kategorieë: KalenderOntspanning

Tekkie Tax Dag

Die veldtog gee jou die keuse om met jou voete te wys watter verdienstelike saak jou na aan die hart lê. Kies jou plakker, tooi jou tekkies met ’n paar prettige Tekkie Tax-veters, dra jou tekkies en siedaar! Jy is reg vir Nasionale Tekkie Tax Dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy nie heeltemal seker is hoe die projek werk nie, luister na Die Flooze en Lloyd Cele en jy sal binne 30 sekondes die hele prentjie hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die projek is in 2013 begin toe van ons land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur. Die veldtog word hierdie jaar onderskryf deur 12 nasionale welsynsorganisasies wat altesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Epilepsie SA
  • Kindersorg SA
  • SOS Children’s Villages
  • CHOC (Childhood Cancer Foundation)
  • Special Olympics SA
  • CANSA
  • Imisebeyelanga Services
  • Meals on Wheels
  • VVA
  • NG Welsyn
  • SAVF
  • Endurocad

Quinne Brown en Tokkels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Annelise de Jager, stigter en beskermvrou van die projek sê: “Tekkie Tax het reeds R22.1 miljoen ingesamel sedert die ontstaan daarvan en die verskil wat dit op grondvlak in ons land gemaak het is ’n riem onder die hart. Onder al die lawwighede en verspotte skoenverters is dit ’n baie ernstige saak

  • Princess Alice Adoption Home

“Tekkie Tax se geld gaan gebruik word om melk en kos vir 30 babas te koop.”

  • Kwathando Care Centre

“Ons het ’n tafeltennisstel gekoop vir ons kinders met autisme.”

  • Merewent Cheshire Home

“Tekkie Tax se bydrae het gehelp dat ons toiletware vir ons gestremde inwoners kon koop.”

  • Vrystaat Versorging in Aksie

“Tekkie Tax se geld het gehelp om ons voedingskema by die skool aan die gang te hou.”

Daar is geen verskoning om nie vanjaar deel te neem nie. Die plakkers (R10 elk) en veters (R35 elk) is beskikbaar by alle ToysRUs/BabiesRUs en Clicks-winkels. Daar is meer as 270 plaaslike welsynsorganisasies wat dit verkoop en saam is hulle van plan om die hele Suid-Afrika deel van die projek te maak. Bestellings kan ook gemaak word op die Tekkie Tax-webblad.

Sit ’n hop in jou skop en dra jou Tekkies op Nasionale Tekkie Tax Dag – Vrydag, 26 Mei 2017! Alles ten bate van weerlose mense en diere.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson
Tags: dagboek

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.