kategorieë: Ontspanning

Swart Vrydag-winskopies

Swart Vrydag (beter bekend as Black Friday) is ’n verskynsel wat in die VSA ontstaan het. Normaalweg vind hierdie dag op die Donderdag na Thanksgiving plaas en dit word gereken as die eerste dag van die Kersinkopieseisoen waar winkels en handelaars groot afslae bied op hul produkte. Hierdie koopfenomeen het die afgelope paar jaar sy pad Suid-Afrika toe gevind en jaarliks vermeerder die hoeveelheid winkels wat hieraan deelneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar winskopies wat jy dalk wil dophou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Zinio, die digitale tydskrifplatform, het ’n Voor-Swart Vrydag aanbieding waar jy 40% afslag op tydskrifte kan kry as jy tussen vandag en Vrydag 24 November 2017 inteken. Gebruik net die kode BLACK40 en jy kan jou gunstelingtydskrifte, insluitende jou heel gunsteling, rooi rose, vir baie goedkoper lees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Cotton On sal op Swart Vrydag ’n uitverkoping hou op gekose klerestyle wat insluit hul alledaagse klerereeks, nuwe seisoen-style en hul denimprodukte. Daar sal 30% – 50% afslag gebied word op hierdie produkte. Hierdie aanbod is beskikbaar in winkels en aanlyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy by Pandora meer as R1 799 spandeer, sal jy ’n beperkte uitgawe sterlingsilwer armband GRATIS ontvang. Hierdie aanbod is landwyd beskikbaar tussen 24 en 26 November 2017, terwyl voorraad hou.

Mr Price Home sal Swart Vrydag-uitverkopings hou tussen 20 en 27 November 2017.

Die aanlynklerewinkel Zando het gewoonlik fantastiese Swart Vrydag-winskopies. Hou hulle webblad dop, of teken in op hul nuusbriewe, om eerste te weet van hul uitverkopings.

Ander aanlynwinkels wat ook Swart Vrydaguitverkopings bied is Takealot, Superbalist en Woodzee.

Total Sports sal ’n Swart Vrydag-uitverkoping hou beide aanlyn en in hul winkels sodat jy jou sportklere en bykomstighede kan opdateer sonder om die bank te breek.

As jy belangstel in ’n nuwe handsak, hou dalk Via La Moda dop, wat glo goeie aanbiedinge sal hê. Dis egter nie beskikbaar op Swart Vrydag nie, maar vind eerder plaas tussen 30 November en 2 Desember.

Kyk by Studio88 indien jy jou handelsmerkklere wil opdateer hierdie Swart Vrydag.

Groot handelaars wat ook glo hierdie jaar aan Swart Vrydag deelneem, sluit in sekere Makro-winkels, Checkers en DisChem (ideaal sodat jy jou grimeringversameling kan opdateer). Hou hul webblaaie en kommunikasiemiddele dop om meer uit te vind oor hul uitverkopings en aanbiedinge.

SweepSouth is ’n aanlynplatform wat skoonmakers met individue verbind, en hulle het besluit om goed vanjaar ‘n bietjie op te skud. Swart Vrydag was nog altyd oor “wat kan ek hieruit kry?” Maar vanjaar vra SweepSouth eerder “hoe kan ons teruggee?” Dus, pleks van Black Friday wil hulle dit Give Back Friday maak. Wat beteken dit? Dit beteken dat hulle die bedrag wat hulle gewoonlik op so ’n dag aan hul kliënte sou toestaan eerder aan die skoonmakers wat alles moontlik maak, die SweepStars, gaan teruggee. Dus, vir elke uur se huisskoonmaak wat jy op Swart Vrydag bespreek en waar jy die promosiekode GIVEBACKFRIDAY gebruik, sal die SweepStars 50% ekstra van hul uurlikse inkomste verdien – en dit sal die kliënt niks ekstra kos nie. Dit is SweepSouth se manier om dankie te sê aan hul SweepStars en om daad by woord te voeg aan hul waardes van volhoubaarheid, waardigheid, opheffing, en om teen die grein in te werk.

Le Creuset bied tot 30% afslag op ’n groot verskeidenheid produkte. Besoek hul webblad of een van die Le Creuset-winkels om jou kombuisware op te dateer. Hierdie aanbod duur van vandag (24 November) tot Maandag 27 November 2017.

Loer na hierdie video vir Swart Vrydag-wenke.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.