kategorieë: ReisOntspanning

Tintswalo at Waterfall, Midrand: landelikheid in die stad

Voor my op die konferensietafel staan glashouers met mini-pretzels en sagte wit pepermente, en ’n beker yswater gegeur met appel- en lemoenskywe. G’n mens kan mos konferensie hou sonder ’n innerlike versterkinkie nie. Daarby word die gasheerhotel altyd fyn dopgehou om te sien of hulle die glashouers en bekers tydens teepouses volmaak. Tintswalo at Waterfall het die toets uitmuntend geslaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié luukse vyfsterboetiekhotel in die Waterfall Equestrian Estate, in die hartjie van Johannesburg se noordelike voorstede, streef daarna om die perfekte balans tussen stad en platteland te skep. Die hotel is net ’n vyf minute-rit vanaf die Mall of Africa – die grootste winkelsentrum wat plaaslik in ’n enkele fase gebou is. Terselfdertyd voel jy egter ver van die stad. Jy kyk uit oor ’n groen polobaan en ’n blou dam waar ’n verskeidenheid voëls kom en gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die rustigheid van die landskap wat buite lê word ge-eggo in die uitleg van die hotel. Die dubbelvolume-ruimte van rooi bakstene verwelkom jou met ’n kombinasie van leer, hout en tapyte wat jou onmiddellik tuis laat voel. Die kunswerke en snuisterye, almal met ’n perdetema, wissel van elegant tot speels; iets vir elke smaak.

Omdat die hotel sentraal geleë is, was die Johannesburgse kollegas dagbesoekers. Die “rosies” uit die Kaap het oorgeslaap en die volle Tintswalo-ervaring beleef. Daar is 16 suites, elk invidiueel versier om die kleure en eienskappe van spesifieke perderasse uit te beeld.

Die pad na ons harte

Wie ookal vir die gebak by Tintswalo verantwoordelik is, is my nuwe held. Dis ’n kuns om croissants, muffins, Deense gebak, vlatertjies en alles wat voortkom uit botter, eiers en meel só te bak dat die geur eerder as die soetheid jou tref. Moet nooit, ooit by Tintswalo se kaaskoek verbyloop nie. Dit was van die lekkerste wat ek nog ooit geproe het.

Jy hoef darem nie te vrees dat jy jou gebak gaan vergryp nie. Daar is elke dag ’n groot verskeidenheid vars en gesonde kos aangebied. Selfs “banters” sal by hul eetstyl kan hou, mits hulle genoeg selfbeheersing aan die dag lê!

Pluspunte van Tintswalo at Waterfall

Lees wat sê die rooi rose-redaksielede (in alfabetiese volgorde!)

Anelle Tewson, produksiehoof:

Wat ek die meeste van Tintswalo geniet het, is die argitektuur – die gebou was regtig mooi. Die groot vensters het pragtige lig ingelaat. Ek is mal oor die rooi bakstene en staalstukke. Dit lyk nie soos jou tipiese hotel nie, dit is ’n baie mooi gebou.

Cornel Dunn, leefstylredakteur:

Die luuksheid van die slaapkamers en die rustige atmosfeer het my opgeval. Die feit dat die hotel so klein is, maak dit meer intiem en stil.

Elmarie Otto, teksredakteur

Myne was die visvanger – vir seker! Asook die groot groen tuin, die water en die rustigheid binne en buite.

Die gesonde, vars kos was elke keer ʼn groot bonus – ek onthou veral die lekker steak en die groente en slaaie en een koffietyd se donkerkleurige koekblokkies met die interessantste rooi versiersel en ’n smaak wat tegelykertyd sjokolade- en vrugtekoek is. Die ontspanne atmosfeer en die besonder vriendelike en behulpsame personeel en diens kry jy beslis nie oral nie – al hoort dit oral so.

Die hotel was nogal nie vir my so afskrikwekkend erg formeel en statig en deftig soos ander vyfsterplekke kan wees nie.

Hannelie Diedericks, adjunk-redakteur:

Die lekker koue vrugtewater op die tafels.

Die mooi uitsig vanuit die konferensielokaal.

Karyn Harrison, ontwerp & uitleg:

Die personeel was ongelooflik vriendelik en hulpvaardig.

Ek was gek na die elegante en tog rustieke dekor met die perdetema.

Die vars gebak en versnaperinge elke dag.

Martie Pansegrouw, redakteur:

Die rustigheid saans, ver van die stadslawaai.

’n Lieflike landelike atmosfeer en mooi tuine wat rustigheid skep.

Voor slaaptyd kan jy op jou kamer se stoepie sit met die skuifdeure oop om die aandlug te geniet.

Heerlike badkamers met yslike bad- en luukse stortgeriewe.

Baie voëls, veral ook visvangers, wat ons op suksesvolle lugaanvalle in die watervore trakteer het.

Aandete was baie lekker voorberei en gaan met vriendelike en persoonlike diens gepaard.

Daar was ’n groot genoeg verskeidenheid op die spyskaart om die meeste mense gelukkig te hou.

Michelle Nortjé, webredakteur:

Vir my was die perde vroegoggend pragtig – die perdryers wat geoefen het. Dit het my kalmeer.

Ek het ook gehou van die hotel se atmosfeer. Dit het nie gevoel asof ons in Midrand is nie.

Salomé Delport, gesondheidsredakteur:

Die perde/polotema is interessant deurgetrek, sonder om kitsch en oorweldigend te raak. ’n Paar perdekunswerke en saals is hier en daar geplaas.

’n Heerlike paadjie om die kompleks waar jy ’n hele paar kilometers kan stap of draf, in die veiligheid van die kompleks.

Brulpaddas wat jou vermaak as ’n ligte hoëveldse storm uitbreek – dit het gevoel asof Paul McCartney se paddaliedjie iewers uitspeel.

Elke aand ’n nougat, eerder as ’n valerige sjokolade – en selfs ’n kraffie met sjerrie vir twee pasella.

Kamergeriewe is puik – ekstra plush japonne, genoeg hangers, genoeg kragproppe met adaptors.

Vriendelike, hulpvaardige personeel – geen hysbak nie, maar die personeel bied dadelik aan om jou sware tasse na jou kamer te neem.

Susra Matthee, moderedakteur:

Vir my was die groot, luukse kamers met die sagste leerbanke wat uitkyk op die dam ’n hoogtepunt aan die einde van die dag. Jy kan op die bank gaan sit met ’n glas wyn of ’n koppie tee en net ontspan.

Suzanne Kotzé, skoonheidsredakteur:

Die heerlike groot gemakstoele in ons kamers wat uitgekyk het op die water. Dit het so lekker gesit dat dit baie moeilik was om daaruit op te staan.

Vickie de Beer, kosredakteur:

Die koffie-en teegeriewe in die kamers was baie oulik gedoen en baie mooi aangebeid. Hulle het selfs vars gesnyde suurlemoene en vars melk in die yskas gehad.

Die kospakkies na die lughawe toe ons moes terugvlieg Kaap toe, was baie mooi verpak en goed deurdag. Daar was ’n biltong snoephappie-pakkie en vars vrugte, ’n broodjie en ’n nougat – regtig oulik verpak.

Kontakdetail

Meer inligting en besprekings by 011 300 8700, res@waterfall.tintswalo.com of www.tintswalo.com/waterfall/#

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.