kategorieë: Skoonheid

Tuisbederf

Suzanne se pamperlangprodukte:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bad
Niks verdryf die koue so goed soos ’n lekker bad nie. Die geur van Ren Moroccan Rose Otto Bath Oil is ongelooflik. Die olie word gedistilleer van roosblare wat tydens sonsopkoms gepluk word en is goed as jy soos ek ’n droë of sensitiewe vel het. Ek gooi so twee doppies daarvan in my badwater, die olie los in die warm water op en laat nie ’n olierige lagie agter nie. Onthou die ideale badtemperatuur moet nie jou vel rooi laat nie; anders droog jou vel uit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak jou eie lyfskropmiddel
Ek het onlangs ’n klomp granate geskenk gekry en besef dis te veel om te eet! Ek het toe vir my ’n skropmiddel gemaak. Meng ½ koppie granaatpitte met ½ koppie witsuiker en twee eetlepels olyfolie. Wend dit met sirkelbewegings aan jou lyf. Ek het die origes sommer by my kombuis se wasbak gehou en my hele gesin het voor ete hul hande daarmee geskrop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Heel lekkerste lyfolie
Die geur van frangipani is een van my gunstelinge, daarom is ek so lief vir Elemis se Spa@Home Frangipani Monoi Oil. Die olie is gestol, so ek tap my wasbak so ¼ vol met warm water en laat dit smelt terwyl ek in die bad lê. Sodra ek uitgeklim en my vel effens met ’n handdoek droog gedruk het, smeer ek die olie aan. Dit laat my lyf wonderlik voel, ek lê veral klem op ekstra droë dele soos my hakke, elmboë en enkels.

Sagte hande
Ek het jare gelede Crabtree &Evelyn se La Source Hand Recovery Scrub geskenk gekry, en eendag grappenderwys vir hul bemarkingsbestuurder vertel dat ek dit gebruik as ek die dag af voel, juis omdat dit so lekker is om hierdie bevogtigende skropmiddel tussen my hande te vryf. Dit is steeds een van my gunstelinge en laat my steeds dadelik beter voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sagte voete
Ek hoor al ’n rukkie lank van voetafskilfering en ek was nuuskierig om Skin Logic se Foot Peel uit te toets. Dit bevat alfa-hidroksiedsure, wat die dooie vel van jou voete afskilfer, amper soos Pacman. Ek het vir my ’n “chick fliek” uitgeneem, sjokolade en rooiwyn byderhand gehou, die kousies aangetrek, en toe sommer my pantoffels bo-oor aangetrek. Dit is nogal ongemaklik om te loop (jy gly bietjie rond), so ek sou aanbeveel dat jy jou voete in die lug hou. Na twee ure het ek my voete afgespoel. My voete het aanvanklik nie veel anders gevoel nie, maar na so ses dae het my vel begin afskilfer. Dit was nogal grillerig en het vir ten minste vyf dae geduur. Dit is beslis beter om dit eerder in die winter te doen as jy nie oop skoene hoef te dra nie! Ek het sommer ’n voetskropmiddel gebruik om dit aan te help. Toe dit egter eers ophou afskilfer, was my voete heerlik sag en sonder enige barsies.

Justine se pamperlangprodukte:

Vrolike wintervoete
Avon se Footworks Rough Skin Remover is perfek vir meisies soos ek wat nie ure se tyd het om hul voete te pamperlang nie. Dit pas maklik in my bad-roetine in. Ek skrop elke voet vir ’n minuut lank en omdat die pepermentgeur so heerlik is, laat dit my voete vars voel. My voete voel sag, ideaal vir wintermaande wanneer my voete nie gewoonlik baie aandag kry nie!

Sysagte vel
Ek gebruik graag The Beauty Factory se Tissue Oil body Soufflé. Ek smeer dit aan my lyf na ’n lekker lang, warm bad, veral na ’n lang dag op kantoor wanneer ek kans kry om te ontspan. Dit doen wondere vir my vel en my vel voel beslis sagter en meer soepel. Hierdie is verseker my antwoord teen ’n droë wintervel.

Stralende gelaat
Ek sukkel vreeslik met droë vel in my gesig, veral gedurende seisoenveranderinge. Uriage se Aqua Precis Moisture Hydration Mask wend ek sagkens aan. Die produk is ’n dik jel wat jy oral op jou gesig aanwend. Dit ruik baie vars en wend ook maklik aan, ek hou veral daarvan omdat dit nie my vel geïrriteerd laat voel soos wat dit droog word nie. Na tien minute was ek die masker af, en my vel voel beslis gehidreer en nie meer droog soos tevore nie. Dit lyk gesonder en ek het selfs heelwat later eers my gesigroom aangesmeer omdat dit nie gevoel het asof ek dadelik my gesig moet bevogtig nie.

Bad Hemel
Ek verkies badsout teenoor badolie en is gaande oor Kalahari Desert Mineral Bath Crystals. Een lepel vol in my bad is meer as genoeg, die geur is beslis ’n gunsteling en nadat ek dit in die bad gegooi het, ruik my hele woonstel sommer lekker! Ek vind dat hierdie badsout my vel net so sag soos ’n badolie laat voel sonder dat dit olierig is.

Dekadente Lyfskrop
In die winter is daar min dinge so lekker soos ’n goeie blokkie sjokolade, daarom was ek so bly om te hoor The Body Shop het nou ’n Chocomania Body Scrub. Dit ruik en lyk net soos sjokolade, ek wou amper ’n happie daarvan vat! Die skropmiddel laat my vel baie sagter voel maar ek hou veral daarvan omdat ek soos sjokolade ruik.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.