Mandela Day Food Drive en nooi alle Suid-Afrikaners om by te dra tot die ambisieuse doelwit om 500 ton kos bymekaar te maak en sowat twee miljoen etes te voorsien.

Kliënte word aangemoedig om hul bydrae te maak deur te kies uit ‘n lys van 15 nie-bederfbare produkte wat in die deelnemende Pick n Pay-winkels of aanlyn vertoon word. Jy kan die produkte in die trollies plaas wat beskikbaar gestel word.

So kan jy help:

  • Neem tot 14 Julie deel aan die nasionale 2019 Mandela Day Food Drive by enige deelnemende Pick n Pay-winkel:
  • Koop ‘n nie-bederfbare item en laat dit in die beskikbare trollies;
  • Maak ‘n kontantskenking by die kasregister;
    Bied jou tyd aan om van 12 tot 14 Julie 67 minute af te staan om voor Mandela-dag te help met die  naweek-insamelings by deelnemende winkels. Kontak jou naaste winkel vir meer inligting.
  • Skenk jou Smart Shopper-punte aan FoodForward SA deur “Skenk punte aan liefdadigheid” op die app of by die kiosk in die winkel te kies en FoodForward SA as begunstigde te kies.
  • Neem op Mandela-dag deel aan een van die landwye paksessies waarin kruideniersware in kospakkies gesorteer sal word. Daar is vier skofte van 67 minute elk wat om 09:00 begin by elkeen van ses lokale landwyd. Bespreek jou skof van 67 minute op Webtickets: Klik hier

Heining vir dierekliniek

Skenk jou tyd op Mandela-dag deur die SA.MAST Dierekliniek en hospitaal in Khayelitsha te help om ‘n heining te bou om die diere veilig te hou.

Hulle het al meer as 3 000 hondehokke vir honde sonder skuiling gebou, duisende katte en honde gesteriliseer en ingeënt en sowat 19 000 katte en honde gratis behandel en weer by hul huise gelaat. Khayelitsha is ‘n snelgroeiende dorp en die behoefte om diere te versorg, is groot.

Vanjaar doen die dierekliniek ‘n beroep op diereliefhebbers om hulle te help met die noodsaaklike heining. Hulle het sowat 20 vrywilligers nodig om te help. Vrywilligers sal in drie spanne verdeel word om gate te grawe vir die heiningpale en om die draad te span. Stuur ‘n e-pos aan Tamsin by samast@samast.co.za as jy wil gaan help. As jy geld of materiaal soos sement, pale en draad vir die heining wil skenk, kan jy meer inligting kry by www.samast.co.za. #SensitiveMen4Animals

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.