kategorieë: WenkeVelsorgSkoonheid

Velsorg tydens kankerbehandeling

Chemoterapie

Chemoterapie se newe-effekte sluit in ’n baie droë en gedehidreerde vel. Spesifieke chemoterapie of medikasie kan verskillende newe-effekte hê soos antrasikliene, wat verdonkering, foto-sensitiwteit en droë, bros naels kan veroorsaak. Zelada-tablette kan weer ’n vel-uitslag veroorsaak wat selfs aanleiding kan gee tot blase op jou hande en voete.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestraling

Tydens bestraling kan oorliggende vel brandwonde opdoen. Soos met die meeste brandwonde word jou vel sensitief en seer en kan dit aanleiding gee tot hiperpigmentasie en die vorming van littekens. Met bestraling word slegs ’n spesifieke area beïnvloed, maar met chemoterapie word jou hele lyf se vel beïnvloed, verduidelik dr. Liana Roodt, wat in borskanker-chirurgie spesialiseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Sommige pasiënte ontwikkel selfs aknee.”

Dit is baie belangrik dat pasiënte tydens die proses hul vel goed bevogtig. Charmaine van Look Good Feel Better sê dat jou vel selfs ’n jaar ná bestraling nog ekstra sonbeskerming benodig. Vermy ook produkte met enige metaal-bestanddele tydens bestraling aangesien dit behandeling nadelig kan beïnvloed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Velwenke

  • Los die seep en kies eerder ’n romerige/olierige was met ’n sagte formule
  • Jy moet formules en produkte kies wat sagkens met jou vel werk, en daarop fokus om jou vel te voed
  • Dit is belangrik dat jy jou vel goed bevogtig om jou vel se sperfunksie te versterk. Jou sperfunksie keer nie net dat vog nie ontsnap nie, maar keer ook dat irritante jou vel binnedring
  • Jou vel sal meer sensitief wees vir irritante; vermy algemene irritante soos alkohol, parfuum en SLS
  • Kies produkte met minder bestanddele, die kanse vir sensitiwiteit is dan minder
  • Maak seker jy draai enige potjies se deksels styf toe (veral as jy ’n pot lyfwas gebruik). Die warm, klam atmosfeer van die badkamer is die ideale broeiplek vir bakterieë in jou produkte
  • Vermy aktiewe bestanddele soos Retinol en Vitamien C, want dit kan jou vel meer sensitief maak
  • Sonskerm is nou kardinaal aangesien jou vel meer sonsensitief is
  • Charmaine van LGFB sê jou sonskerm moet vars wees, gooi dus verlede jaar s’n weg
  • Sy beveel ook aan dat jy eerder ’n fisiese sonskerm met sink-oksied gebruik
  • Heelwat mense raai die gebruik van parabene af, maar die chemiese wetenskaplikes Perry Romanoski (en skeppers van thebeautybrains.com), meen weer die slegte mirkrobiome wat in ou velprodukte kan groei, sonder parabene, is meer skadelik vir jou as parabene. As jy kies om paraben-vry te leef, maak seker die produk bevat ’n goeie alternatief om dit kiemvry te hou. Tydens jou behandeling is jy ekstra vatbaar vir kieme en infeksies.

Praat met jou dokter oor watter produkte jy behoort te gebruik. Die meeste groot skoonheidshuise is skrikkerig om spesifieke aanbevelings te maak.

Bionike is een van die min skoonheidshuise wat wel vir ons aanbevelings gemaak het, hul personeel by Dischem werk dikwels saam met onkoloë en kon hulle produkte aanbeveel.

Probeer hierdie

BioNike Defence Essential Cleansing Water – Soothing Facial Cleanser
BioNike Defence Tolerance 200 Ultra Protective Base Cream (wat jou sperfunksie versterk en irritante uithou)
BioNike Defence Hydra5 Opthydra Hydrating Facial Moisturiser
BioNike Proxera Lip-Repairing Balm
BioNike Triderm Lenil+ – Non-steroidal anti- inflammatory treatment cream (vir dele waar jy bestraling kry en rooi is)
BioNike Triderm Len’oil – Itch Reliever (vir jukkerige dele)

Littekens

Bestraling-onkoloog Dr. Jill Harris sê ná ’n operasie is dit baie belangrik om die vorming van ’n ongesonde litteken te voorkom. Sy gee die volgende raad:

  • ’n Litteken kan tussen ses weke en drie maande neem om te herstel; daarom is dit gedurende hierdie tyd baie belangrik om protokol te volg sodat die litteken later net ’n dun, reguit lyn word.
  • Eerstens moet ’n Micropore-kleefband langwerpig (longitudinally) langs die litteken geplak word.
  • Tweedens moet jy seker maak die litteken word bevogtig, want littekens verloor vinniger water as normale vel, en deur die litteken te bevogtig kan dit help om komplikasies van die litteken te voorkom. ’n Goeie olie, soos Bio-Oil, kan hiervoor gebruik word.
  • Derdens, pigmentasie kan jou litteken nog erger laat lyk so hou die area toe en wend sonskerm aan.
Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.