kategorieë: Ons menseBekendes

Teatersterre skitter by toekennings

Deur: Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Covid het die teaterbedryf baie hard getref en met teaters wat vir bykans 18 maande gesluit was, het 2022 nuwe geleenthede gebring, maar onder baie moeilike omstandighede. Om dus 71 kwalifiserende produksies te kon beoordeel – ’n goeie opstaan na pre-pandemiese vlakke – was vir die beoordelaarspaneel ’n ware voorreg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Fleur du Cap Teater-toekennings is Sondagaand vir die 58ste jaar gehou. Dit was dié glansgeleentheid wat almal betrokke by teaterproduksies eer vir hul werk.
David en Renaye Kramer voor die toekennings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die beoordelingspaneel vir die 2022 teaterjaar wat die genomineerdes en wenner gekies het, is Africa Melane (voorsitter), Dr. Beverley Brommert, Hadley Tituss, Dr. Lwando Scott, Mariana Malan, Marina Griebenow, Tracey Saunders en Dr. Wayne Muller.

Voor die toekennings begin het, is daar eers hulde gebring aan al die kunstenaars wat in 2022 en tot op datum oorlede is.

Carlo Daniels het twee toekennings gewen en staan hier by komediant Marc Lottering, wie se musiekblyspel, Aunty Merle: Things Get Real, vier nominasies gekry het en Marc self ook genomineer is vir sy rol as Aunty Mearle en Anwar McKay, Marc se eggenoot en bestuurder. more
Shaakira Adams saam met Alistair Izobell en Loukmaan Adams. Loukmaan is genomineer vir sy rol as Benny in Aunty Merle: Things Get Real vir beste vertoning deur ’n akteur in ’n musiekblyspel of musiek teatervertoning. Alistair speel nou die rol van Desmond Galant in Arendsvlei. more

Contested Bodies, was die mees bekroonde produksie vir 2022 en het 16 benoemings ontvang. Dis vervaardig deur Abrahamse en Meyer Productions en het toekennings ingepalm vir beste regisseur – Fred Abrahamse, beste kostuumontwerp – Marcel Meyer en die rolverdeling van Matthew Baldwin, Lungile Lallie en Marcel Meyer het erkenning gekry vir die beste optrede deur ’n ensemble.

JM Coetzee se boek, Life & Times of Michael K is deur Lara Foot vir die verhoog verwerk en het die gesogte Beste Produksie-toekenning ingepalm. Dis ’n gesamentlike produksie tussen die Baxterteater, Theatre der Welt in Düsseldorf en Les Théâtres de la Ville de Luxembourg.

Die toekenning vir die beste vertolking deur ’n akteur is deur oorlede Mncedisi Shabangu ingepalm, vir sy vertolking van Zacharia in Athol Fugard se toneelstuk Blood Knot.

Margit Meyer-Rödenbeck het saam met Marinda Engelbrecht die trofee gewen vir Beste teaterproduksie vir kinders en jongmense vir Vlooi en die geheim. By Margit staan die aktrise, skrywer en regisseur, Lee-Ann van Rooi.more
Brendan van Rhyn (foto bo), Christopher Dudgeon en Rudi Jansen is genomineer vir beste vertoning deur ’n ensemble vir The Triplets of Bellville as Cathy Specific, Holly en Molly.

Mwenya Kabwe het die toekenning gewen vir die beste vertolking deur ’n aktrise in ’n toneelstuk vir haar rol as Rosa Feigel in Hold Still, wat ook bekroon is as die beste nuwe Suid-Afrikaanse teks vir die skrywer, Nadia Davids.

Die Mozart-opera, Le Nozze di Figaro, het skoonskip gemaak met Conroy Scott en Brittany Smith wat die toekennings vir die beste optredes in onderskeidelik die kategorieë vir mans en vroue in ’n opera gewen het.

Mikayla Joy Brown van die Universiteit Stellenbosch het die mees belowende studente-toekenning gewen.

Vanjaar se 58ste Fleur du Cap Teatertoekennings is die laaste wat onder die Distell-banier geborg is, omdat die maatskappy oorgekoop is deur Heineken. Van links is Distell-personeellede betrokke by die glansryke geleentheid: Eric Leong Son (waarnemende direkteur: Korporatiewe Aangeleenthede – CARA), Phumza Lungiswa Rengqe (Distell se korporatiewe bemarkingsbestuurder) en Simone Benjamin-Carolissen (projekbestuurder van onder meer die Fleur du Cap Teater-toekennings), tydens die geleentheid.

David Kramer en Peter Cazalet het vanjaar se Lewenslange Bydrae-toekennings ontvang vir hul groot bydrae tot die nasionale en internasionale kuns- en vermaaklikheidsbedryf.

David Kramer en Peter Cazalet het vanjaar se Lewenslange Bydrae-toekennings vir hul bydrae tot die teater ontvang.
David Kramer lewer ’n roerende bedankingstoespraak waarin hy onder meer sy pa, vrou, wyle Taliep Petersen en sy vyf “teaterseuns” van District Six the Musical, bedank vir sy vol loopbaan.

Empatheatre, ’n navorsingsgebaseerde, teatermaak-metodologie het die Innovasie in Teater-toekenning ontvang. Die beoordelaarspaneel het gesê hul vermoë om verbindings tussen mense en plekke te bou en deur hul praktyk van openbare storievertelling en luister is onoortreflik.

Berenice Barbier wen die Beste optrede deur ’n ondersteunende aktrise in ’n toneelstuk vir Who’s Afraid of Virginia Woolf as Honey.

Die kunstenaars wat die aand se vermaak tussen die oorhandigings verskaf het, het onder meer die Imbewu Marimba Band; Hassan Addas Band; Kayline Lavendal Ndhlovu en Zinzi Nogagu; die Mzansi Tenors; Janel Speelman; Zimbini Makwetu en DJ Shelly ingesluit.

Zinzi Nogagu en Kayline Lavendal Ndhlovu maak musiek tussen die oorhandigings deur.
Al die wenners van die 58ste Fleur du Cap Teatertoekennings wat Sondagaand vereer is.

Lees ook: Blitsidees met vanielje

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

3 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

22 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.