kategorieë: KalenderOntspanning

Tierlantynkies Kuier-en Koopfees 2018

Tierlantynkies Kuier-en Koopfees 2018. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Drie vriende, met ’n gedeelde passie vir kreatiwiteit en ’n begeerte om mense te bemagtig het kragte saamgesnoer om ’n platform te skep waar kunstenaars en ontluikende entrepreneurs hul talente en passies in ’n rustige omgewing kan aanbied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie viering van kreatiwiteit is vir jonk en oud, ma’s, pa’s en kinders; dis vir die versamelaars, die mode-bewustes en die fynproewers …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Afgesien van die meer as 68 uitstallers wat ’n verskeidenheid goedere, juweliersware, klere, geskenke, speelgoed en dekorstukke verkoop, is daar ook baie kos- en deli-stalletjies wat allerhande lekkernye bied. Kopers kan ’n ete en ’n glas wyn geniet terwyl hulle deur plaaslike musikante vermaak word. Daar is ook volop  vermaak vir kinders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak tussen 27 September en 2 Oktober 2018 ’n draai by Tierlantynkies in Pretoria-Oos vir kreatiewe koopgenot.

Tierlantyntjies word aangebied by 3Ci, 56 Saalstraat, Zwavelpoort, Pretoria-Oos en is oop op die volgende tye:

Donderdag – Saterdag & Maandag  9:00 – 18:00

Sondag  10:00 – 16:00

Dinsdag  9:00 – 16:00

Vir meer inligting besoek www.tierlantynkies.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.