kategorieë: Reis

Suid-Afrika se Seevoël-eilande

Die eilande naby die kusgebiede tussen Lambertsbaai en Algoabaai is kritieke biodiverse fokuspunte wat unieke habitats en spesies beskerm en is in baie gevalle die laaste telingsvestings vir ons endemiese seevoëls wat die Afrikaanse Pikkewyn, Cape Gannet, kormorante en sterretjies insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die eilande het eers 500 jaar gelede aan die Weste bekend geraak toe Bartholomew Diaz teen die kus afgevaar het. Sedertdien is hulle gereelde vasmeerplekke vir skeepsmaatskappye wat hulle plunder vir robbe en seevoëls as ’n bron van vleis en eiers vir skepe en brandstof vir skepe se oonde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die 1840’s het die “wit goud” stormloop die eilande na roem geneem toe duisende daarheen gestroom het om die guano wat meters hoog was, skoon te skraap. Dit is gebruik as voedingstofryke landbou- kunsmis. Die kaal rotse is agtergelaat en seevoëls se nesgebiede is vernietig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aan die begin van die 20ste eeu het ’n bykomende bedreiging gekom weens die groothandel versameling van pikkewyneiers as voedingsbron.

Gelukkig is enige vorm van versteuring op die eilande vandag onwettig en toegang tot die eilande word streng beheer. Ongelukkig duur die bedreigings van die eilande se seevoëls steeds voort weens die oorbenutting van hulle belangrikste bron deur vis-vlote. Suid-Afrika is geleë op een van die wêreld se groot skeepsweë en dit plaas die seevoëls onder die hoë risiko vir oliebesoedeling. In Junie 2000 het die grootmaat olie draer MV Treasure tussen Robben en Dasseneiland Eilande gestrand en 20 000 Afrika-pikkewyne is met olie besoedel. In hierdie ramp het tussen 6000 en 6500 gesterf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke bestuur ’n aantal belangrike seevoël- eilande insluitend Malgas-eiland in die Weskus Nasionale Park en St Croix en Bird Island in Algoabaai. Malgaseiland lê by die ingang na Saldahna Baai en is die tuiste van malgasse, Cape Cormorants, swartrugmeeue en swart tobies. Daar is een of twee Australiese Malgasse, maar hulle paar nie met die ander malgasse nie. Van die digste bevolking van swarttobies word hier aangetref. Dit is goeie nuus vir ’n spesie wie se bevolking stadig herstel na ‘n bewaringsaksie.

Algoa Baai naby Port Elizabeth is die tuiste van beide Island Bird en St Croix. Hierdie baai is ook die enigste gebied waar beide Witmalgas en Afrikaanse pikkewyn getalle toeneem en hoewel dit nog nie ten volle verklaar kan word nie, word vermoed dit is weens die ooswaartse skuif van die twee voëlsoorte se hoof bron van prooi. Bird Island is die tuiste van die wêreld se grootste Witmalgas kolonie sowel as ’n klein broeikolonie Rosette Sterretjies en Afrika-pikkewyne.


Die Afrikaanse Pikkewyn

Die Afrikaanse Pikkewyn is die enigste pikkewynspesie wat aan die Afrikaanse kus teel en dit vind grootliks langs die koue waters van die suidwestelike kus plaas. Teling vind meestal plaas op die verspreide eilande van Suid-Afrika en Namibië. Daar ook twee vasteland broeikolonies by Boulders Beach in Simonstad en by Stony Point by Bettys baai.

Toe Vasco Da Gama die eerste keer ’n paar honderd jaar gelede in die Kaap aangekom het, was daar miljoene broeipare van die pikkewyne, maar vandag daal die bevolking van hierdie ikoniese seevoël met 20% per jaar wat gelyk is aan ’n verlies van 200 pare per week oor ’n tydperk van 100 jaar. Daar is op die oomblik net sowat 30 000 pare wêreldwyd!

Vier ons “Oseane van die Lewe” Foto-Kompetisie

Oceans of Life fotowedstryd vir 2015 ondersteun bewaring en gee jou die kans om ’n prys geborg deur Aurora Expeditions te wen. Stuur vir ons jou foto’s wat wys hoe merkwaardig, divers en inspirerend die natuur is en hoe noodsaaklik dit is om die omgewing te bewaar. Deur in te skryf, help jy BirdLife Suid-Afrika se seevoëlprogram in hul missie om mariene omgewings te beskerm. Vir verdere inligting, besoek www.oceansoflife.co.za Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 Augustus 2015.

Seevoël bewaring

BirdLife Suid-Afrika (www.birdlifesouthafrica.com), WildScreen Exchange (www.wildscreen.org/initiatives/wildscreen-exchange.html) en natuurbewaarder Peter Chadwick (www.peterchadwick.co.za) werk saam in die bevordering van bewustheid en ondersteuning vir bewaring seevoëls en het bogenoemde inligting verskaf.

Bron: SANParks Times

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

13 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

20 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

21 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.