kategorieë: Leef gesondGesondheid

Raad vir suurheid wat regtig werk

Liggaamsuurheid is ’n baie komplekse konsep. Dit is nie so eenvoudig as dat jou kos direk suurheid veroorsaak nie. En tog kan jy suur met ‘n teensuurdieet regstel … of vererger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ook meer kompleks as dat jou dieet artritispyn veroorsaak. Tog beïnvloed sekere suur-veroorsakende kosse jig en artritis – maar omdat hulle  ryk is aan puriene en nie omdat hulle met suurheid te doen het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Liggaamsuur kan ‘n teken van ernstige lewensgevaarlike toestande wees, soos keto-asidose as jy ‘n diabeet is – of net  beteken dat jy gesonder kan eet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het alles bymekaar gesit vir jou, sodat jy kan uitwerk wat op jou van toepassing is en dus weet wat die beste vir jou werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy het TWEE suur-sones

Die pH van ’n middel verwys na hoe suur of alkalies dit is. ’n pH van sewe is neutraal, ’n pH bo sewe is alkalies, terwyl alles onder sewe suur is. Hoe verder van 7 af die pH is hoe sterker is die suur of alkalie.  ‘n Suur met ‘n pH van 3 is dus baie sterker as ‘n suur met ‘n pH van 6. Net so is ‘n alkali met pH van 9 baie sterker as ‘n alkali met ‘n pH van 7,5. Om perspekitef te gee: die pH van suiwer lemmetjiesap is 3,5, terwyl die pH van gewone water rondom 7 is.

Jou liggaam het ook ’n pH – eintlik verskeie.   Die pH binne jou maag is verreweg die laagste, van 1,5 tot 3,5 – wat baie sterk suur is. Die pH van die res van jou spysverteringskanaal soos jou mond, slukderm en dermkanaal lê egter tussen 5 en net onder sewe, en is dus net effens suur. Die pH van jou ileum (net voor jou dikderm) is egter alkalies, op 8. Die pH van jou bloed en die res van jou liggaam is net  effens alkalies, naamlik 7,3 tot 7,4. Kyk net hoeveel verskillende pHs het jy:

pH-waardes vir die verskillende dele van jou spysverteringskanaal:

Jou speeksel 6,4 Effens suur
Jou maag 1,5 – 3,5 Sterk suur
Jou dunderm 5,5 Effens suur
Jou dikderm 7-8 Effens alkalies

Waardes vir die pH van die res van jou liggaam:

Jou bloed 7,3 Effens alkalies
Jou lewer 6.9 Amper neutraal
Jou bfein 7,2 Effens alkalies
Urine 5,8 Taamlik suur
Vagina voor die menopouse 4,5 Taamlik suur
Vagina na die menopouse 7,0 Neutraal
Semen 7,2 Net-net alkalies

Dus: pH in jou liggaam is nie oral dieselfde nie.

Nog iets wat jy uit die twee tabelle kan aflei is dat jy breedweg twee pH-sones het: jou suur spysverteringskanaal  en die res van jou liggaam wat deur jou bloed ‘gediens’ word en dus oorwegend effens alkalies is. Die twee stelsels werk optimaal as hul verskillende pH’s konstant bly. ’n Vernuftige stelsel van buffers hou dit so … tot dinge verkeerd loop. Dit is dan dat jy sleg voel, sukkel met sooibrand, blaasinfeksie en van moegheid kla. Hierdie probleme kan ook ander oorsake hê, waarvan ’n versteuring in jou liggaam se pH-balans net een is.

Iets om te onthou: die twee stelsels werk afsonderlik. Jy kan te veel maagsuur (en sooibrand) hê terwyl jou liggaam se pH steeds alkalies is. Die teenoorgestelde is ook waar: Jou liggaam kan te suur wees, terwyl jou spysverteringstelsel se pH heeltemal normaal is. Oplossings wat vir die een werk, werk nie noodwendig vir die ander een nie.

As jy na suurheid verwys moet jy nie die twee stelsels veerwar nie. As jy jou liggaamsuurheid wil verbeter  moet jy goed tussen die twee kan onderskei. Jy kan dus eintlik bedoel:

  • oormatige suurheid van die liggaam; of
  • suur in die spysverteringskanaal

Kyk hier met watter soort suur jy te doen het – en kyk kan self hoe jy jou eie probleem met suur beter kan bestuur:

1.  Suurheid van die liggaam

Jou liggaam het ’n baie robuuste pH-balans. Die sone vir normaal (7,3 – 7,4) is wel klein maar jou bufferstelsel beheer dit baie doeltreffend. Die volgende siektes en toestande gooi dit egter omver. Elkeen is ‘n ernstige mediese toestand. Jy moet liewer mediese behandeling kry as om sommer tuis te kyk wat jy daaraan kan doen.

Oorsake van suur in die liggaam

  • Diabetes, waar jou insulien nie goed werk nie. Jy ruik dit as naellak op die asem
  • Vas, enige baie lae-kilojouledieet en die laekoolhidraatdieet (Banting of lchf-dieet). Wanneer jy liggaamsvet verbrand, ontstaan ’n toestand wat asidose genoem word. Jy weet iemand het asidose as sy asem effens na asetoon ruik. By diabete kan dit dodelik wees
  • Alkoholmisbruik
  • Baie harde oefening. Dit veroorsaak melksuur in jou spiere, wat jy as seer spiere ervaar
  • Misbruik van waterafdrywers (diuretika)
  • Kaliumtekort (Oorsake sluit in te min kalium en magnesium in jou dieet, diarree, oormatige sweet en selfs medikasie, en veral sekere bloeddrukmedikasies. Party mense neem nie maklik kalium op nie of skei kalium oormatig uit.)
  • Hipoventilasie (swak en vlak asemhaling)
  • Nierversaking
  • Inname of opbou van te veel bikarbonaat (koeksoda)

Raad vir liggaamsuur

Jy kan dit nie werklik ‘reg’ eet nie, verduidelik Maryke Bronkhorst, dieetkundige en ADSA-woordvoerder van Pretoria.

“Die rol van kos is baie indirek. Jy kan wel jou kalium opstoot deur elke dag ’n piesang te eet maar dit gaan nie jou bloeddruk so regstel dat jy nie bloeddrukmedikasie hoef te gebruik nie. Dit gaan ook nie die melksuur in jou spiere wegneem en binne ure jou seer spiere wegdokter nie, en so aan.

“Van die toestande wat aan suur verbind word, soos nierversaking, is lewensgevaarlik, en moet medies behandel word. Buiten mediese hulp sal jy vir nierversaking op ’n baie spesifieke dieet vir niere geplaas word. Dit het eerder met die hoeveelheid proteien in jou dieet te doen as met kosse wat suur veroorsaak.

“Elke toestand wat liggaamsuur veroorsaak, word dus afsonderlik behandel.”

Wat van kos vir liggaamsuur?

Kan jy effens anders eet en so liggaamsuurheid keer? Is daar iets soos ‘n antisuur-dieet? Watter kosse keer liggaamsuurheid? En nog belangriker: watter kosse veroorsaak liggaamsuurheid ?

“Beslis. Dit sal oormatige suur in die spysverteringskanaal help teenwerk. Maar onthou dat dit meestal nie probleme met liggaamsuur oplos nie, soos aan die begin van die artikel verduidelik.

“Jy sal ook op die lys hieronder sien dat sommige kosse wat duidelik suur proe, soos suurlemoensap, jou spysvertering se suurheid verminder. Dit klink vreemd maar onthou, jou maagsappe is redelik sterk suur. Kos en selfs suur kos het min effek daarop. Dit gaan eintlik oor die afbreekprodukte wat kos nalaat nadat jou spysverteringsappe daarmee klaar is.”

Maar om liggaamsuurheid werklik te verstaan, moet jy ook die bufferstelsel van jou liggaam verstaan: dit is gebaseer op karbonate, wat bind aan kalium, magnesium en kalsium, vir die buffer-aksie.

Mineraalaanvullers soos A. Vogel se Alkaline Powder en kosse ryk aan minerale ondersteun jou bufferstelsel en kan dus help om jou liggaam effens alkalies te hou.

2. Suur in die spysverteringskanaal

Jou spysverteringskanaal is met goeie rede suur. Die sure help om jou kos af te breek. Vermoedelik beskerm dit jou ook teen onwelkome bakterieë, wat deur die redelike sterk suurheid vernietig word. Al is jou spysverteringskanaal redelik suur, kan selfs dit te suur raak, verduidelik Maryke.

Tekens van suur vir die spysverteringskanaal

Jou spysverteringskanaal moet suur wees. Maar dit kan ook te suur wees. Maryke sê jy sal weet jou spysverteringskanaal is te suur as jy een of meer van die volgende simptome en toestande het:

  • Jy het sooibrand
  • Jy het gastro-esofageale refluks (GERD, waartydens maagsuur gereeld in jou slukderm opstoot)
  • Jy het ’n maagseer
  • Jy het gastritis (inflammasie van die maagwand en dermwand, wat jy as pyn oor die groter maagarea bo jou naeltjie ervaar)
  • Dit is teer en rooi buite om jou anus
  • Jou mond proe suur

Oorsake van suur in die spysverteringstelsel

Volgens Maryke kan baie faktore oorproduksie van maagsuur veroorsaak, soos:

  • Te veel en te gereeld alkohol – wat bier, sjampanje, koelers en sterk drank insluit.
  • Te veel koffie. Die kafeïen daarin – en in sterk tee, kola-koeldranke en energiedrankies – veroorsaak suur.
  • Te veel suiker
  • Te veel verfynde stysels – koek, donuts, brood, lekkergoed, gebak, skilferkors, pasteitjies …
  • Te veel vet
  • Jy is onder baie werksdruk of stres tuis
  • Sigarette en ander vorms  van nikotien
  • Jy het probleme met ’n maagbakterie met die naam van Helicobacter pylori

Jy kan egter ook suurheid ervaar as jou maagklep nie goed werk nie, sodat maagsuur in jou slukderm opstoot. In hierdie geval help dit nie om jou maagsuurheid te verander nie. Die klepprobleem moet eerder aangespreek word.

Raad vir suur van die spysverteringskanaal

Sooibrandmiddels word ook teensuurmiddel genoem. Sal hulle help? Jy moet dan juis jou maagsuurheid behou vir goeie spysvertering?

Begin liewer by die volgende, en spaar die sooibrandmiddels vir noodgevalle sê Maryke.

“Kyk eers wat jy drink. Baie mense drink bloot te veel koffie, gaskoeldramke en/of wyn. Begin by alkohol: het jy regtig elke dag ’n glasie wyn of ’n bier en gaskoeldrank nodig, as dit jou so sleg laat voel? Vervang alles of party met rooibostee omdat dit vry van kafeïen is. Dit kan ook help om jou dag te begin met ’n glas water met ’n goeie skeut suurlemoensap of met gemmertee.

“Rook jy en het jy dikwels sooibrand, GERD of pyn oor jou maag? Dan veroorsaak rook by jou suur. Die beste raad is om op te hou rook.

“Stres is ongelukkig deel van ons lewens. Gelukkig kan die meeste van ons dit goed of ten minste beter leer hanteer. Die vyf basiese geheime van ‘n streshantering is om seker te maak (1) jy slaap genoeg, (2) jy eet gesond, (3) jy oefen minstens drie uur per week so hard dat jy sweet, (4) jy balanseer jou werksdruk met lekker ontspanning, en (5) jy werk aan jou gemoedslewe en menseverhoudings.

“Oor Helico pylori wil ek nie uitbrei nie. Jou dokter sal dit diagnoseer en behandel met dieet en/of antibiotika.”

Wat van die antisuur-dieet? Is dit die regte raad vir suur in die spysverteringskanaal?

“Vette, stysels en suikers word na suur in jou maag afgebreek. Dink aan ’n koeksister: dit is gemaak van meel (stysel), word in kookolie gebraai (vet) en dan in suikerstroop geweek (suiker). Hierdie een happie dra dus op drie maniere by tot ekstra suur.

“En so ook die meeste ander gebak – koek, beskuit, brood in al sy vorms. Buiten meel bevat dit redelik baie suiker, konfyt of versiersuiker en vette in die vorm van botter of olie. Vir baie mense is dit dus die hoofrede suur. Maar mense verskil, en dus moet jy toets wat vir jou sooibrand gee. Party mense kan byvoorbeeld witbrood eet maar nie bruinbrood nie.”

Suurheid, jig en artritis

“Nog ’n aspek wat verwarring skep is dat mense dink jig en artritis is dieselfde toestand. Artritis – dokters noem dit osteo-artritis – is die pyn wat jy ervaar weens die verwering van jou gewrigte en been. Jig is ‘n spesifieke soort inflammasie wat deur uriensuurkristalle gesneller word. Dit tas meestal jou groottoon se basisgewrig aan maar jou knieë en elmboë kan ook deur jig geknou word.

Jig slaan binne ure toe, terwyl artritis meestal ‘n chroniese toestand is wat oor maande opbou. Anders as artritis word jig word deur kosse gesneller. Die soorte kos wat jig sneller val in twee groepe: die wat uriensuur bevat en die wat purien bevat. Die liggaam breek puriene af na uriensuur.

Jou liggaam hou jou uriene deur ‘n stelsel van buffers redelik suur – kyk op die tabel hierbo. Die laer pH keer dat organismes daarin groei, en hou dus jou urien steriel. Die probleem is dat jou dieet kan veroorsaak dat jou liggaam te veel uriensuur moet hanteer. Net soos sout in ‘n sterk soutoplossing kan uitsak, vorm die oormaat uriensuur naderhand kristalle. Hierdie kristalle is geneig om in die gewrigte neer te slaan, waar hulle dan inflammasie en daardie pynlike, rooi jiggewrigte veroorsaak.

“Daar is dus twee maniere om uriensuur laag te hou en so jig te keer, naamlik deur:

  • Minder kos te eet wat ryk aan puriene is wat afbreek na uriensuur
  • Minder kosse te eet wat uriensuur veroorsaak

Volgens Nicus (Nutrition Information Centre Universiteit Stellenbosch) is die volgende kosse ryk aan puriene. Jy moet dit dus vir jig vermy.

  • Lys van kosse met baie purien  Vermy hulle as jy jig het.
  • Lys van kosse sonder purien maar wat uriensuur veroorsaak.  Vermy hulle ook as jy jig het.

Nota 1 Party mense met artritis ervaar ook dat sekere kosse hul artritis vererger. Dit word jig-agtige artritis genoem.

Nota 2 Het jy ‘n kosallergie? As jy met artritis sukkel vermy hierdie kosse ook. Hulle ontlok inflammaksie, wat jou artritis vererger.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.