kategorieë: Ons menseBekendes

Tracey Lange en Chris Jaftha trek hul dansskoene aan

Vroeg in 2018 sal M-Net 101 nog ’n indrukwekkende reeks by hul Sondagaand-skedule voeg. Hierdie kanaal het bevestig dat, met behulp van vaardige professionele Latynse en ballroom-dansers, twaalf onopgeleide plaaslike bekendes hul beste voetjies voor gaan sit om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse weergawe van die BBC-wêreldwye formaatprogram, Dancing with the Stars.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie glansryke skouspel sal regstreeks uitgesaai word van die heel eerste episode af op Sondag, 4 Februarie 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: M-Net

Alhoewel M-Net nog die identiteit van hul ses manlike en ses vroulike bekende deelnemers, professionele dansers en beoordeelaars geheim hou, is die name van die aanbieders bekend gemaak. Wat M-Net wel sal sê oor die bekende deelnemers is dat dit plaaslike gunstelinge is wat hul merke in sport, drama, televisie en komedie gemaak het. Die Suid-Afrikaanse weergawe van hierdie trefferreeks, wat alreeds in 50 lande uitgesaai is, sal deur die sprankelende radio- en TV-aanbieder Tracey Lange en die aantreklike musiekteaterakteur en model, Chris Jaftha aangebied word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tracey Lange het ’n dekade se ervaring agter die mikrofoon as radio-aanbieder. Sy is tans die aanbieder van haar eie gewilde radio-program op Heart FM en sy is ook vir die afgelope drie jaar aanbieder van kykNET se joernaalprogram Bravo! Chris Jaftha is ook nie onbekend aan die kalklig nie. Chris is onder andere al gekies as Mzansi se Sexyste man en hy is ’n gesoute model, danser, musiekteaterkunstenaar en akteur wat al vir meer as 10 jaar in dié besigheid is.

Skop uit jou skoene en kyk hoe Tracey, Chris en ander bekendes hul dansskoene aantrek met M-Net se Dancing with the Stars wat op 4 Februarie 2018 begin wys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die stylvolle, pragtige Tracey Lange was ons voorbladgesig vir Julie 2017. Loer hier om haar agter die skerms te sien.

Kry ook Tracey se stylgeheime hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.