kategorieë: Ons menseBekendes

Mzansi-jeugkoor steel nog harte op Die GROOT Ontbyt

Skaars ’n week later was die koor gaste op Die GROOT Ontbyt en wéér het hulle die harte van die aanbieders en kykers gesteel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die GROOT Ontbyt het met die videovrystelling van die koor se optrede op America’s Got Talent (AGT) dadelik na die stigter van die Mzansi-jeugkoor, dr. Jannie Zaaiman, uitgereik,” sê Izaan Steenkamp, vervaardiger van Die GROOT Ontbyt. “Hulle was meer as bereid om in die vroegoggendure vanuit Soweto te reis – nie net vir ’n onderhoud nie, maar ook vir twee optredes op die program.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Nederig, talentvol, ambassadeurs. Dis hoe ek die Mzansi-jeugkoor sal beskryf,” sê die aanbieder Jennifer Myburgh. “ ’n Groep jong Suid-Afrikaners wat ’n verskil wil maak en ander inspireer. Deur hulle waagmoed om aan AGT deel te neem, het hulle ons al reeds trots gemaak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Wat ’n voorreg om met van die koorlede en die stigters te praat,” sê Jennifer se mede-aanbieder, Pierre Breytenbach. “Dis heerlik om ’n groep jong mense te sien wat hoopvol en met soveel vreugde hulle liefde vir musiek met die hele wêreld wil deel. Hulle is ’n voorbeeld vir ons almal.”

Izaan sê die reaksie van kykers was oorweldigend positief. “Daar het goeie wense van reg oor die land ingestroom. Die koorlede is almal plat op die aarde en toe hulle gevra is wat hulle die meeste van Amerika gehou het, was hulle antwoord die hamburgers. Dit was so oulik.”

Nege koorlede was op Die GROOT Ontbyt. Die groep wat aan AGT deelgeneem het, het uit 17 lede bestaan en die plan is om 20 lede na die volgende ronde te neem. Die totale koor bestaan uit 36 lede en hulle hoop om die koor uit te bou na 46 lede – die kapasiteit van hulle twee busse.

Izaan vertel die lede wat in die ateljee was, sê die spanning oor AGT het eers ná hulle optrede ingeskop. “Hulle was die eerste deelnemers in die geskiedenis van die program wat die gehoor se Golden Buzzer gekry het en een van die lede, Zoë Gulwa, sê dit was vir haar spesiaal dat die beoordelaar Simon Cowell begin huil het. Bygesê: Jennifer en Pierre het ook al twee ’n traan gepink toe hulle die eerste keer die opname gesien het.”

“Ons verander lewens deur hoop te bring,” sê Zoë.

Die koor reis weer in Augustus na Amerika wanneer hulle aan die semi-finaal sal deelneem. “Die liedjie wat hulle uitvoer, gaan ’n groot verrassing wees,” sê Izaan, maar meer wil sy nie verklap nie.

Kyk hier:


Lees ook: Mzansi-jeugkoor maak geskiedenis op America’s Got Talent

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

5 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.