Tamatietertjies
Ingredients
- Jy het minstens 2 klein oondbestande pannetjies van 10 cm nodig. Anders kan jy een groot tert maak.
- 500 g kersietamaties, geel en rooi
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 60 ml (4 e) crème fraîche
- 10 ml (2 t) Dijon-mosterd
- 1 x 400 g-rol klaarbereide blaardeeg, ontvries (ek verkies Woolworths se botterblaardeeg)
- vars basiliekruid vir opdiening
Instructions
Voorverhit die oond tot 220 °C.
1 Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Sny met ’n drukker of onderstebo piering 4 sirkels uit die deeg. Sit die deegsirkels in die yskas tot benodig.
2 Meng die crème fraîche en mosterd en hou eenkant.
3 Bak een tertjie op ’n slag: Gooi ’n bietjie olyfolie in die pannetjie en gooi ’n hand vol rooi en geel tamaties daarin. Laat deurwarm word. Skep ’n lepel vol van die crème fraîche op die tamaties en bedek met ’n deegsirkel.
4 Bak vir sowat 15 min. of tot die blaardeeg opgepof en gaar is.
5 Haal uit die oond en laat staan vir 5 min. Keer om op ’n oondpan wat met bakpapier uitgevoer is. Herhaal met die res van die tamaties en deeg.
6 Sit die tertjies op die bakplaat vir 5 min. terug in die oond. Laat deurwarm word en sit met basiliekruidblare voor.