kategorieë: Skoonheid

Wat beteken “organies”, “Veganisties” en “sonder wreedheid” op jou skoonheidsprodukte?

Die beweging om ‘groen te gaan’ raak vir baie mense belangrik. Daar is ook so baie produkte op die mark wat jou spesifieke leefstyl pas, maar vir diegene wat nie weet wat dit beteken as jou vriendin net organiese produkte, of produkte sonder wreedheid gebruik nie, hier is wat dit alles beteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Organies gesertifiseerd

Organies beteken dat die produk se bestanddele gekweek is sonder enige chemiese bestandele soos plaagdoders of kunsmis. Die bestanddele word ook nie geneties gemanipuleer nie en dit sal gewoontlik op die etiket van die produk sê dat dit “GMO free” is. Die produk sal ook aandui of dit organies gesertifiseerd is of as die meeste van die bestanddele organies is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Veganisties

Volgens die Veganis-vereneging is Veganisme ’n manier van leef waar jy so ver moontlik dit prakties uitvoerbaar is die uitbuiting van wreedheid teenoor diere vir kos, klere of enige ander doeleindes vermy. Veganiste volg ’n plantgebaseerde dieet wat alle kos wat van diere afkomstig is soos vleis, vis, skulpvis, suiwelprodukte, eiers en heuning, uitsluit. Hulle vermy ook leerprodukte of produkte wat op diere getoets word. As jy ’n Veganistiese leefstyl volg moet dit verkieslik ook skoonheidsprodukte insluit wat diere of -bymiddels bevat. Al meer sulke produkte raak nou beskikbaar. Vermy produkte wat melksuur, gelatien, heuning, lanolien en byewas bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sonder wreedheid (cruelty free)

Sonder wreedheid beteken dat die skoonheidsprodukte en die bestanddele daarin geensins op diere getoets is nie. Baie grimeerkwassies lyk soos dierehare, maar dit is ’n sintetiese weergawe. Baie keer word daar gesê ’n produk of handelsnaam voldoen aan die sonder wreedheid-beweging, maar dan is van die bestanddele wat in die produk gebruik word op diere getoets. Doen deeglik navorsing oor ’n produk voor jy dit koop om seker te maak dit is heeltemal sonder wreedheid gemaak. Kyk uit vir die hasie met die woorde cruelty free op.

Lees ook: Was jou grimeerkwassies só

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.