kategorieë: KalenderOntspanning

Suid-Afrikaanse Modeweek Lente/Somer 2018

Die Suid-Afrikaanse Modeweek (SAFW) vier vanjaar hul 21ste jaar as die land se voorste modeplatform en Sandton, Johannesburg gaan binnekort die loopplank word vir top plaaslike ontwerpers wanneer dié gewilde modeweek hul Lente/Somer 18-reekse met 66 opwindende nuwe reekse bekendstel. Hierdie geleentheid skop af op 10 April 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Amptelike openingsgeleentheid

Op Maandag, 9 April word die amptelike LS18/19-week afgeskop met Cruz Vodka.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suid-Afrikaanse Modeweek: Vrouedrag

Dag 1: Vrouedrag begin met Woolworths waar die Style by SA-skou nuwe versamelings ten toon sal stel met onder andere die talentvolle Rich Mnisi, Thebe Magugu, Sindiso Khumalo, Wanda Lephoto en Young and Lazy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dag 2: RESORT WEAR COLLECTIONS is ontwerp om fantasieë te inspireer van weelderige bestemmings, aande van partytjie en ’n eindelose somer. Verwag Lalesso, Beachcult, Judith Atelier en Helon Melon om al die sprankel te verskaf.

Die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT) het sy goeie status verdien deur van die land se beste ontwerpers op te lewer. Hierdie tradisie duur voort deur DUT se top-finalejaarstudente uit te daag om hul interpretasies van die Rise of the OXX-versameling aan te bied.

Beide mans- en vrouedrag sal aangebied word deur Tamara Hoggarth, Michaela Rebecca Rollard, Zane Ngwenya, Ashley Igesund, Alexia Robert, Sipho Mbuto, Saudah Ballim, Courtney Hunt, Noreen Maphumulo, en Fikile Sokhulu.

Amanda Laird Cherry, wat haar eerste versameling by die SA-modeweek in 1999 aangebied het, keer vanjaar terug met haar kenmerklike immergroen skeppings. Sy word vergesel deur die ontwerper-duet van Pretoria, Erre.

Hierdie vertoning sal gevolg word deur versamelings van Mantsho, Loayo Art and Creations en Sun Goddess.

Dag 3: Ephymol, Black Coffee – ondersteun deur Cape Wools SA – en Clive Rundel open dag drie.

Die sosiale vlinder, Hangwani Nengovhela van Rubicon, sal ook vanjaar ook met Appletiser saamwerk.

Gert-Johan Coetzee span saam met McDonalds vir die xBigMac50-ervaring, gevolg deur African Style Story, ’n handelsnaam wat gewild geword het tydens sy eerste vertoning by die SA-modeweek LW16-versamelings. Die ontwerper van African Style Story, Carlo Pinto, deel die kollig met T_Niche, Isabel de Villiers en die wenner van die 2017 New Talent Search Mmusomaxwell.

Dag drie eindig by die stylvolle uitstalkamers van die voorste mansklerehandelsnaam Row-G. Let wel: Hierdie geleentheid kan uitsluitlik by uitnodiging bygewoon word.

SA-modeweek: mansdragversamelings

Dag vier: MINI sal in samewerking met SA-modeweek die MINI Scouting Menswear in Association with GQ Magazine aanbied waar van die land se beste mansdrag uitgesoek en ten toon gestel sal word.

Die tweede vertoning van die dag wys die versameling van Ryan Keys wat beide sy Keys-modereeks en RK Menswear insluit.

Daarna volg ’n opwindende versameling van die bekende Paledi Segapo met Palse.

Dag vyf: Die finale dag open met nog ’n partytjie weg van die loopplanke by die Convoy Collective in Melville se Bamboo-sentrum waar Red Line bekendgestel sal word. Dit sluit in agt vrouedragontwerpers: Heart & Heritage, Anmari Honiball, Superella, Henriette Botha, Hannah Lavery, Isabel de Villiers, Found Collection en Avant Apparel.

By die hoofloopplanke by Sandton City draai die fokus na die Bakusasa-versamelings: sewe opkomende sterre wat insluit Otiz Selfo, Bayanda Khathini, Ellen Madie, Zamaswazi, Bi Parel, The Watermelon Social Club en Tiller voordat hierdie seisoen gesluit sal word met die grande finale met Esnoko, De Mil en Dope.

Dag ses: Op Sondag, 15 April sal die span van Hospice Wits by die modeweek kuier vir hul jaarlikse glansryke fondsinsamelingsgeleentheid – Hospice Wits Night with The Stars in The City. Hierdie geleentheid word aangebied by Sandton City en die room van Suid-Afrikaanse bekendes en mode-ontwerpers sal saamspan om unieke skeppings te maak om fondse in te samel vir pasiënte met lewensgevaarlike siektes.

SA-Modeweek Handelskou
Vanjaar se handelskou sal daagliks vanaf 11 -14 April in die uitstallers-markiestent in die nabyliggende skou-ouditorium plaasvind. Vyftig mans- en vrouedragreekse sal beskikbaar wees.

Besoek SA Fashion Week se webblad hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.