kategorieë: Bekendes

“Tess” dalk benoem vir ’n Oscar

Die bekende Afrikaanse aktrise en rooi rose-voorbladvrou vir September 2016, Christia Visser, was vanjaar by die Silwerskermfees te sien in “Tess”, ’n dramatiese fliek wat handel oor ’n jong vrou, “twintig en astrant”, wat haar lyf op Kaapstad se strate verkoop. Dosyne pynpille en haar sin vir humor help haar om te oorleef. Maar wanneer sy swanger word, is haar lewe skielik onderstebo. Tess probeer weghardloop, maar haar verlede agtervolg haar. Sy begin twyfel aan haar eie gesonde verstand en baklei terug teen haar spoke op soek na die waarheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Tess” sal vir een week (vanaf Vrydag, 16 September), vir ’n beperkte vrystelling by Cinema Nouveau, Waterfront in Kaapstad gewys word om in aanmerking te kom vir Oscar-oorweging. Dit sal vir die kategorie Beste Buitelandse Rolprent oorweeg word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ons gesels met Christia Visser oor haar uitdagende rol in Tess.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk hier na die lokprent:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.