kategorieë: KalenderOntspanning

Swart Vrydag-winskopies 2018

Swart Vrydag-winskopies 2018 saamgestel deur Warren Fuller. Hooffoto:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. MrPrice Home
MrPrice Home het elke dag fantastiese winskopies om jou voor te berei vir die groot winskopies van Vrydag 23 November. En vir al die haastige kopers wat nie meer kan uithou tot Vrydag nie het hulle ook koepons op hulle webtuiste beskikbaar gestel. Vir meer inligting besoek MrPrice Home se webtuiste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2.Woolworths
Woolworths bied ook afslag op sekere items per dag vir die angstiges wat dalk nie kans sien vir lang toue en inkopie-drama nie. Klik hier vir ’n voorskou van die tipe items wat jy vandag op afslag kan kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Inkopiewenke vir Swart Vrydag

2.Edgars
Edgars is ook een van die winkels wat wil hê dat jy  ’n aanloop vat op hierdie jaar se Swart Vrydag-aanbiedinge.  Hier is ’n paar voorbeelde van wat jy op Edgars se webblad sal kan vind:

  • 30% afslag op Smashbox-produkte
  • 40% afslag op Elizabeth Arden-onderlae
  • Koop ’n 100ml Estée Lauder Modern Muse vir die prys van ’n 50ml-bottel

4.Bride&Co
As jy op soek is na ’n trourok of  ’n nuwe aandrok het ons net die ding om jou Swart Vrydag op te helder. Bride&Co bied rokke vanaf R399 en ook pakke vanaf R1 000. Vir meer inligting besoek Bride&Co.

5.Ster-Kinekor
Kom wind, donderweer, sneeu of gek kopers, daar is altyd hierdie opsie om van die malligheid te ontvlug. Ster-Kinekor bied vir Vrydag 23 November alleenlik die “Black-Friday-combo”, waar jy slegs R60 kan betaal vir die kaartjie, springmielies en ’n koeldrank.

6.Queenspark
Queenspark bied hierdie jaar van die grootste winskopies, tot soveel as 70%. Maak seker jy gaan maak ’n draai om jou klerekas weer gelukkig te maak. Hier is wat jy kan verwag vir Queenspark se Swart Vrydag.

Lees ook: Pantser jouself teen onnodige aanlyn-inkopies

7.Cotton On
As jy behep is met Cotton On se mode is daar vir jou baie goeie nuus. Cotton On het ook ’n paar winskopies vir jou wat strek van 30-75%. Gaan berei jouself solank voor deur solank op hulle webtuiste te loer.

8.ALILA
Aan al die #alilajunkies, daar is op 23 en 24 November aanbiedinge wat jou hart sal laat bokspring. Koop aanlyn en gebruik die promosiekode: BF2018 om jou 40% afslag te kry.

Lees ook: Wees veilig aanlyn

9.Makro

Makro het hierdie jaar uit hul pad gegaan vir die tuiskopers en bied aflewering aan vir slegs R70. Dit is ook die perfekte geleentheid vir jou om tot 10 % kontant terug te kry. So kry jou lysie reg en begin sommer al vanaf 21 November met jou aankope deur aanlyn te koop.

Lees ook: 3 webwerwe wat jou lewe makliker maak

10.Toys R Us & Babies R Us
Moenie meer stres oor Kersgeskenke vir die kinders nie,  gaan maak net ’n draai by Toys R Us of Babies R Us. Hier is meer inligting oor hul aanbiedings:

11.Clicks
Indien jy nog nie gedink het dat jy straks voordeel kan trek met  ’n Clicks Clubkaart nie, is nou die tyd om daardie kaartjie reg te hou. Clicks bied hierdie Swart Vrydag vir jou afslag op uitgesoekte bykomstighede, tegnologie-, skoonheids-, elektriese, gesondheids-, huishoudelike- en babaprodukte. Hulle bied ook pre-Swart Vrydag afslag vanaf 16 – 22 November (slegs aanlyn). Na die Swart Vrydag-naweek het Clicks ook ’n Kuberweek vanaf 25 November – 2 Desember (slegs aanlyn). As jy nog nie ’n Clubkaartlid is nie sou ons jou aanraai om blitsvinnig plan te maak.

12.Pick n Pay Hypermarket
Pick n Pay Hypermarkets regoor die land het reeds op 21 November hulle pre-swart Vrydag aanbiedinge vrygestel vir kopers om solank die beursies gereed te hou. As jou yskas, TV of enige ander toestelle ’n moeilike 2018 gehad het, bied Pick n Pay vir jou tot 60% afslag op hierdie produkte.

Die Swart Vrydag-aanbiedinge word op 23 November om 00:01 aanlyn vrygestel en duur tot 25 November. Hier is ’n paar oulike goed waarop ons afgekom het:

  • R1 000 afslag op die AIM 50″ Full HD Smart LED TV (was R4 999, nou R3 999)
  • ’n 200 g Nescafe Gold Assorted Jar sal slegs R60,00 wees (44% af van R106,99)
  • Kry 50% afslag op ’n Russell Hobbs Steam Iron Bundle (was R599,00 nou R299,00)

Vir meer inligting besoek www.pnp.co.za/blackfriday vir meer inligting.

13.Premier Hotels & Resorts
As een van jou Nuwejaarsvoornemens is om in 2019 meer te reis het Premier Hotels & Resorts die Swart Vrydag aanbod wat jou wense waar sal maak. Hulle bied ’n opwindende 50% afslag vir alle naweekbesprekings in 2019 (tussen 1 Januarie en 31 Desember). Dit sluit slegs die akkommodasie in. Hierdie winskopie is beskikbaar vanaf 21 November tot 25 November en is slegs geldig vir ’n besoek van minimum twee aande wat bespreek word via hul webtuiste https://www.premierhotels.co.za/specials. Vir meer inligting kontak gerus 086 111 5555 of stuur ’n e-pos aan info@premierhotels.co.za.

14.Winkels wat eers op Vrydag hul winskopies sal bekend stel
Ons almal weet dat daar sekere winkels is wat trots is op hulle eksklusiwiteit. Daarom moet jy sommer nou al ’n lysie opstel van al die winkels wat jy Vrydag gaan besoek (hetsy in die veiligheid van jou huis en of jy die winkels gaan aandurf). Hier is van die gunstelinge op ons lysie:

15 Teken in op rooi rose en spaar!

Spaar 50% op jou jaar se subskripsie aan rooi rose – slegs geldig op 23 November 2018. Klik hier om aanlyn in te teken. Jy kan ook ’n e-pos stuur aan subs@magsathome.co.za (met die onderwerp: “Black Friday Offer”) of jy kan 087 405 2005 skakel vir verdere inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.