kategorieë: Fiksheid

Swem: die perfekte oefening

In die somer is swem die ideale oefening. Nie net koel dit jou af nie, maar dis seker die enigste oefening wat al jou spiere oefen en boonop vir oud en jonk geskik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kan jy nie goed genoeg swem nie? Geen probleem nie, jy kan heelwat doen deur bloot die dryfvermoë en weerstand van die water te benut. Hier is ’n video met ’n paar idees:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oefening in water is ’n wenner

• Jou liggaam bestaan uit 90% water en kan goed dryf. Dit beteken jou voete tref nie die bodem so hard as wat die geval op land is nie. Dis ideaal vir mense wat ouer of baie oorgewig is, of met gewrigspyn sukkel.
• Jou balans is baie beter en jy kan meer oefening in die water baasraak én jy gaan nie omval en seerkry nie!
• As jy selfbewus is oor bonsende buuste en boude wanneer jy oefen, verbloem die water alles.
• Water bied 12% – 14% meer weerstand as lug en elke beweging (as jy tot jou nek in die water is) is eintlik oefening.
• Water verkoel voortdurend jou liggaam en daarom kan jy nie oorverhit nie. Perfek op ’n warm dag.
• Water is kalmerend en mense wat gereeld swem, noem dit hul meditasie. Jou kop voel skoon en jou lyf lig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat vroue wil hê

As jy wens jy kan met jou sarong swem, is jy nie alleen nie. Volgens onderhoude wat Speedo met 1 200 vroue wêreldwyd gedoen het, voel 63% van die vroue dat hulle meer sou swem as hulle meer selfversekerd in hul swemklere gevoel het. Speedo se nuwe Sculpture-reeks het spesiale Xtra Life Lycra-vesel wat meer vorm aan jou figuur gee en ’n ontwerp wat beweging makliker maak. Dis bestand teen die chloor in swembadwater. Beskikbaar by Speedo Concept Stores in Canal Walk, Kaapstad en Menlyn Park, Pretoria, asook uitgesoekte sportwinkels. Besoek Speedo se facebook-blad vir nuus.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.