kategorieë: KalenderOntspanning

Tatoekoors: The South African International Tattoo Convention

Tatoekoors: The South African International Tattoo Convention deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf deur Good Things Tattoo Company. Hooffoto en ander foto’s: Tamar Thorn se werk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gelukkige Kapenaars! Afgesien van die berg, die see en ’n rits ander lekkertes aan die suidpunt van Afrika, vind die derde jaarlikse South African International Tattoo Convention van 29-31 Maart by The Lookout, V&A Waterfront, plaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Plaaslike kunstenaars sowel as kunstenaars uit die Ooste, Europa, Noord- en Suid-Amerika – noem maar op – kom hulle slag wys. Daar is meer as 15 genres en style van moderne en tradisionele tatoeëring waaruit jy kan kies. Om ’n tatoe te kry, is dit wys om vooraf plek te bespreek op hul webblad of anders kan jy jou geluk tydens die drie dae gaan beproef.

Met ses bands, ’n langspeelplaat-DJ, drie kostrokke, ’n groot biertuin en stalletjies met handgemaakte, mode- en leefstylitems asook bykomstighede, boeke, en plate, is dit ’n lekker geleentheid vir die hele gesin. Moenie van die coffee roaster en chocolatier vergeet nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

(Hoewel dit ’n gesinsvriendelike geleentheid is en kinders onder 12 gratis toegang kry, word kinders onder 5 nie in die tatoeëersaal toegelaat nie.)

Tatoeëerkunstenaar Tamar Thorn

Tamar, Kaapse kommunikasiespesialis, tatoeëerkunstenaar en eienaar van Good Things Tattoo Company, gesels met ons oor haar werk.

In watter genres werk jy graag?

Ek is gek na die neo-tradisionele styl met Japanese, Chinese, Art Nouveau- en Viktoriaanse elemente versier. Ek tatoeëer graag beelde van diere of beeldskone vroue – eintlik enigiets wat esteties mooi is.

Ek skep nie graag tatoes van donker of bose onderwerpe nie en verkies die dekoratiewe bo die afskuwelike of rillertemas.

Tatoes in die Japanese en Chinese styl trek my aan omdat hulle pragtig saam met die liggaam vloei en omdat die onderwerpe en posisionering daarvan versteekte betekenisse inhou.

Ek is baie lief vir honde en troeteldiere in die algemeen en doen talle portrette van hulle. Ek geniet dit om portretwerk te doen en weergawes van kunswerke te maak.

Jy het seker die interessantste stories om te vertel!

Daar is soveel stories, en in my werk het ek al soveel ongelooflike mense ontmoet dat dit moeilik is om iets uit te sonder. Ek kan wel sê my werk as tatoeëerkunstenaar het by my ’n gevoel van belonging gekweek. Ek voel deel van ’n gemeenskap.

Dit het ook tot reise en ontmoetings met mense gelei wat jy nie sommer in ’n ander industrie sal beleef nie. Ek kan more besluit om byvoorbeeld vir ’n week in Kuba te gaan werk, en dit regkry. Dis ’n opwindende aspek van my werk, en al wat baie keer my tuis hou, is die feit dat ek ’n onderneming bestuur.

Die afgelope jaar het ek gewerk met vroue wat borskanker oorleef het. Ek het gratis tepeltatoes gedoen en soveel dapper, ongelooflike vroue ontmoet wat nog nooit ’n voet in ’n tatoewinkel gesit het nie. Ek het al soveel uit my werk geput en om iets te kan teruggee maak my hart warm, veral aan mense wat hierdie soort trauma moes verduur.

Die terloopse kommentaar van vreemdes is soms negatief. Laas week het ek gehoor hoe iemand in ’n kruidenierswinkel vir haar vriendin sê terwyl sy na my kyk: ‘Ek het geen respek vir iemand soos sy nie. Disgusting.’ Die vorige dag het ’n ander vrou my gesien terwyl sy en haar man iets in hulle kar laai, en sy sê toe net: ‘Sies.’

Ek probeer om my nie daaraan te steur nie, maar daardie woorde bly my by. Dit laat my besef hoe ons mekaar kan seermaak en hoe wreed mense wat anders lyk soms veroordeel word. Die ou gesegde lui dat jy nie iemand op sy baadjie moet takseer nie. Tatoes is ’n vorm van selfuitdrukking, nes jou haarstyl, die klere wat jy dra, of die motor wat jy bestuur. Dis dalk ’n bietjie meer ekstreem, maar daar is ook skoonheid daarin.

Het jy wenke vir die keuse en posisie van ’n ontwerp, en vir die hele proses?

As jy ’n idee het vir tatoe, is dit die beste om by die winkel van jou keuse in te loer en met die kunstenaar wat jy in die oog het te gesels.

Neem foto’s van onderwerpe waarvan jy hou (druk dit uit of stuur dit vooraf aan die kunstenaar) sodat hy of sy vir jou terugvoer kan gee en voorstelle kan maak oor wat goed sal lyk.

Probeer ’n kunstenaar kry wat spesialiseer in iets wat jou regtig trek. Dis baie belangrik – geen kunstenaar kan alles doen nie.

Sodra julle jou idee bespreek en ’n plan uitgewerk het, moet jy bereid wees om ’n nie-terugbetaalbare deposito te betaal. Dit verseker jou afspraak en dek die koste van korrespondensie, ’n kansellasie op die nippertjie, en die tyd wat dit verg om jou ontwerp voor te berei.

Maak dubbeld seker dat jy 100% tevrede is met die ontwerp. Sodra dit op jou liggaam geposisioneer is, moet jy jou tyd neem en kyk of jy gelukkig is daarmee. Onthou, dit gaan vir altyd daar wees!

Probeer om nie te veel oor die pyn te tob nie. Moenie uit vrees ’n kompromis aangaan wat die grootte of plasing van jou tatoe betref nie. Alle tatoes behels pyn, en die kunstenaar sal jou nie druk om enigiets te voltooi nie. Moenie bang wees om nog ’n sessie aan te vra nie.

Meestal sal bewuste asemhaling en ’n pynstiller jou deur ’n hele klompie ure se tatoeëring sien.

As dit klaar is en jy gelukkig is daarmee, maak seker jy kry gedetailleerde instruksies oor die genesingsproses.

As jy kan, gee vir jou kunstenaar ’n fooitjie.  Dit word nie verwag nie, maar omdat die meeste kunstenaar tussen 50-30% kommissie betaal aan die winkel waar hulle werk, is dit ’n mooi manier om dankie te sê.

Tatoeëerkuns is nie ’n maklike werk nie en om dit goed te doen, verg regtig baie fisieke en geestesenergie.

Good Things Tattoo Company: 021 447 4904, www.goodthingstattoo.com of @goodthingstattoo op Facebook sowel as Instagram.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.