kategorieë: Sukses en geld

Tree op voor jy aftree

“’n Wrede werklikheid wat so baie ouers wat oor vyf tot sewe jaar kan aftree nou tref, is dat hulle steeds hul kinders moet onderhou, want dié kry nie werk nie. Boonop is daar ook nie genoeg werksgeleenthede vir ouer mense nie.” Maar alles hoef nie smart en ellende te wees nie. “Verander jou ingesteldheid. Aftrede is nie ’n eindpunt nie, eerder ’n nuwe hoofstuk waar jy tyd en geleentheid het om nuwe dinge te probeer. Belê betyds in ’n nuwe beroep wat kan tred hou met jou veranderende lewenstyl en kragte. Doen iets waarvan jy hou, dan is jy gelukkig,” is Michelle se aanbeveling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om alles te kroon, leef mense langer en is dit glad nie vergesog dat meer en meer mense die honderdjaarkerf kan oorsteek nie. As jy op 24 begin werk, op sestig aftree en tot honderd leef, is jy voorsien. Is jy geseënd om tot negentig te leef moes jy vir 420 salarisse voorsiening gemaak het. En dit alles uit jou pensioengeld! “Hoewel jou behoeftes dalk kleiner word, word jou mediese uitgawes groter namate jy ouer word en as jy gehoop het om in jou goue jare dinge te doen waarvoor jy voorheen nie tyd of geld gehad het nie, lyk die prentjie maar droewig.” Jo-Anne se raad vir jongmense is om so gou moontlik te begin spaar om die effek van saamgestelde rente tot jou voordeel te laat werk sodat jy nie later groot opofferings moet maak om vir jou oudag te voorsien nie. Goeie nuus is dat die wet vanaf 1 Maart 2015 voorsiening maak vir belastingvrye spaarrekeninge om spaar aan te moedig. Individue kan ’n maksimum van R30 000 belastingvry per jaar spaar met ’n maksimum van R500 000 oor ’n leeftyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Belastingvoordele

Baie mense stel uit om vir hul aftrede te begin spaar omdat hulle voel hulle kan nie geld afknyp om te spaar nie. Maar die staat wil mense aanmoedig om vir hul oudag te spaar en daar is goeie belastingvoordele as jy vir jou aftrede spaar. Michelle sê jy kry tans tot 15% belastingvry op rente uit alle nie-aftree-befondsingsinkomste. Dit is inkomste wat nie in berekening geneem word om jou bydrae vir ’n pensioen- of voorsorgfonds vas te stel nie.

Jy kan ook met aftrede R500 000 belastingvry onttrek. Maar jy moet onthou dat as jy voor aftrede van die geld wil gebruik, dit eerstens nie belastingvry is nie en later afgetrek word van die R500 000 waarop jy met aftrede geregtig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Belê jou geld op verskillende maniere

Moenie al jou eiers in een mandjie sit nie. “Hoewel vaste inkomste sekuriteite jou ’n gereelde inkomste teen lae risiko gee, is aandele en aandelefondse gewoonlik meer bestand teen inflasie, maar ook meer wisselvallig,” sê Jo-Anne. “As jy jonk is, moet jy fokus op beleggings wat die sterkste groei, maar wanneer jou aftrede nader kom, moet jy jou beleggings aanpas sodat die wisselvalligheid en gepaardgaande risiko kleiner is.”

Ek het nie voorsien nie, wat nou?

Jo-Anne se raad is om so gou moontlik met ’n finansiële adviseur te praat om uit te werk wat die gaping tussen jou huidige pensioen en jou werklike uitgawes gaan wees. Sy sê dit is ’n goeie maatstaf dat mense ’n bedrag gelykstaande aan 70% – 80% van hul laaste salaristjek uit beleggings en pensioenfondse moet kan vervang.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.